DIE GESOEKTE MAN!

Indien Jesus Christus in een van ons bekende stede sou instap met die menigte van mense agter Hom, sou hulle Hom dadelik in hegtenis geneem het. Hy sou die gesoekte Man gewees het.

Die Direktoraat vir die uitreiking van lisensies vir alkoholiese drank soek Hom vir die verandering van water na wyn sonder ‘n lisensie. (Sonder om eers die saak te ondersoek of dit alkoholiese wyn was.)

Die Fona en Flora soek hom vir die verdorring van die vye boom.

Die Gesondheids departement vir die genesing van mense sonder ‘n lisensie asook die voed van 500 mense sonder ‘n voedsel permit.

Die Onderwys departement soek Hom vir die onderrigting van mense sonder dat Hy geregistreer is.

Die Departement van See en visserye  vir die braai van vis op die strand asook loop op die water sonder ‘n  Skipper lisensie.

Die SPCA soek Hom omdat hy varke die see in gejaag het.

Die Sielkundige Raad soek Hom vir die hulp aan mense :- Hoe om ‘n skuld vrye lewe te lewe! – sonder dat Hy geregistreer is.

Die Vroue Regte Groep soek Hom omdat Hy nie ‘n vrou vir ‘n dissipel gekies het nie.

Die Pro-Aborsie Groep soek Hom omdat Hy gesê het dat enige een wat ‘n kind skade aandoen , vir so ‘n persoon is dit beter dat hy/sy nie gebore is nie.

Die Internasionale Geloofs Aksie Groep soek Hom omdat Hy gesê het dat slegs Hy, Jesus Christus, is die weg na die Vader.

Die Inspektoraat vir Geboue soek Hom omdat Hy gesê het Hy sal die tempel in drie dae bou.

Jesus Christus is ‘n gesoekte man.

Soek jy Hom ook? Waarvoor?

Soek Hom dat Hy jou siel kan red en jy die vreugde van die hemel kan ervaar!!!

LUKAS 19:10  Want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was.

GEBED

Vader, dankie dat U my gesoek het terwyl ek ‘n sondaar was. AMEN  

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00