Ben Carson

Ben is deur sy enkelma groot gemaak en op skool het hy baie gesukkel. Dit is eers op hoërskool dat hy begin uitblink het in die akademie. Na skool is hy na die Yale Universiteit en voltooi sy kursus in Sielkunde. Ben se belangstelling het later verander na neurochirurgie. Sy oog-hand koördinasie was goed wat hom ’n begaafde dokter gemaak het. Operasies op kinders was later vir hom meer belangrik as die wat hy op volwassenes uitgevoer het want het hy geglo dat met kinders is dit die geval van – “what you see is what you get”. In 1987 het Carsen geskiedenis gemaak deur die eerste neurochirurg te word wat suksesvol ‘n siamese tweeling geskei het. Hierdie tweeling was geheg aan die agterkant van hul koppe en alle vorige operasies op sulke mensies was onsuksesvol. Carson het onderneem om die operasie te doen en so het ’n 70 lede chirurgiese span die operasie gedoen wat 22 uur geduur het. Hierdie tweeling is suksesvol geskei en kan nou apart lewe. Om te dink dat elke mens word ook kop aan kop met die sonde gebore. PSALM 51:7 “Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang.” JOH. 8:44 “Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen.” Sou ons self probeer om ons van mekaar te skei, sal ons vir ewig “dood bloei” in die hel. Die goeie nuus is dat Christus ons kom verlos het van hierdie dood. Dit is die mens wat hom/haar-self moet oorgee in die hand van die Hemelse chirurg. 1 JOH. 1:7 “en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde.” Het jy al hierdie suksesvolle “operasie” ondergaan? Is jy verlos van sonde? Kan jy vry in die Waarheid van God lewe? GEBED Vader, dankie dat U my kan verlos van alle sonde! Dankie dat ek U kan aanvaar as my Saligmaker! Word U alleen verheerlik in en deur my lewe? AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00