Agting vir predikant se vermoë
Dit is die Sondagoggend en twee Minorca-henne staan voor die pastorie in die blomtuin en rondskrop op soek na iets te ete. Dit is toe die dominee oomblikke later in sy deftige swart pak by die voordeur uitgestap kom, kyk een van die henne hom met bewondering aan en sê:- “ Ai, is hy nie wonderlik nie! Ag, hoe wonderlik!”
Die ander hen kyk onhuts op en vra:- “En wat is dan so danig wonderlik aan hom?”
Waarop die eerste hen antwoord:- “Jy sal my nou nie glo nie, maar hulle sê hy het nou die dag ’n hoeksteen gelê.”
HEBR. 13:17 “Wees gehoorsaam aan julle voorgangers en onderdanig, want hulle waak vir julle siele as diegene wat rekenskap moet gee, sodat hulle dit met blydskap kan doen en nie al sugtende nie; want dit is vir julle nie nuttig nie.”
In soverre jy ‘n predikant het wat die Woord van die Here vir jou in waarheid bedien moet jy aan hom gehoorsaam wees!
Hulle waak oor jou siel!
Hulle bid vir jou!
Hulle ly saam met jou in jou stryd!
Moenie hulle sugtende stryd verskaf nie!!?
Bid vir hulle!
Moenie jou predikant wat saam met jou die Here voluit dien afkraak en afbreek nie?
Staan hom en sy gesin by en ondersteun hulle?
GEBED
Here, dankie dat ek vandag vir my predikant kan bid! Hou hom en sy gesin vas? Versterk hulle en voorsien in hulle behoeftes? AMEN