DIE BATTERY!

Elkeen van ons het ’n motor. Elke motor het ’n battery. Die battery is deel van die motor en “woon” in die motor. Dit is daar, dit is gelaai en dit het al die krag wat jy nodig het om jou te kry van waar jy is na die punt waar jy wil wees. Jy het nie ’n battery probleem of ’n krag probleem indien jy ’n werkende voertuig het nie. Die feit dat jy ’n battery het ,wat werk, is nie alleenlik verantwoordelik vir jou, om van die een punt na die ander te kom nie. Die battery kan alleenlik inwerking kom wanneer die sleutel gedraai word om die motor aan die gang te kry. JY moet dit doen – jy kan nie sit en wens daarvoor nie! Byvoorbeeld, jy kan nie in jou motor na ’n kerkdiens sit en wens dit moet aan die gang kom nie. Jy moet die sleutel draai om dit te bewerkstellig. Dit is nie ’n krag probleem nie en dit is ook nie die feit dat die battery nie daar is nie. Jy het al die krag wat jy nodig het onder die enjinkap. Alles is daar – jy moet dit net aan die gang sit. So, indien jy nie die motor aan die gang kry nie, sal jy nie by die huis kom nie. Jy kan dan ook nie die battery blameer omdat dit nie sy werk doen nie. Jy is die probleem. So is dit met die Heilige Gees. Die “battery”is in jou geplaas om jou te neem na die wil van God – ons noem dit die inwoning van die Heilige Gees. Die Heilige Gees is in jou om jou te help om ’n suksesvolle Christelike lewe te lei. So , jy het nie ‘n “battery” probleem nie!!! Nou is die vraag in jou gemoed:- “Hoekom bly ek die stryd verloor?” Die antwoord:- Jy sit net stil en wens die battery wil werk, inplaas daarvan om die motor aan die gang te kry. Hoe kry ek die motor aan die gang? Eerstens om toe te laat dat die Heilige Gees Sy regmatige plek in jou lewe inneem en dan volkome aan Hom oor gegee te wees en Hom te vertrou met jou lewe in watter rigting Hy jou ookal sal neem. Redding , weergeboorte , is nie die einde van jou Christelike pad nie. Jy moet vervul word met die Heilige Gees – dit is God se wil vir jou lewe. EFES. 5:18 Moenie dronk word van wyn nie—daarin is losbandigheid; maar word met die Gees vervul. 1 KOR. 6:19 Of weet julle nie dat julle liggaam ‘n tempel is van die Heilige Gees wat in julle is, wat julle van God het, en dat julle nie aan julself behoort nie? HAND. 13:52 En die dissipels is vervul met blydskap en met die Heilige Gees. GEBED Vader, baie dankie vir die Heilige Gees wat in my woon. Dankie dat ek Hom volkome kan vertrou met my lewe en dat Hy my krag en instaat stelling is. AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00