DIE BESTE OPSTEL OOIT!
Hoe kinderlik mooi is dit nie? Iemand het eendag gesê dat ‘n vrou is soos ‘n krokodil:- Plat kop, groot bek en geen ore. Elkeen sal maar oor hierdie stelling moet besluit. Tog kan ons uit die krokodil iets leer. Die krokodil is goed gepantser en so moet ons as kinders van die Here teen die aanslae van die Satan ook goed gepantser wees met die kennis van die Woord van die Here. Daar is soveel dwaalleringe wat na die mens kom en jy sal dit alleenlik ken indien jy die Skrif ken. Gebruik ook Efesiërs 6 as die wapenrusting vir jou lewe. Verder leer ons dat die krokodil die kleintjies in haar bek dra. Dit is ook ons verantwoordelikheid om ons kinders te beskerm en hulle na die veilige hawe van die Here Jesus te neem. Ons moet ook ons woorde tel voor ons kinders en ons moet die kinders nie met woorde aanrand nie. Hoe maklik is dit vir ‘n ouer wat gefrustreerd van die werk kom om dit op ‘n kind uit te haal terwyl jy weet hulle sal/moet nie terug praat nie? Wat leer jy jou kind? Is die Woord van die Here in jou mond? DEUTER. 6:7 en jy moet dit jou kinders inskerp en daaroor spreek as jy in jou huis sit en as jy op pad is en as jy gaan lê en as jy opstaan. Dan die sagte plekkie van die krokodil is op die maag. Ons moet ook ‘n sagte plekkie vir ons medemens hê. Ons moet die Here lief hê met ons hele hart en siel en verstand en ons naaste ook soos jouself. Is dit in jou lewe teenwoordig? Laat ons nie byt en met die stert slaan soos die krokodil nie! GEBED Here, laat U woord altyd in my gemoed en op my tong wees? AMEN