See sterre

                                                                                 Ek stap op die strand voor my stap n ouerige gryskop man.

                                    So elke paar tree buk hy tel iets op en gooi dit in die see dis vroeg oggend die son begin net sy kop uit steek.
                                                So ek kan nie sien wat hy optel nie, ek stap al vinniger nader en so bly hy goed in die water gooi.

Ekskuus tog, vra ek wat gooi u in die see, ek sien hy kyk na my verbaas, dis see sterre se hy.

Verbaas staar ek hom aan, see sterre vra ek? Ja as die son opkom gaan hulle almal dood gaan so ek gooi hulle terug, ek stap so saam met hom en vra mnr maar dis onmoontlik om almal terug te gooi en hulle te probeer red. Hy stop en tel die een see ster op, kyk na my en gooi dit terug in die see, met ‘n glimlag se hy, ek weet ,daai een het pas ‘n verskil gemaak en sy lewe gered.

Ek besef toe ek kan nie almal gelukig hou in die lewe nie maar as ek net een persoon in ‘n dag kan gelukkig maak het ek n verskil gemaak in sy of haar lewe.

As ek net vir die een wat ek so lief het gelukkig kan maak elke dag van my lewe sal ek die blyste in die wereld wees, jy is my see ster en ek wil ‘n verskil maak in jou lewe elke dag.
– OORSPRONG ONBEKEND

Rom 13:8 “Wees aan niemand iets skuldig nie, behalwe om mekaar lief te hê; want hy wat ‘n ander liefhet, het die wet vervul.”


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00