HUWELIK VAN ARNE EN MARIANA LUUS: EFE.5:22-33

INLEIDING:

Bring die vergelyking van die Joodse huwelik en die troue in.

Die vrou se status bou op tot ‘n verbintenis waarin haar status geheel en al verander: Sy was eens mej. en word nou mev. Hierdeur word daar ‘n verbintenis verandering verklaar. Sy staan nou aan die sy van haar geliefde en deel nou alles in gemeen met hom.

Selfs haar posisie het verander: Sy het eens as individu alleen ge-staan maar staan nou onder die beskerming en identifisering van haar man. Hy is nou nie meer haar vriend en suster in die Here Jesus alleen nie, maar ook beskermheer en haar geborgenheid. Wanneer sy in moeilikheid sou kom, is dit sy voorreg om haar te omvou, wan-neer sy deur beproewinge gaan is dit sy voorreg om haar by te staan en selfs te troos. Die kind van die Here se status het ook geheel verander. Ons was eens heiden maar ons name het verander tot Christen.

HOE WERK DIE JOODSE HUWELIK:

By die Joodse huwelik is deel van die huweliks ooreenkoms dat die beste vriend van die bruid vir deel ’n tydperk van om en by ‘n jaar, wat deel is van die die voorbereidings tydperk sy beste vriend by die bruid agterbly om haar in die fynste detail in te lig waarvan haar aanstaande bruid van hou.

By die Joodse huwelik gaan die seun na die bekende vergaderplekke waar jong meisies bymekaar kom gewoonlik by die markplekke en sy saam met ander loop in die mark rond en hy sien haar en maak met haar oogkontak. Die Here Jesus het jou en my raakgesien en het ons in gedagte toe Hy aan die kruis gesterf het.

Sy weet wat dit beteken dat sy uitgekies is en dat sy nou enige tyd die volgende stap kan verwag. Hy gaan terug na sy pappie en vertel hom hoe lief hy is vir haar, dat hy graag sy lewe met haar wil deel en dat sy pappie met haar pappie ‘n afspraak moet reel. Ons Heiliand het terug gegaan na die Vader en Sy toekoms bruid voor die voete van die vader neergelê deels in Sy hoe priesterlike gebed.

Dan word die afspraak gereel en hy en sy pappie kom na haar huis en slyuit die MOHAD: dit is ‘n ooreenkoms: Hy bring skatte of geskenke saam, ‘n kontrak en ‘n vat druiwesap. Dit is alles simbolies wat met jou en my gebeur wanneer ons gered raak. Ons ontvang die grooste skat wat daar kan wees, die ewige lewe en daarmee saam vele ander skatte dit is die beloftes van die Here.

Ons ontvang die huweliks ooreenkoms waarin daar sekere dinge genoem word. Ons het die verantwoordelikheid om binne hierdie oreenkoms te leef. Daar word dan druiwesap gedrink as die simbo-liese instelling van die nagmaal maar meer nog die betekenis dat Hy nou Sy bloed vir jou en my gestort het.

Behandel nou die kaart.

Nou beweeg hy weg en gaan na sy ouerhuis en berei die huis hy gaan nou die huis vir haar bou. Sy eer moet haar bruilofskleed gaan regkry en die man se beste vriend gaan saam met haar om  haar in die fynste detail alles te vertel waarvan hy hou en nie. Dit is die beeld van die Heilige Gees wat as trooster agter gebly het om ons alles te leer wat ons moet weet.

Terwyl hy wegbly moet sy elke oomblik gereed leef wat die Joodse huwelik is baie romanties. Om en by ‘n aar gaan verby voordat sy iets van hom hoor. Dan op die tyd wat die pappie dink dat die huis gereed is gee hy aan sy seun die teken om te gaan en sy bruidjie te gaan steel.

Dit is die beeld van die wegraping, wanneer hy sy kerk gaan kom wegsteel. Nou bring hy ‘n klompie jongmanne saam met hom en hulle roep vooruit Daar kom die bruidegom, daar kom die bruide-gom.    

Dan moet sy absoluut gereed wees, en dan kom hy na haar kamer van buite en sy kom uit saam met haar diensmeisies. Sy het haar rein bruidskleed aan en is ordentlik geklee. Sy word voor die bruidegom gebring en die man se pappie gaan nou die huwelik bevestig. Die man se pappie is die beeld van die Vader voor wie ons gebring gaan word.  

Dan virn die bruilofsfees plaas vir om en by ‘n week is die twee opgesluit in die huis soos die kerk saam met die Here Jesus vir die week van vedukking opgesluit word vir die verdrukking. Onthou julle Jakob en Rebekka.  Dan kom hulle uit en is nou in ‘n heel nuwe bedeling. Geestelik is nou vir ewig in die hemel maar aarde is die vour nou aan haar man verbind. SY is nie meer mej. nie maar mev. Ons status het ook in die Here Jesus geheel verander 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00