DIE ONVERGELYKBARE PêREL.

Dit is baie water wat spat en talle rimpels wat op die water vorm en dan is die water stil. Morris staan en kyk na die water opsoek na sy Indier vriend wat so pas in die dieptes van die see geduik het.

Die volgende oomblik kom Rambhau uit die water en klouter teen die rots uit.       “ Hierdie behoort ’n goeie een te wees!” sê Rambhau terwyl hy die groot oester aan Morris gee.

“Dit is perfek!” roep Morris uit. “Daar is beter pêrels. Ek het een wat……sien jy die swart spikkel en die duik in die pêrel? Dit is net soos jou God. Mense in hul eie oë kom so mooi voor maar God sien hulle foute.” sê Rambhau. “ “Ek sal nog eendag kaalvoet na Delhi stap en ek weet dit sal moeilik gaan en dat dit baie sweet en pyn sal wees maar ek weet dan het ek die hemel gekoop vir myself.” “ Jy kan nie die hemel koop nie!” Roep Morris uit. “ Jesus Christus het gesterf sodat jy die hemel kan bekom.”

Dit is ’n paar dae later dat daar ’n klop aan die deur van Morris is. Hier staan Rambhau en vra of hy nie na sy huis sal kom nie want hy het iets om hom te wys. Morris het hom gevolg en toe hulle by Rambhau se huis kom het hy ’n boksie uitgehaal. “Ek bewaar hierdie al jare lank.” Sê Rambhau.

Hy maak die boksie oop en daar binne tussen baie watte is die mooiste en volmaakste pêrel wat jy kan kry. Die pêrel het geglinster en Morris het geweet dat hierdie pêrel duisende rande werd is.

Rambhau verbreek die stilte toe hy sê:- “Nou sal ek jou die verhaal van die pêrel vertel. Ek het ’n seun gehad , ja , en ek weet ek het jou nooit daarvan vertel nie. My seun was die beste pêrelduiker wat daar in die hele wêreld was.  Hy het altyd gedroom om die perfekte pêrel te vind van alle tye maar toe hy dit vind, het dit sy dood beteken. Ja, al die jare bewaar ek die pêrel en nou wil ek dit vir jou gee want jy is my beste vriend.”

Morris was verbaas en het aangebied om die pêrel by hom te koop maar hy wou nie want hy het aanhou sê dat sy seun het gesterf om die pêrel te bekom en dat hy dit vir Morris wil gee omdat hy hom so lief het.

Morris was verbaas en dan gryp hy die man se hand en roep uit:- “Rambhau

Sien jy nie? Sien jy nie? Dit is presies wat jy vir God gesê het al die jare. Jy het probeer om saligheid te koop by God maar God gee dit as ’n geskenk! Dit is so waardevol dat niemand dit kan koop nie! Dit het God Sy Seun gekos sodat jy in die hemel kan kom.”

Trane het teen Rambhau se gesig gerol en hy het te kenne gegee dat hy verstaan. Dadelik het hy gekniel en Christus as sy Verlosser aangeneem.

Morris het vir hom ’n Bybel gegee en vir hom gelees:-

EFES. 2:8  Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God;

EFES. 2:9  nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.

1 JOH. 5:11  En dit is die getuienis: dat God ons die ewige lewe gegee het, en dié lewe is in sy Seun.

1 JOH. 5:12  Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie.

Al wat ek jou nou wil vra is: – Het jy al die Seun aanvaar as jou Verlosser?

Sal jy nie nou kom en dit doen nie? Hy het alles vir jou bewerk aan die kruis.

GEBED

Here, ek aanvaar U as my Verlosser! Neem my sonde weg en was my skoon en vul my met U Gees? Dankie dat U dit vir my gedoen het. Ek aanvaar dit deur die geloof. AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00