Agt Honderd Bote Verwoes!

In die Japanese 2011-03-11 driedubbele aardbewing- tsoenami- kernreaktorramp is die “wakame” seegrasindustrie byna heeltemal uitgewis. Langs die Omoe Skiereiland, die mees oostelike punt van Honshu, het vissermanne vanuit hul klein nuut bekomde plesierbote ver oor die see gestrek om met lang sekel-punt pale repe “wakame” seegras uit te delf. Die klein bootjies het sorgwekkend gekantel wanneer die vissermanne oorgeleun het om die “wakame” te oes. Die plesierbote is tweedehands aangeskaf nadat die tsoenami, wat die aardbewing gevolg het, meeste van die Omoe vissery se gesamentlike vloot vernietig het — slegs 14 vaartuie uit 814 was nog in werkende toestand. ‘n Hele paar vissermanne het hul loopbane laat vaar en 58 uit 181 huisgesinne wat die “wakame”-boerdery beoefen het, het gesê hulle gaan hul “wakame”-pale vir goed moet ophang. Hiroaki Yamazaki is een van die gelukkiges! Die tsoenami het Yamazaki se huis en boot weggevoer — beide waarvan met die geslagte oorgedra is. Hy het op een tydstip dit oorweeg om op te gee, maar sê hy het weer soos sy ou self gevoel toe hy uitvaar op die oseaan. “Miskien is dit omdat ek ‘n visserman is, maar wanneer ek uit op see is voel ek van nature energiek,” sê hierdie broodwinner van ‘n familie van sewe. “Ons sal beslis terug wees,” het 72-jarige Ryuichi Ito, hoof van die koöperasie gesê. Bron: Yomiuri Nuus 2011-06-18 God het werk vir al Sy skepsels. “In enige moeitevolle arbeid is voordeel, maar praatjies is net tot gebrek.” (Spr 14:23, OV). God wil nie hê dat ons ledig rondsit nie! Solank ons die krag het moet ons besig wees om te werk! UIT:- JAPANSENDING GEBED Dankie Here vir die krag en gesondheid wat U my gee om te werk en dankie dat ek werk het. AMEN

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00