DIE GROOT SWART DEUR.

’N Arabiese hoof vertel die verhaal van ’n spioen wat gevang is en tot die dood veroordeel is. Hy word dan gestuur na ’n Generaal wat die vonnis moet voltrek. Hierdie generaal het dan die gewoonte gehad om op die dag van vonnis die veroordeelde in te roep en aan hom die keuse te stel: Die vuurpeloton of Die groot swart deur? Die spioen is ook ingeroep en voor die keuse gestel. Die man het baie lank gedink en toe het hy die vuurpeloton gekies. ’n Rukkie later het die skote toe geklap in die uitvoering van die spioen se keuse.

Die generaal het na sy helper gedraai en toe gesê:- “Hulle kies altyd die bekende alvorens hulle die onbekende kies. Dit is die kenmerk van die mens dat hulle vrees vir die onbekende. Tog word hulle die keuse gegee!”

Die helper het toe gewaag om te vra:- “Generaal, wat is agter die groot swart deur?”

“Vryheid!” Het die generaal geantwoord. “En ek ken net ’n paar wat dit gekies het!”

Wat sal die rede wees dat talle mense keuses maak wat hulle vernietig? Waarom wil hul ’n lewe leef wat geen vryheid het nie?

GAL. 5:1 Staan dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring nie.

GAL. 5:13 Want julle is tot vryheid geroep, broeders; gebruik net nie julle vryheid as ‘n aanleiding vir die vlees nie, maar dien mekaar deur die liefde.

 Is jy deur Christus vry gemaak? Hy wag vir jou  – moenie die weg van vernietiging kies nie!!?

GEBED.

Here baie dankie vir die werk van die Kruis! Dankie dat U my vrymaak van sonde en vir my die oorwinning gee! Versterk my om met my vryheid U te verheerlik?AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00