Die Van Staden Tragedie:

Toe ek ‘n klein seuntjie was, het ‘n vriend van my selfmoord gepleeg. Ek het al gehuil as ek dink hoe anders dit sou gewees het as hy die inhoud van hierdie boekie kon geweet het. Vir hom is dit te laat daarvoor, maar ek kan jou vertel! …

-Roy Daniel’  Kontak 0823020892 , pclubmembers@gmail.com

Die Van Staden Tragedie:

Toe ek ‘n klein seuntjie was, het ‘n vriend van my selfmoord gepleeg. Ek het al gehuil as ek dink hoe anders dit sou gewees het as hy die inhoud van hierdie boekie kon geweet het. Vir hom is dit te laat daarvoor, maar ek kan jou vertel! ‘n Ander vriend van my bly naby Van Staden se brug. Hy is so arm dat hy nie sy enigste kar kan herstel nie. ‘n Paar maande gelede het hy ‘n boodskap gekry van sy oudste seun. Dit het gelees, “Derde maal gelukkig, ek gaan spring!” Die pa het geen kar gehad om in te ry nie, en ten spyte van sy hart probleme, het hy met al sy mag gehardloop na die brug. Terwyl hy met die N2 langs gehardloop het, het ‘n ander vriend langs hom gestop en hom gevra: “Wat’s fout?” In sy desperaatheid  het hy ingespring en gesê: “My seun gaan Van Stadens spring – Ry!, Ry!” Hulle het met die pad af gespoed. Die seun was nêrens te vinde nie. ‘n Ou vroutjie het met bleek gesig daar gestaan en in skok vir hulle gesê: “’n Jong man het so pas van die brug af gespring.” My ander vriend het my later vertel dat hy nog nooit beleef het dat ‘n man so hartverskeurend huil en uitroep as hierdie vader oor sy verlore seun nie. Die verbryselde liggaam het daar onder gelê op ‘n rots. Sommige sterf so, ander in motor ongelukke, van siekte, of ouderdom. Jy weet nooit wanneer die dood by jou gaan aanklop nie. Is jy gereed?

Het jy geweet dat die grootste toets of jy ‘n ware Christen is of nie, is liefde? Wat mens bekommer is dat kerk bywoning, rituele, bonatuurlike ervarings (soos om genees te word), gevoelens van vreugde, of om te huil terwyl jy sing van God nie bewys dat jy Jesus ken of liefhet nie. Die Bybel sê, “As iemand God liefhet, is dieselfde deur Hom geken.” 1 Cor. 8:3. As jy God nie liefhet nie, ken God jou nie, en jy ken Hom nie! Die opsomming van die hele Bybel is o.a. in Mat.22:37-40 opgeteken, “jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart, jou hele siel, en jou hele verstand, en jou naaste soos jouself”. Die Griekse woord vir sonde is Harmatia, dit beteken om jou doel te mis. Toe Adam en Evan in die begin geskape is, het hulle in ‘n intieme verhouding met God gewandel in die Paradys. Hierdie eenheid tussen die mens en sy Skepper is verbreek met die sondeval. Mense word nou gebore met ‘n sondige natuur en hierdie boekie gaan jou vertel hoe geweldig hierdie probleem is en wat die oplossing daarvoor is. Die Geskiedenis en koerante vertel ons wat die gevolge van die probleem is, oorloë, moord, egskeidings, verkragting, natuurrampe, ens.

Hier volg die stories van twee persone – ‘n Vet dame en ‘n kind. Vra jouself die vraag: Watter een het Jesus liefgehad?

Die Vet Dame:

‘n Man was oppad na ‘n maskerbal aangetrek as die duiwel. ‘n Verwoede storm hom verhinder om daar uit te kom. Die enigste plek waar hy kon skuiling vind was ‘n kerk. Intussen het hy vergeet dat hy in ‘n duiwel kostuum geklee was. Daarom was hy verbaas om te sien dat die mense uit vrees al skreeuend van hom af weggevlug. ‘n Vet dame was nie instaat om vinnig weg te kom nie weens die dolle vlug van die ander. Sy het aan die pilaar vasgeklou en die man aangespreek, “Moet my asseblief nie seermaak nie. Jy weet, en ek weet, ek was nog altyd aan jou kant.”

Mense lag vir hierdie storie, maar dit terwyl hul in so baie aspekte van hul eie lewens uitbasuin dat hulle aan die satan se kant is. Hulle kyk na Satan se flieks en luister na sy musiek. Hulle maak vriende met die duiwel se kinders en gebruik sy taal. Hulle noem hulself Christene, maar hulle het Jesus nie lief nie. Hulle is in werklikheid van die duiwel maar noem hulself kinders van God.

Kind:

In ‘n Russiese staat het ‘n seuntjie en sy vader soldate met gewere in die gesig gestaar. Die soldate het die vader ‘n keuse gegee, “As jy Jesus Christus verloën sal ons jou laat gaan, maar as jy weier sal ons jou seun voor jou oë doodslaan.” Die seuntjie het opgekyk na sy pa en gesê, “Vader, as u Christus verloën, sal ek my skaam vir u.” Daarop is die seun met stokke geslaan todat hy gesterf het. (This is the version I read many years ago in R Wurmbrand’s book)

Verloën jy Christus in ‘klein’ dinge soos die televisie programme waaarna jy kyk? As jy dit doen sal jy dit sekerlik ook doen wanneer jy gekonfronteer word met die dood! God se woord verklaar dat as jy Christus verloën, Hy jou ook sal verloën wanneer Hy kom om die wêreld te oordeel!

Hierdie twee verhale het werklik gebeur. Daar is nog iets wat werklik gaan plaasvind, dit is die OORDEELSDAG. Wanneer die mens serf gaan God elke persoon (insluitende jy) oordeel, en dit gaan nie volgens jou standaarde wees nie. Reg deur die lewe dink mense aan ‘n miljoen dinge: geld, familie, genietinge, plesier, ens. maar baie min van hulle is ernstig omtrent wat gaan gebeur na die dood. Dit vind plaas in ‘n split sekonde nadat die finale fluitjie blaas! Wanneer jou liggaam in ‘n doodskis lê, sal jou siel God se oordeel in die gesig staar. Dan sal die lewensbelangrike vraag nie wees: “Het ek baie geld gemaak nie?” ook nie “Het ek die mooiste vrou gehad?” nie, nee, the vraag sal wees, “IS MY SAAK REG MET DIE HERE?”

Binnekort sal God op die oordeelstroon sit en die boek van die lewe open. Mense gaan dan besef dat as hul name nie in die boek is nie, hulle met God se ewige toorn tedoen sal hê. Die bogenoemde vraag sal dan al wees wat saak maak. Die angswekkende is dat God se Woord verklaar dat baie mense wat dink dat hulle reg met God is dan sal uitvind dat hulle nie is nie! Dan sal hulle met skok uitvind dat hulle GOD NOOIT GEKEN OF LIEFGEHAD HET NIE. Selfs toegeweide mense mense sal dit uitvind. Baie wat immorele mense verafsku het, omdat hulle Jesus nie so getrou volg soos hulle nie, sal uitvind dat hulle self nooit Jesus waarlik gevolg het nie! Andere wat ongelooflike ervarings gehad het wat hulle gedink het bewyse was van hul kennis van God, sal uitvind dat hulle ‘n leun geglo het. Sommige mag vra: “HOE KAN EK WEET DAT EK REG IS MET GOD DIE DAG AS EK STERF?” As jy belangstel, sal hierdie boekie vir jou die eenvoudige Bybelse antwoord tot daardie alles-belangrike vraag verskaf.

Die Antwoord lê in ‘n Kragtige Boodskap

Daar is ‘n boodskap kragtiger as enige ander. Dit het al dronkaards vrygemaak, kettings van haat gebreek, en harte gevul met lewe waar geestelike dood voorheen geheers het. Dit het sondaars oppad na die hel gevat en hul voete ferm op die hemelse weg geplaas. Deur hierdie verbasende boodskap, het mense vergifnis van God ontvang vir die gruwelikste en mees ondenkbare sondes. Ander, gebind deur dooie godsdiens, het ware geestelike lewe gevind. Dit kan vrymaak, lewendmaak en transformeer vir ewig. ‘n 70jarige Vietnamese vrou het hierdie eenvoudige boodskap gehoor. Dit het haar lewe verander. Sy het ander begin vertel. Die polisie het haar beveel om te stop, want dit was teen die Vietnamese wet om hierdie boodskap te verkondig. Mense word in die tronk gestop en baie word gemartel. Sy het geweier om op te hou en is gearresteer. Sy kon nie help om die ander gevangenisse te vertel nie. Die wagte het probeer om haar te stop. Hulle het haar in ‘n klein boksie geplaas met bykans geen spasie om te beweeg nie. ‘n Klein gaatjie het haar toegelaat om asem te haal. ‘n Paar weke het verby gegaan, en haar vel het begin om af te val agv gebrek aan lug. Hulle het haar uitgelaat, maar hierdie verskriklike beproewing kon haar ywer nie blus nie. Sy kon nie ophou om die gevangenis te vertel vertel van die boodskap wat haar lewe verander het nie.  Later is sy vrygelaat met ‘n waarskuwing – wat haar nie gestop het nie. Hierdie ongelooflike booskap wys mense hoe om met God te ontmoet en seker te wees van die hemel. Dit word genoem DIE EVANGLIE BOODSKAP. Dit is God se wil dat JY  dit hoor!

Evangelie beteken “goeie nuus”. Jesus het dit gepreek, Paulus, en baie ander 2000 jaar gelede. Deur the eeue is dit aan die mensdom verkondig. Jy mag vra, “Waarom het ek hierdie goeie nuus nodig?” Hoe gaan dit my aan? Hier volg ‘n kort begeleiding na die evangelie boodskap. Mag jou lewe daardeur vir ewig verander word.

Eerstens: Waarom is die boodskap belangrik?

A)    ONS IS ALMAL IN DIESELFDE BOOTJIE!

Jy mag dalk nie besef dat die boodskap nodig is nie, omdat jy nie besef wie jy is en wat jy gedoen het nie. Volgens die Bybel het die eerste man (Adam) gesondig teen God (deur ongehoorsaam te wees aan God se opdrag om nie te eet van die boom van die kennis van goed en kwaad nie), hy het daardeur ‘n sondige natuur gekry. Dis verskriklik, want God se heilige toorn is gemik teen alle sondige mense en wesens (sonde en ongehoorsaamheid is in wese rebellie teen Sy gesag). Ons, as nakomelinge van Adam, word almal met hierdie sondige natuur gebore. Ons is by geboorte geestelik dood. Nie alleen word ons as sondaars gebore nie, ons het ook sonde gedoen. Baie mense dink dat hulle goed is in God se oë omdat hulle goed is in hul eie oë. Hulle het nog niemand vermoor nie, en hulle geniet  selfs die kerk!

The volgende illustrasie wys waarom ons almal in dieselfde boot is. Daar was eenmaal ‘n boogskut kompetisie. ‘n Yslike prys sou gegee word aan die persoon wat kolskoot in die middel van die sirkel kon skiet. Baie het deelgeneem, en daar was groot verwagting dat iemand sou wen. Eindelik was daar nog net twee deelnemers oor, en niemand het nog die middel getref nie – inderwaarheid het almal die middel by verre gemis. Die tweede laaste deelnemer het sy pyl teruggetrek, versigtig gemik en laat gaan. Sy pyl het uitstekend deur die lug getrek. Dit het gelyk asof dit na die middel aangetrek word, maar net nouliks gemis. Hy het met tevredenheid geglimlag. Hy het gedink, “die ander boogskutters het so pateties geskiet. My pyl het so naby die senter getref. Sekerlik sal ek die wenner wees.” Die aankondiger het spoedig opgestaan en gelees: “Niemand het gewen nie. Die reëls van die kompetisie is WIE OOKAL DIE SENTER TREF wen. Niemand kwalifiseer om die prys te wen nie.” Die Bybel verklaar: “want daar is geen verskil, want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God.” Dit maak nie saak hoe naby jy daaraan gekom het om al die wette van God te onderhou nie, jy verskil geensins van die persoon wat geen van Sy wette nagekom het nie. Die probleem is nie net die sonde wat ons pleeg nie maar ook die nalaat om te doen waarvoor ons eintlik gemaak is nl om God lief te hê en Hom in alles te eer en Hom eerste te stel in my lewe, nl om Godsgesentreerd te lewe. Jesaja het geskryf: “hierdie volk dien My met hulle lippe maar hulle harte is ver van My.” Jy is ‘n oortreder van die wet en verdien die ewige toorn van ‘n heilige God. God se standaard is perfeksie. Dit is ‘n probleem, want ons almal skiet tekort aan God se standaard deur Sy heilige gebod te oortree. Dit is so moeilik vir baie ‘goeie’, hoflike kerkgangers of mense om te sien dat hulle tekort skiet aan God se standaarde. Hulle dink hulle sal in die hemel kom omdat hulle soveel beter as die ander is; maar daar is geen verskil nie. hulle het nie die doel getref van God se standaard van perfeksie nie.

Niemand sal die hemel bereik deur hul eie goedheid nie, tog dink meeste mense dat hulle is goed is. Die Bybel sê:

“Baie mense roem hulle eie welwillendheid, maar wie vind ‘n betroubare man?” Spreuke 20:6. Ons moet ophou om onsself te vergelyk met ander (wat ons goed laat voel) en onsself vergelyk aan God se standaard. Dan sal ons sien dat ons almal besmette sondaars is wat verdien om die ewigheid in die vreeslike vlamme van die hel deur te bring. Die wet dui aan dat ons almal gesondig het en korkom aan God se standaarde. Daar is oorgenoeg plek vir ons almal in die hel.

Goeie mense glo nie dat hulle vuil sondaars is nie. Spr. 16:25 Is u soos die man wat nie wou glo dat sy gesig vuil is nie? Hy het huistoe gekom, en sy vrou het vir hom gesê: “Jou gesig is vuil.” Hy het gedink sy maak ‘n grap. Hy het skoon gevoel. Na ‘n woordewisseling bring sy toe vir hom ‘n spieël, en hy het die waarheid gesien. ‘n Groot vuil vlek het sy hele gesig besmeer. Hy kon nie langer redeneer dat hy skoon was nie. Dit is die funksie van God se wet. Dit is soos ‘n spieël wat aan ‘goeie’ mense wys dat hulle vuil is in God se oë. *Gemeet teenoor God se wet en Sy heilige en suiwer karakter is ‘n goeie kerkganger nie onderskeidbaar van ‘n moordenaar, dronkaard, of swetser nie. God is lig en in Hom is geen duisternis nie, Hy sien tot in die diepste kamers van jou hart, jou motiewe. Die fariseers wat uiterlik ‘goed’ geleef het was niks anders as goeie akteurs nie, tog is daar nie gedeel met hulle innerlike vervalle karakters nie. Hul heiligheid was vals soos nagemaakte goud of diamante. Sommige het meer vuilheid as ander, maar almal het God se wette gebreek en skiet ver tekort aan God se heerlikheid.

God sê Hy gaan kom oordeel. Na jou afsterwe of by die wederkoms van Christus (Jesus, God die Seun), sal diegene wat Jesus nie ken nie geoordeel word volgens God se standaarde, nie die mens sn nie. Daar is baie dinge wat mense doen wat hulle dink “nie so sleg” is nie, maar wat in God se oë uiters besmet is en wat God se ewige straf verdien. God sal almal oordeel wat Hom nie persoonlik ken nie by die Oordeelsdag volgens DIE 10 GEBOOIE! Dit beteken almal is sondaars. Almal het Sy wette gebreek.

As jy dink jy is ‘n goeie persoon en verdien nie die hel nie weens jou godsdiens, goeie werke, kerk bywoning, gebed, tiendes, ens. laat ons kyk in die spieël en sien of u goed is in God se oë! Neem in aanmerking dat nie een van jou goeie dade ooit jou straf kan wegneem vir die breek van selfs een van God se heilige gebooie nie! ***Wees pynlik versigtig en eerlike met jouself en met die Here wanneer jy hierdie ondersoek instel, doen dit biddend want jou eie hart kan jou bedrieg Jer. 17:9. Vra die Here om jou te wys wat jou ware toestand voor Hom is, dit vat moed om jouself te sien soos jy werklik lyk maar as jy dit nie nou doen nie gaan jy dit in elk geval by die oordeelsdag moet aanskou, die verskil is dat dit dan te laat gaan wees om iets daaraan te doen! Niemand kon nog ooit regkry om God se standaard te bereik nie.

1ste en 2de GEBOD:

Dit is verkeerd om enige ander gode te hê as net God alleen. Dit mag ‘n beeld of afbeelding wees of enigiets wat jy meer liefhet as God: bv. geld, sport, ‘n onbeheersde drang na kos.

3de GEBOD:

God beskou dit as sonde om Sy Naam as ‘n vloekwoord te gebruik of ligtelik soos in ‘n grap. As jy ‘n film gekyk het wat dit doen, en het dit nie afgesit nie, is jy skuldig.

4de GEBOD:

God se wet verklaar dat ons die 7de dag moet rus – jy mag geen werk daarop doen wat geld verdien nie. Weinig mense is gewillig om slegs een dag per week aan God af te staan.

5de GEBOD:

Ons moet ons ouers eer, respekteer en gehoorsaam.

6de GEBOD:

Moord, insluitende haat, onvergewens gesindheid, woede ens. is sonde.

7de GEBOD:

Egbreuk, asook wellus (bv. pornografie) en seks voor die huwelik, is sonde.

8ste GEBOD:

Steel, selfs klein dingetjies, is sonde.

9de GEBOD:

Om te jok, leuens vertel, is sonde!

10de GEBOD:

Hebsug, die begeer van ander se besittings/ eiendom/ eggenoot en jaloesie omdat jy nie het wat ander het nie, is sonde.

Soos julle kan sien is ons almal wets oortreders. Dit is nie ‘n geringe saak nie. As jy die siele wat in die hel brand sou vra: “Waarom is jy hier?” sal baie jou antwoord, “As ek maar net besef het hoe ernstig God is omtrent Sy opdragte (gebooie). Ek het nie baie verkeerd gedoen nie. Ek het kerk bygewoon. Ek was ‘n  goeie mens en het geglo dat Jesus my liefhet en nooit sal hel toe stuur nie, ek het van Hom gesing, maar Hom nooit geken het nie. Ek het nooit besef dat ek nodig het dat Hy my red nie. Ek het gedink dat ek op die pad was na die hemel!” Sondaars in die hel ontvang die loon vir wie hulle was en wat hulle gedoen het. Gal. 6:7. Almal moet sterf. Na die dood breek die oordeel aan Hebr. 9:27. Ons sal verantwoordelik gehou word vir alles wat ons deur die liggaam gedoen het. Die straf vir sonde is die ewige dood in die poel van vuur. Openb. 20: 14. Geen hoeveelheid goeie werke, kerk bywoning, doop, of dat jy in ‘n Christen huis gebore is kan ENIGEEN red van die straf wat HULLE verdien omdat hulle God se wet oortree het nie. 10 Miljoen jare van kerk toe gaan, psalms sing en die armes te help kan nooit die vergifnis koop vir een leuen nie (7de Gebod). Efes. 2:8,9.

B) JOU GOEIE LEWE BETEKEN NIKS BY DIE OORDEELSDAG NIE

Sal jy soos hierdie lemoensap wees op die Oordeelsdag? Verbeel jou ‘n heerlike vars, blink lemoen wat geskil word en in ‘n vrugte versapper gesit word. Toe word daar ‘n vrot lemoen bygesit! Wriemelende wurms peul uit gate en onwelriekende groen vloeistof sypel en drup daaruit. Die versapper word aangeskakel. Uit kom ‘n nare smerige gemors wat geen winkeleienaar sal inwillig om te verkoop nie! Het die goeie lemoen die slegte een goed gemaak? NEE! Net so kan ons goeie werke nie ons slegtes (sonde) goed maak nie! Sonde is die verbreking van God se wet… 1 Joh.3:4, en “almal het gesondig”..Rom.3:23.

Ons kan nie onsself red nie. Ons het geen krag of instaatstelling (kwalifikasies) om God se vereistes om perfek en heilig te wees, na te kom nie, en dit is waarom ons dringend goeie nuus vanuit ‘n ander oord nodig het! Ons is geestelik “dood in ons oortredings en sonde” Efes. 2:1, “sonder hoop en sonder God in die wêreld.” Ons is sondaars wat die ewige helse vuur verdien. Ons is nie waardig om selfs vir ‘n oomblik in God se teenwoordigheid te leef nie – dus kan ons die hemel nie betree nie. As oortreders verdien ons die hel Efes.2:12. Todat ons ons toestand voor God besef, is ons nie gereed vir die evangelie boodskap nie! Die wet is die tugmeester/ onderwyser om ons na Christus te bring. Gal.3:24. Dit beteken dat dit ons wys dat ons in God se oë onheilige sondaars is, ons werke vuil flenters, ongeskik en net goed vir God se ewige vuur (nieteenstaande hoe godsdienstig of goed ons dink dat ons is of mense sê ons is nie!) Ons is daarom in werklikheid in groot moeilikheid en desperaat om goeie nuus te hoor.‘n Baie goeie persoon het begin besef dat sy ‘n sondaar was vogens God se oë. Sy het desperaat geword. Haar predikant het haar besoek en haar verseker dat hy weet sy is God se kind en dat sy nie verder daaroor bekommerd hoef te wees nie. Sy het hom gegroet en na haar kamer gegaan. Daar het sy gebid en gesê, “Here, die predikant sê dat ek U kind is, maar wat sê U? Sy het die Here gesoek en met Hom ontmoet. By die oordeelsdag sal ander mense se menings en sienings nie tel nie. Al wat dan gaan tel is wat God se opinie is oor jou ware toestand voor Hom. *Net Hy ken jou deur en deur, tot die dieptes van jou hart, Hy is die Geneesheer wat jou moet diagnoseer want Hy het jou gemaak liggaam, siel en gees en ken die diepste bedoelinge van jou hart.

Ek het eenmaal ‘n meisie gevra of sy ‘n Christen is. Sy het geglimlag en gesê sy het as ‘n Christen groot geword. Ek het haar vriendelik aangekyk en gesê, “As die Bybel sê dat ons almal geestelik dood gebore word, en dat ons almal ook sondig, op watter stadium word ons lewendig? Het jy eendag skielik lewendig geword net omdat jy in ‘n Christen huis groot geword het? Die Bybel sê dat ons by ‘n punt moet uitkom waar God ons vergewe en ons geestelik lewend maak! Dit is wanneer ons na Jesus toe kom as ‘n sondaar (diep bedroef oor ons sondige hart en dade) en Hom vra om ons te vergewe en ons geestelik lewend te maak.” Sy het na my gekyk en gesê, “Dit is die probleem, ek is nie lewendig nie!” My vriend, het jy die lewe? Lees verder en vind uit!

Twedens: Hoe word hierdie ongelooflike boodskap moontlik gemaak?

Waarom sou God iets doen om sondaars te herstel? Een rede is dat Hy Homself daardeur verheerlik; ‘n ander rede is dat God liefde is. Hy het ons nie lief omdat ons dit verdien nie. Hy het ons lief ten spyte van die feit dat ons ten volle die hel verdien! Om ‘n prentjie te skets van God se liefde is onmoontlik. Die volgende ware verhale gee ons ‘n klein idee van hoe onmeetbaar groot God se liefde is.

DIE SPOORWERKER

‘n Man het op ‘n treinspoor gewerk. Hy het soms sy seuntjie saamgeneem werk toe. ‘n Treinspoorbrug het in die lug opgehys soos die London Brug. Dit was die man se werk om seker te maak dat die brug af was wanneer die trein kom. Hy het sy seun toegelaat om tussen die meganismes te speel onder die brug. Skielik hoor hy die klank van die trein wat aanspoed na die brug toe. In ‘n split sekonde moes hy ‘n keuse maak: Spring om sy seun te red, of die hefboom druk wat die trein sou red en sy seun in die proses doodmaak. ‘n Oomblik later druk hy die hefboom af, en die swaar brug verpletter die liggaampie van sy seun. Hy het ineengestort met sy kop in sy arms terwyl golwe van smart deur sy liggaam ruk. Hy het opgekyk en die mense deur die vensters van die trein gesien. Hulle was besig om kaart te speel en te lag. Hulle het geen idee gehad van die opoffering wat hy moes maak om hulle veiligheid te verseker nie. Hulle het gelag en speel terwyl ‘n vader se hart aan skerwe gelê het langs die lyn. My vriend, as jy ‘n leer kon klim na die hemelpoorte en ‘n engel vra, “Hoe lief het God die wêreld?” sal die engel jou net een antwoord gee: “Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy Sy eie Seun gegee het dat elkeen wat inHom glo nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.” God het Sy Seun gegee om vir Sy vyande te sterf (JY).

Selfs sondaars wat godsdienstig is en kerk toe gaan is oortreders van die wet en vyande van God. In Mat.19:17 verklaar Jesus: “…daar is niemand wat goed doen nie…” Rom. 3:12 en in Hebr.2:9 lees ons dat Jesus die dood gesmaak het vir elke mens. “ Rom.5:6 “Want toe ons nog swak was, het Christus op die regte tyd vir die goddelose gesterwe.” Jesus, God se Seun, wat die wêreld geskape het, het afgekom en ‘n mens geword. Hy het ‘n sondelose lewe geleef en toegelaat dat hulle Hom vermoor aan ‘n kruis. Hy kon 10 000 engele opgeroep het om Hom te vry te laat, maar in stede daarvan het Hy vir jou en my gesterf. God is heilig en moet die sonde straf! Jesus het die straf gedra vir elke sonde wat ooit gepleeg is. God die Vader het Sy eie Seun tot sonde gemaak (2 Kor. 5:21) vir ons. Elke sonde wat JY gedoen het, het Jesus op Homself geneem. Hy is in jou plek daarvoor gestraf. Die Bybel sê dat dit God behaag het om Hom te wond (kneus, verbrysel) (Sy eie Seun. Toe Jesus vir jou sonde geword het, is God die Vader se geweldige toorn en wraak (vir JOU sondes) op Hom uitgegiet. Dit het gebeur op Golgota in Israel waar Jesus gesterf het. Jesus het baie gely aan die hand van mense. Hy was gegesel; soldate het op Hom gespoeg; Hy was aan ‘n kruishout vasgespyker. Al dit is niks in vergelyking met die wraak van God wat Hy moes trotseer nie. Dit is die enigste manier waarop God dit vir jou kon moontlik maak om vergifnis te kry vir die feit dat jy Sy wet gebreek het. Jesus moes hierdie toorn in jou plek in die gesig staar. Op die derde dag het Jesus opgestaan, en so die hel en die dood oorwin (die straf vir sonde), en opgevaar na die hemel tot op ‘n vasgestelde dag wanneer Hy weer sal kom om die lewende en die dooie te oordeel!

“Jesus het die dood gesmaak vir elke mens,” Hebr. 2:9 JY OOK . Dit beteken nie dat almal nou oppad is hemel toe nie. Baie glo die bogenoemde feite met die verstand en bevind hulself steeds in die vlamme van die hel na die dood! “…die duiwels glo en hulle sidder”–Jak. 2:19.

Derdens: Wat moet JY DOEN OM GERED TE WORD van God se oordeel?

Die volgende verse wys ons hoe om Christene te word. Dit is die boodskap wat God beveel het om gepreek te word nadat Sy Seun vir ons sondes gesterf het.

Mark. 1:15 “Bekeer julle en glo die evangelie.”

Hand. 3:19 “Kom dan tot inkeer en bekeer julle, sodat julle sondes uitgewis kan word…” (Dit beteken dat ons diepe berou moet hê en besluit om om te draai weg van die sonde, die wêreld en die hel af na God toe)

Lukas 24:46 “En Jesus sê vir hulle: So is dit geskrywe, en so moes die Christus ly en op die derde dag uit die dode opstaan: Vs 47 en bekering en vergewing van sondes in Sy Naam verkondig word aan al die nasies, van Jerusalem af en verder.”

Vers 47 sê basies dat na die dood en opstanding van Jesus Christus, Sy volgelinge opdrag kry om oral te gaan en twee dinge aan alle sondaars gaan verkondig. Hulle is: 1. bekering; en 2. Glo die evangelie (ontvang vergifnis deur Christus Jesus). Lees verder en sien hoe hierdie boodskap deel van jou lewe kan word.

A)   JY MOET JOU BEKEER:

Baie mense dink dat hulle Christene is en gereed is vir die hemel omdat hulle Jesus in hul harte ingenooi het. Die vraag vir hulle is: “Het jy waarlik berou gehad en jou bekeer?” Sonder bekering sal die Here jou nooit vergewe nie, en is Jesus nie in jou lewe nie Bekering is so uiters belangrik omdat ons dan met God saamstem oor wat Hy in ons lewe raaksien, dat ons ‘n diepe besef het van ons sonde. Joh. 8:32 “En julle sal die waarheid ken en die waarheid sal julle vrymaak”. As ons nog nie die waarheid van ons diepe afvalligheid verstaan nie en nie besef hoe totaal hulpeloos ons is nie, kan God ons nie help nie. Vra die Here om jou te wys, as jy dit nie doen nie gaan jy dit in elk geval eendag sien…wanneer dit te laat is. Moenie uitstel nie, soek die Here.

Die volgende storie illustreer hierdie waarheid:

DIE TWEE BROERS:

In Amerika in die 1800s was daar twee broers. Die een was ‘n held en die ander ‘n deugniet. Die een was ge-eer vir sy dapperheid en diens aan die staat. Die ander was in die tronk. Hy was so sleg dat hy tot die dood veroordeel was. Die brawe broer was baie hartseer. Hy was lief vir sy broer en wou nie hê hy moet sterf nie. Hy het die regerings amptenaar gaan sien. Hy het hom gesmeek om aan sy broer vergifnis en kwytskelding toe te staan. Die goewerneur het gedink aan alles wat hierdie man voor hom al vir die land beteken het. Hy het ‘n pen geneem en ‘n kwytskelding uitgeskryf en onderteken. Die goeie broer was opgewonde. Hy het hom gehaas na die tronk en het toegang gekry to sy broer se sel. Toe het hy iets eienaardigs gedoen. Hy het nie sy broer se begenadiging aangekondig nie. Hy het dit nie eens genoem nie. Instede daarvan het hy hom ‘n vraag gevra: “My broer, as jy kwytskelding sou ontvang, wat sal jy daarmee doen?” Die slegte broer het nie gedink dit sou moontlik wees om vry geskeld te word nie en het geantwoord, “Die eerste ding wat ek sal doen is om die ou dood te maak wat op my geklik het, en die twede is om die persoon dood te maak wat my hierdie vonnis gegee het.” Die held het opgestaan en uitgeloop. Sy broer het nooit te wete gekom dat daar ‘n kwytskelding was nie. Hy is gehang. Net so het Jesus ons baie lief. Hy begeer om ons te begenadig. Hy het gesterf om dit moontlik te maak, maar Hy sal opstaan en uitloop (selfs al bid ons vir vergifnis) as ons nie skuld erken en berou het en bereid is om weg te draai van ‘n lewe van sonde nie. Baie mense wil net die een helfte van die evangelie gehoorsaam. Hulle wil Jesus innooi. Hulle wil glo dat Jesus vir hul sondes gesterf het en so vergifnis ontvang en eendag in die hemel toegelaat word, maar hulle wil hul nie bekeer nie (sonde bely en breek met die sondige lewe nie)! Hulle wil die hemel hê sonder die nou pad; hulle wil Jesus hê en die genot van die sonde en die self ook nog op die troon hou sodat hulle kan doen soos hulle wil en nie hoef te buig nie. Hulle kies nie soos Moses “om eerder sleg behandel te word saam  met die volk van God as om ‘n tyd lank die genot van die sonde te hê nie.” “Hulle bely dat hulle God ken, maar verloën Hom deur hulle werke,” Titus 1:16

Omtrent presies dieselfde ding het in die Bybel gebeur. ‘n Man het na Jesus gekom en die ewige lewe gesoek, en die Bybel sê dat Jesus hom lief gehad het. Nietemin het die man kort daarna hartseer weggeloop, sonder die ewige lewe! Die rede? – God het vir hom sy sonde gewys. Die man het ‘n ander god gehad, die liefde vir geld. Hy wou nie van sy sonde bekeer nie, daarom, al het Jesus hom liefgehad, moes hy wegloop sonder vergifnis van sy sondes. As daardie man sou sterf, sou hy na die poel van vuur gaan, want hy was nie gewillig om sy van sy sonde afstand te doen nie. Baie mense bid om “Jesus aan te neem” sonder om waarlik te bekeer, en by die oordeelsdag sal hulle hierdie woorde hoor: “Ek ken jou nie; gaan weg van My af, julle wat die ongeregtigheid werk” Mat 7:23

WAT IS BEKERING?:

Jy hoef nie perfek te word om Jesus aan te neem nie, MAAR jy moet siek (gebelg -) en jammer wees oor jou sonde. Bekering is nie reformasie nie (i.e. probeer om ‘n beter lewe te begin leef, en rondhardloop om vergifnis te probeer verdien – Jesus het ons vergifnis aan die kruis reeds verdien).  Ons kan probeer om goeie werke te doen vir ewig maar dit sal nooit die kere uitwis wat ons God se wet gebreek het nie, of ons vervalle, geestelik dooie harte verander nie. Bekering is ‘n verandering in jou siening van sonde en van God. As ons agterkom ons sonde is primêr teenoor God omdat Hy die Skepper en Opperheerser is en alle sonde is rebellie teen Sy gesag. Hy besit alles en weet wat die doel van alles is. Dit is soos as iemand in ‘n fabriek begin werk. Sy baas wys hom al die knoppies en masjiene en waarvoor elke ding gemaak is en hoe dit werk. Toe die baas uitloop doen die man net wat hy wil want hy het nie eens geluister toe die baas vir hom verduidelik het nie. Die aand toe die baas terugkom staan al die masjiene en daar is groot skade omdat hy na willekeur knoppies gedruk het en die hele sisteem deurmekaar gemaak het. Wat sal jy doen met so ‘n werker wat nie luister en gehoorsaam nie?

‘n Droefheid ontspring in die hart van die mens wat besef wat sy sonde gedoen het en dat dit sy verhouding met God beskadig het. Jes. 59:1,2 – die sonde bring skeiding tussen ons en God. Vir iemand wat beroulik tot bekering kom is die sonde nie langer ‘n kleinigheid nie. Die Bybel praat van goddelike droefheid wat beteken die soort smart oor jou misdade wat bekering tot gevolg het. ‘n Persoon met wêreldse hartseer mag jammer wees dat hy gestraf gaan word, of dat hy uitgevang is of oor die gevolge van sy sonde, ens. Op sigself is hierdie nie die regte motiewe om ‘n Christen te wil word nie en sal ook nie lei tot vergifnis en die ewige lewe nie. As jy verneder (platgeslaan) is oor jou sonde, sal God nie jou uitroep om genade verwerp nie! Om Jesus te ontvang sonder bekering is soos om te probeer treinry met ‘n halwe kaartjie.

Dit is moontlik dat iemand hierdie boekie lees en dink dat daar ‘n sonde is wat te moeilik is om op te gee. Dink hieraan! Daar was ‘n skip wat gesink het. As gevolg van ‘n tekort aan reddings bootjies, het baie in die wrede golwe omgekom. Een man het na ‘n reeds vol reddingsboot toe geswem. Hulle het na hom geskree om weg te bly, aangesien die bootjie nie nog mense kon akkommodeer nie. Hy het geweier om verby te hou. Hy het by die boot uitgekom en sy een hand op die rant gesit. ‘n Man het ‘n byl gevat en sy hand afgekap! Toe gryp hy na die kant met sy ander hand en hulle het die ook afgekap. In desperaatheid het hy homself vorentoe gewerp en die kant van die boot met sy tande vasgebyt. Hierdie keer het die matrose hom op die boot opgetrek. As die Oordeelsdag aanbreek sal ons besef dat niks die moeite werd is om Jesus voor te mis nie. Hy is die enigste reddingssboot vir ons siele. Hy is dit werd dat ons alles vir Hom sal opgee.

Sommige is nie bereid om ‘n lewe van sonde prys te gee nie. Ander is nie gewillig om hulle ‘goeie’ lewe te los  en te erken dat dit hulle nie werklik goed maak nie. Paulus het ‘n goeie lewe geleef voor sy bekering, maar nadat hy die goeie dinge opgenoem het wat hy gedoen het, het hy gesê, “….ek beskou dit alles as drek om Christus Jesus as wins te verkry” Fil.3:8.  Tot ons na Jesus kom met niks anders as ons sonde nie (nie te vertrou op ons goeie werke of ons wonderlike ‘geestelike’ ervarings nie), kan God ons nie red nie. Onthou; geen mens kan in sy eie krag tot bekering kom nie. Die Bybel sê dat geen mens God soek nie.

As jy begin om goddelike droefheid oor jou sonde te ervaar en verlang na vergifnis, weet dan dat God besig is om in jou hart te werk. Vra Hom om jou werklik te verneder en jou siek en sat te maak om ‘n dooie sondaar te wees. Vra Hom om jou te laat besef hoe afskuwelik jou sonde is en jou ware berou te skenk. “…Ek het jou lief gehad met ‘n ewige liefde: daarom het Ek jou met goedertierenheid getrek.” As jy klein en laag voor die Here is met jou hele wese, weet dan dat God jou getrek het omdat Hy jou liefhet.  Dit behoort ‘n yslike straal van hoop vir enige sondaar te wees wat dink dat hy nie vergeef kan word nie.

B)    JY KAN VERGEWE WORD:

Die rede waarom God jou bekering sal aanvaar is omdat Jesus vir jou gesterf het! Dit moet jou versoek wees! “…soos God ook om Christus ontwil  julle vergewe het.” (Ef. 4:32) “want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie; dit is die gawe van God.” (Ef.2:8)

Genade is om nie te ontvang wat jy verdien nie (I.e. God stuur jou nie hel toe nie). Barmhartigheid is om te ontvang wat ons nie verdien nie (i.e. God gee ons Jesus en maak ons Sy kinders met alles in Jesus wat ons nooit sal kan verdien nie). Om te illustreer hoe ‘n sondaar wat nederig en berouvol is kan vergewe word, lees die volgende: In die 1800’s was daar ‘n man (Charles Sprugeon) wat die las ervaar het om sy sondes vergewe te kry. Vir 9 jaar het hy probeer om God se vergifnis te verdien deur God se wet te gehoorsaam so goed soos hy kon, maar hy was nooit seker van sy redding nie. Inderwaarheid was hy  misrabel. Eendag gaan hy toe na ‘n byeenkoms in ‘n gebou waar ‘n leke-prediker ‘n boodskap gebring het. Hy het gepreek oor die teks “Kyk na My al die eindes van die aarde en word gered.” Die prediker het na die man gekyk wat kom luister het en gesê, “Jongman, jy lyk misrabel (oor jou sonde).” Die prediker het voortgegaan en gesê, “Hierdie teks sê kyk!! Kyk na wie? – Jesus! – Jy hoef nie slim te wees om te kan kyk nie. Enigeen kan kyk. Selfs ‘n ongeleerde mens kan kyk. Kyk, kyk en word gered.” Op daardie oomblik tref dit die jongman, “Enigiemand kan kyk.” In ‘n oogwink het hy tot die Here Jesus gekyk, en iets wonderliks het gebeur. Iets wat 9 jaar se wetsonderhouding nooit kon doen nie. Hy is gered; hy was vergewe; hy was lewend gemaak. Hy het ‘n groot prediker geword wat aan ander verkondig dat Jesus alles gedoen het. Al wat berouvolle sondaars (mense siek en spyt oor hulle sondes) hoef te doen is om Jesus te aanskou en gered te word! Net soos wat jy jouself nie fisies kan optel nie so kan jy jouself geestelik ook nie optel nie, jy moet net gewillig wees om van jou sondes verlos te word en Jesus se volgeling te word en Hy sal dit doen. Hy buig af, trek jou uit die moeras van sonde en die wêreld, was jou skoon met Sy kosbare bloed, plaas jou voete op die standvastige Rots Ps.40

Slegs God kan red! Dit is so eenvoudig, maar elke woord is waar. God kan nie lieg nie. Hy het die waarheid gepraat toe Hy beloof het om Sy Seun Jesus te stuur om in ons plek te sterf sodat berouvolle sondaars deur die geloof gered kan word. Deur die geloof vergeef God ons wanneer ons Jesus in ons lewens in ontvang.

Die tweede ding wat moet gebeur vir ons om gered te word van God se Oordeel, is om  Jesus aan te neem as ons Verlosser en Koning. Jesus is ons geskenk van die ewige lewe, Joh. 14:6 “Ek (Jesus) is die Weg, die Waarheid en die Lewe, niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.”; 1 Joh. 5:12 “Hy wat die Seun het, het die lewe, wie die Seun van God nie het nie het nie die lewe nie.” As ons Jesus het word ons onmiddelik vergewe van al ons sondes en word ons die “krag gegee om kinders van God te word”. Joh.1:12. Sommige mense ontvang Jesus wanneer hulle na God kyk in geloof om hulle te vergewe, ander wanneer hulle bid en vra om deur Hom vergewe te word en Jesus innooi in hulle lewens in.

In die Bybel lees ons nooit dat God hardloop nie, behalwe as ons lees waar Hy gehardloop het om die berouvolle verlore seun te omhels en te soen wat na Hom gekom het vir vergifnis. Hierdie is ‘n ware verhaal in die Bybel. Jy kan dit lees in Lukas 15:11-24.

Die kruis bewys God se liefde vir ons. Wanneer ons Jesus in ons lewens ontvang, maak Hy ons geestelik lewend. (Ons was dood in ons sonde.) Ons word “Sy maaksel geskape in Christus Jesus tot goeie werke.” Efes. 2:10 Jesus is ons vergifnis, ons nuwe natuur, ons geregtigheid, ons waarborg van die ewige lewe. 1 Kor.1:30. God wil vir ons Jesus gee, en daarom, as ons vra, is ons gevoelens nie belangrik nie. Gevoelens verander, God nooit. As ‘n seun vir sy pa vra vir brood en dan weghardloop en skree, “Ek het geen wonderlike gevoel ervaar nie, daarom glo ek nie dat my pa vir my brood wil gee nie,” –sal hy ‘n dwaas wees! Hy wat Sy Seun gegee het om vir jou te sterf sal nooit vir jou jok nie! Ontvang Jesus net eenvoudig in jou lewe in. Christenskap is nie bloot ‘n godsdiens nie. Dit is ‘n Persoon, Jesus Christus. Jesus het vir godsdienstige mense gesê, “julle deursoek die Skrifte (die Bybel) omdat julle meen dat julle daarin die ewige lewe het, maar julle wil nie na My toe kom dat julle die lewe mag verkry nie.” Joh.5:39 Ons kan tot Christus nader in die gebed om Geestelik lewend gemaak te word.

Pandita Ramabai, die vernaamde Christen leier van Indië het gesê dat sy die godsdiens van haar land (Hinduisme) reg deur haar kinderjare tot en met sy getroud was gevolg het; maar dat dit haar nooit tevrede gestel nie. Eendag het sy gehoor van die Christelike geloof, en sy het gesê, “Dit is wat ek wil hê. Christenskap sal die verlange van my hart versadig. Ek sal die Christelike geloof omhels.” Sy het die ernstige fout gemaak om Hinduisme met Christendom as ‘n godsdiens te verruil. Sy is gedoop en later aangeneem. Sy het Engeland toe gegaan en het daar ‘n kerk bygewoon vir agt jaar. Sy het ‘n voorbeeldige Christelike lewe gelei. Sy het dit alles gedoen maar was steeds geestelik dood en verlore! Dit is haar getuienis in haar eie woorde: “Ek het die Christelike godsdiens gevind, maar het nie die Christus van die geloof gevind nie.” Vir agt jaar het sy wel Christenskap as ‘n godsdiens omhels (baie goeie dade en Christelike reëls en rituele), maar het nooit Jesus Christus aangeneem nie. Dit alles het verander die oomblik toe Jesus haar lewe binnekom! Eendag het sy na ‘n boodskap oor die wedergeboorte geluister(i.e. ‘n boodskap wat jou vertel hoe jy lewend gemaak kan word wanneer Jesus in jou kom woning maak). Nog nooit voorheen is sy vertel dat sy van bo gebore moes word nie Joh.3:3. Sy het onder oortuiging gekom en daar en dan Jesus Christus aangeneem as haar persoonlike Verlosser, en so oorgekom van die dood na die lewe.

Wanneer ons in diepe ootmoed oor ons sonde buig voor God, staan Jesus by die deur van ons harte, wagtend vir ons om oop te maak  sodat Hy kan inkom. Hy is gereed, gewillig en instaat om ons te vergewe en ons kinders van God te maak. 1 Joh.3:1 verklaar: “Kyk watter liefde die Vader gehad het dat ons kinders van God genoem mag word…” Ons word nie God se kinders elke aand opnuut wanneer ons bid nie. Daar is ‘n moment waar ons oorgekom het van geestelike dood tot geestelike lewe. Jy verander nie geleidelik van ‘n sondaar na ‘n kind van God nie, net soos daar ook ‘n tydstip is toe ons fisies gebore geword het. Jy word gebore in ‘n familie met ouers. Jou ouers sal jou pakslae gee as jy stout is maar jy is nog steeds hulle kind. Omdat jy vir jou ouers respek het en hulle liefhet wil jy hulle gehoorsaam en dat hulle op jou sal glimlag en nie frons nie. Jy ken hulle stemme en hulle leer jou. So ook met God, die wedergeboorte is die begin in God se familie, jy ken Sy stem en omdat Hy so ongelooflik Almagtig is en ook Wonderbaar, wil jy na Hom luister en doen wat Hom behaag. Mense wat nie respek het vir God om Hom te gehoorsaam nie, het nie die regte god beet nie, ‘n klein afgodjie van hul eie verbeelding miskien, maar die ware God het gesag, Hy spreek en dinge gebeur, dis onmoontlik om Hom te ken sonder om Hom tegelyk te bemin en ontsag vir Hom te hê. As jou geestelike oë oopgaan en jy Hom ‘sien’ sal jy nooit ophou om Hom te bewonder en soos Hy te wil wees nie, net sooswat ‘n klein seuntjie se pa sy held is en hy soos sy pa wil wees, net nog baie meer! Die feit dat ‘Christene’ nie soos die Here wil wees nie en Hy nie hulle held is nie is ‘n bewys dat hulle Hom nog nooit werklik gesien het nie, hulle is nog geestelik blind, hulle geestelike oë het nog nie oopgegaan nie.  

Jy is nie outomaties ‘n Christen as jy in ‘n Christenhuis gebore is, gedoop is of kerk toe gaan nie. Dit is nie iets wat jy as ‘n bonus ontvang wanneer ‘n wonderwerk gebeur het nie (soos bv. genesing of antwoord op gebed (die Here het selfs die demone se gebed beantwoord om hulle toe te laat om in die varke te mag invaar!) Al hierdie dinge mag met jou gebeur en jy kan nog steeds verlore wees, morsdood in jou sonde). Die ware wonderwerk gebeur wanneer Jesus in ‘n berouvolle, bekeerde sondaar se lewe binnekom. Die bewys sal wees ‘n veranderde lewe. Daar sal vrug wees. Die Bybel sal skielik vir jou baie meer sin maak sooswat God dit vir jou openbaar. Jy sal liefde vir God ondervind in jou hart wat jy nie voorheen gehad het nie, liefde wat gehoorsaam. Wanneer Jesus inkom, doen Hy ‘n wonderwerk. Daarom moet ons alles as drek beskou dat ons Jesus Christus mag wen/verkry.

MY EIE GETUIENIS (HOE DIT MET MY GEBEUR HET!):

Ek het altyd my Bybel gelees, maar het nie die God van die Bybel geken nie. Ek het van Jesus gelees en gesing, maar het Hom nooit ontmoet nie. Ek het baie ywerig geword en baie vir God gedoen, maar was nog steeds geestelik dood. Ek het selfs Bybelskool toe gegaan en probeer om ‘n nederige ywerige student vir God te wees. As ‘n jongmens het ek verskeie kere gebid en Jesus Christus in my hart ingenooi, maar min het binnekant gebeur. Die probleem was dat ek nie werklik berou gehad het oor my sonde nie, ek was net bang vir die hel. Omtrent 7jaar gelede het God se Heilige Gees my gewys dat ek nie baie goed is nie. Ek het gekniel, my bekeer van my sondes in ‘n klein kamertjie in Kaapstad. Vir die eerste maal het ek werklik geweet dat ek ‘n sondaar was wat die hel verdien. Ek was bereid om alles prys te gee vir ‘n werklike verhouding met God. Ek het Jesus gevra om in my te kom woning maak en my hele hart te reinig met Sy bloed. Ek het nie die perfekte woorde gesê nie, maar dit het nie saak gemaak nie! In ‘n oomblik was ek ‘n nuwe mens. God het my innerlike natuur verander, en ek het geweet my sondes is so ver verwyder soos die Ooste van die Weste. Ek was skielik lief vir God en wou Hom gehoorsaam, en geleidelik het die Bybel begin sin maak sooswat God dit vir my openbaar het. God het my geheel en al verander – Hallelujah! Voorheen het ek vir God gewerk, maar nou leef Jesus deur my! Ek is nie langer meer net godsdienstig nie, maar lewend! Die lewe was nie maklik nie. Mense het my gespot, en die duiwel het my versoek. Ek het nie altyd geld byderhand gehad nie; ek het soms gefouteer, maar ek het Jesus, en in Hom, die ewige lewe! Saam met Paulus kan ek sê ek “skaam my nie vir die evangelie van Christus nie; want dit is die krag van God tot redding vir elkeen wat glo…” Rom.1:16. ‘n Kragtige werk is in my gedoen toe Jesus ingekom het. Ek was vry! Hy het elke sonde verskoon. Hy het my getransformeer en nou het ek Hom lief meer as my vader of moeder of enigiemand anders in die wêreld. “Daarom, as iemand in Christus is is hy ‘n nuwe skepsel, die ou dinge het verby gegaan, kyk, dit het alles nuut geword” 2 Kor. 5:17

Vierdens:  Wat gaan gebeur as jy nie God se Boodskep gehoorsaam nie?

Baie mense dink hierdie boodskap is nie belangrik nie. Hulle dink of dat hulle hul later daaroor kan bekommer, of dit traak hulle net eenvoudig nie. Onthou, die dood is soos ‘n vis wat in ‘n net gevang is. Die vis was doodluiters, en het lekker vrylik geswem heeldag lank. Skielik is hy omsluit deur ‘n net. Toe is alles verby. Jy weet nie wanneer die dood jou sal vang nie. O, sondaar, ek smeek u – Maak gereed om u God te ontmoet! Die evangelie is nie ‘n opsie nie. Dit moet gehoorsaam word!

Die volgende Bybelstekste is die aaklige eindbestemming van diegene wat sonder Jesus sterf, hulle wat nie ag gegee het op God se verlossings boodskap nie:

1Petrus 4:17 “…wat sal die einde wees van die wat aan die evanglie van God ongehoorsaam is?” Openbaring 20 draai geen doekies om oor wat die ongereddes te wagte sal wees in die ewigheid nie. Alle sondaars sal voor God staan en hoor of hulle name in die boek van die lewe opgeteken is of nie.  Slegs hulle wat hulle gelowig bekeer het op grond van die volbragte werk wat Jesus vir hulle voorsien het aan die kruis en opstanding, sal daardie dag veilig wees. Dit is diegene wat Sy stem ken en na Hom luister Joh 10:3 “…en die skape luister na Sy stem; en Hy roep Sy eie skape by hulle naam… vs4 en wanneer Hy Sy eie skape lei, loop Hy voor hulle uit; en die skape volg Hom, omdat hulle Sy stem ken.”

Openb.20:11,12,15 “En ek het ‘n groot wit troon gesien en Hom wat daarop sit, voor wie se aangesig die aarde en die hemel weggevlug het; en daar is geen plek vir hulle gevind nie. En ek het die dode, klein en groot voor God sien staan, en die boeke is geopen: en ‘n ander boek, die boek van die lewe is geopen. En die dode is geoordeel na wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke. En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp.”

Op daardie verskriklike dag sal baie wat gedink het dat hulle Christene is, agterkom dat hulle God nooit geken het nie, soos wat die volgende Bybelverse bewys:

Mat.7:22-23 “ Baie sal in daardie dag vir My sê, Here, Here, het ons nie in U Naam geprofeteer nie? en in U Naam duiwels uitgedryf nie? en in U Naam wonderlike werke gedoen nie? Dan sal Ek vir hulle sê: Ek ken julle nie, gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk”

O sondaar, vergeet van jou goeie werke, jou gesing in die kerk, die wonderwerke wat jou geestelik laat voel. As jou liggaam ‘n wonderbaarlike genesing ondergaan of ‘n emosionele ervaring, beteken dit nie dat jou sondes vergewe en weggewas is nie. Selfs nie as jy demone uitdryf in Jesus se Naam bewys dit dat jy vergifnis ontvang het nie. Jy moet jou bekeer en Jesus anneem. Daar moet vrug wees. Het jy Hom lief?  Jy kan soos die Fariseers baie ‘geestelik’ optree, maar Jesus het hulle skynheilig genoem. Die Griekse woord is hupokrites, Engels: hypocrites, dit beteken akteurs. Jy kan ‘n goeie Christen akteur wees en baie mense kan dink jy is baie geestelik, maar die Here ken jou hart, Hy weet of jy werklik in ‘n persoonlike verhouding met Hom staan. Jy mag dalk dink jy ken Jesus terwyl jy ‘n ‘ander’ Jesus dien.

Kurt Koch vertel in sy boek ‘Christian Counscelling and Occultism’ van ‘n meisie wat by ‘n sekere kerk was. Sy het gereeld ‘profesië’ oor die mense uitgespreek wat sy van die ‘Verlosser’ gekry het. Sy het visioene gekry en die hele kerk het na haar raad geluister en was oortuig dat sy ‘n besonderse verhouging met die Here het. Die dag toe sy gesterf het was haar buurvrou by haar. Sy was opgewonde om te sterf. Haar buurvrou vertel dat toe die oomblik aanbreek dat sy die tydelike met die ewige verwissel, het sy met stralende gesig gesê, “O, hier kom hy, hy het my kom haal!”  Toe skielik het haar gesig vertrek en verwronge geraak van afsku en vrees, en sy het angswekkend gegil en geskreeu, “Nee, nee dit kan nie wees nie, gaan weg, los my, los my” en so het sy gesterf. Sy het al die tyd ‘n leungees aanbid wat hom voorgedoen het as ‘n ‘engel van die lig’ 2 Kor. 11:14. Ons moet onthou dat die satan ‘n meester misleier is en hy sal die Jesus wees wat jy graag wil hê as jy nie die ware Jesus wil volg nie. Jesus sê, “as julle in My glo s00s die Skrif sê…” Joh. 7:38. Om Jesus te volg moet jy jouself verloën, elke dag jou kruis opneem en Hom volg. Luk.9:23 Jy moet sterf aan die eie-ek en die nou pad loop, dis nie ‘n gewilde pad nie. Jy moet die ‘koste bereken’ of jy bereid is om hierdie pad te loop. Luk.14:28

As jy Jesus liefhet sal jy Hom wil eer en jou lewe volgens Sy wil inrig. Die liefde volg nie mense of soek ervarings nie. Die liefde volg Jesus en gehoorsaam Sy gebooie gegee in die Nuwe Testament! Die Bybel verklaar: “Hy wat sê: Ek ken Hom, en Sy gebooie nie bewaar nie, is ‘n leuenaar en die waarheid is nie in hom nie.” 1 Joh.2:4 ‘bewaar’ beteken koester en onderhou. Dit beteken dat jy jou lewe volgens Jesus Christus se gebooie beplan. Ons hoef nie al die Ou Testamentiese wette te onderhou nie, (offerhandes, fisiese reinigingswette, talle spesiale dae en feeste), maar ons moet alles doen wat Jesus ons beveel in die Nuwe Testament. Ons is volgelinge van Jesus, omdat ons Hom liefhet, en ons kan Hom slegs liefhê wanneer Hy ingekom het en ons lewens verander het.

Vyfdens: Wat het daardie mense wat aan die evangelie gehoorsaam was deur hul te bekeer en Jesus te ontvang?

As ons in eenvoudige geloof die Evangelie ontvang het, het ons Jesus! “Hy wat die Seun het het die lewe; en hy wat die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie” 1 Joh. 5:12. Jesus is ons vergifnis van sondes; Hy is ons ewige lewe! Sonder Hom kan ons niks doen nie, sien Joh. 15:5, nogtans, deur Hom kan ons groei met veelvuldige spronge en ‘n seëvierende Christelike lewe leef. Jesus het gesê, “Hy wat in My glo soos die Skrif sê, uit sy binneste sal strome van lewende water vloei.” Joh 7:38. Hy sal ons versterk om deur versoekings te gaan; Hy sal ons nooit verlaat nie! In Hom kan ons met vrymoedigheid die troon van God nader om gemeenskap met God te hou – ongeag gevoelens. Jesus het toegelaat dat Sy dissipel met sy kop op Sy bors lê. Hy begeer ‘n spesiale verhouding met Sy kinders. Waarlik, Hy is Immanuel, God met ons! Ons moet besef dat ons voortdurend met Hom kan praat of ons Sy teenwoordigheid voel of nie, Hy is daar! Dit is die geheim van ‘n lewe deurding met gebed.

Wat moet JY DOEN nadat jy Jesus aangeneem het?

As jy in eerlike berou en bekering Jesus aangeneem het, wil ek graag vir jou ‘n paar praktiese riglyne gee wat jou kan help:

A)    Vertrou God om jou te vergewe vir afsonderlike mislukkings onmiddelik. Hoewel niemand die reg het om te sondig nie, as jy fouteer as ‘n Christen, moet jy dit bely (DEUR TE BID) en God vertrou om jou te vergewe. – NB Jesus is naby om jou te help as jy struikel, i.e. “My kindertjies, hierdie dinge skryf ek vir julle dat julle nie moet sondig nie. maar as iemand sondig, ons het ‘n voorspraak by die Vader (‘n persoon byderhand om te help in tye van nood), Jesus Christus die regverdige.” 1Joh.2:1. Moenie jouself kruisig as jy faal nie! Moenie opgee nie, staan op!

B)    Om te groei na Sy beeld moet jy jou Bybel lees, bid en lofprys. Jy moet jouself dissiplineer en ‘n tyd vind om alleen met God te spandeer (bekend as jou daaglikse stiltetyd). S.L. Bengle het eenmaal met ‘n paar jong Christene gepraat oor die Bybel. Hy het gesê, “Sommige van hulle het die inspirasie gevang, en het met Bybels in hulle sakke rondgeloop en elke aftydjie deurgebring in lees en gebed, en ons kon hulle letterlik sien groei, tot hulle kragtige getuies vir God geword het, en sommige van hulle is geestelike reuse tot vandag toe.”

Passop vir musiek met ‘n wêreldse ritme, aangesien dit ‘n werktuig is van Satan om jou geestelik te beskadig!! Sien www.prayerclub.net en laai af: “How Music affects Christians” Mp3 boodskap deur Roy Daniel.

C) Doen iets vir verlore siele: bid vir hulle redding; deel afskrifte van hierdie boekie uit; praat met hulle in liefde. Moenie jou laat afsit deur verwerping of vervolging nie, Jesus was dikwels verwerp. Onthou, moed is nie die afwesigheid van vrees nie. Dit is natuurlik om senuweeagtig te wees voordat jy met ander oor Jesus praat, maar ons kan dit oorkom deur Jesus. Groet net vriendelik en begin om oor alledaagse dinge te praat, en dan bring jy die gesprek oor na geestelike dinge en kom uit by Jesus en ware redding.

Voorbeelde hoe om ‘n geestelike gesprek te begin:

Vra: Het jy al ooit gedink oor wat met jou gebeur nadat jy sterf? Of  Wat dink jy van geestelike dinge? 2. Glo jy in Evolusie of in ‘Intelligent Design’ (Skepping)? Vra dan: dink jy nie as so ‘n intelligente Persoon alles gemaak het dat dit belangrik sou wees om uit te vind wat Hy dink nie? As Hy alles gemaak het weet Hy tog seker vir watter doel Hy dit gemaak het en hoe dit werk. 3. Vra: “Behoort jy aan ‘n kerk?” as die persoon ja sê, vra: “wat leer julle kerk oor redding?” As hy ‘verkeerd’ antwoord kan jy hom dan net reghelp en as hy reg antwoord vra jy net of hy al ‘n persoonlike verhouding met Jesus het. As hy ja antwoord kan jy hom vra om jou sy getuienis van redding vir jou te vertel ens. Moet ook nie daar stop nie, as die persoon ‘n getuienis het vra dan: “Waar staan jy op die oomblik in jou geestelike lewe, is jy aan die brand of het jy weer afgekoel, …waarom? kan ek saam met jou bid dat jy weer op die pad kan kom?” Ens. so kan jy ook afgedwaaldes bemoedig en ophelp die wat gestruikel het.

C)    Onthou die duiwel haat Jesus en vir jou! Hy sal jou vertel dat dinge sonde is wanneer dit nie is nie, bv. hy mag jou vertel dat dit verkeerd is om te lag of ‘n koeldrank te koop of dat jy ‘n miljoen reëls moet nakom! Aan die anderkant mag hy jou vertel dat sonde aanvaarbaar is! Of dat jy dinge mag doen wat jou geestelik gaan seermaak, bv. gaan dans of nagclubs besoek, jok, pornografie, Rock-musiek luister (wat sataniste gebruik) of ‘n vriendskap aangaan met ‘n wêrelds gesinde persoon wie se maniere jou gaan beinvloed (Rom. 12:1,2). Ons moet oppas vir beide uiterstes.

Die duiwel mag ook probeer om jou te laat dink dat geloof en gevoelens dieselfde ding is, en dat God nie daar is wanneer jy ‘af’ voel en ‘n stryd het nie! Jy moet jou geloof koppel aan God se Woord, NIE aan jou gevoelens nie. Onthou die duiwel kan ook vir jou lekker gevoelens gee, selfs die Hindus in Indië kry lekker gevoelens wat deur hul liggame stroom as die gurus aan hulle raak, dit is baie gevaarlik om heeltyd lekker te wil voel.

Laat Jesus toe om daagliks Sy lewe deur jou te lewe. Gal.2:20 Gehoorsaam Christus se gebooie in die Nuwe Testament sooswat jy dit biddend deurlees (nieteenstaande wat mense mag sê wat jou teenstaan)! Onthou, Jesus kom gou, en ons moet vir daardie oomblik lewe, ‘n skynende lig wees vir Hom! Wees versigtig vir hoogmoed en streef om geklee te wees in nederigheid in Christus en vir Christus Jesus! Word altyd bemoedig deur die feit dat “Hy wat ‘n goeie werk in julle begin het dit sal voleindig in die dag van Jesus Christus.”

Mag God Homself verheerlik deur hierdie boekie.

Vir enige vrae aangaande jou geestelike lewe of hierdie boekie, kontak Roy Daniel  by:

PO Box 50207 Waterfront CT 8002

Of email ons by: pclubmembers@gmail.com

0823020892

DIE PERSOON WAT JOU HIERDIE BOEKIE GEGEE HET IS

NAAM………………………………………………………………………………

FOON/SEL………………………………………………………………………

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00