HERLEWINGS VUUR:

HERLEEF ONS WEER, VERVUL ELKE HART MET U LIEFDE.

MAG ELKE SIEL MET VUUR VAN BO BEGEESTERD WEES

Daar is verskillende tekste in die Bybel wat na hierdie vuur verwys. Van hulle is:

Ex.24:17;  Jes.10:17; 30:27; Jer.5:14; 23:29; Mal.3:2; Matt.3:2; 3:11; Luk.12:49; Hebr.1:7; Hand.2:3.

Begeestering is die materiaal wat nodig is om vuur te maak.

Die menslike hart is die oond, wat geestelike waarhede die petrol; gebed wat die vuurhoutjie is, en die Heilige gees is die vuur wat feite illustreer en insidente kan omskep en die Christen ‘n werker of ‘n bouer in die koninkryk van God maak. Die Here Jesus met die Vader is die intreders en direkteure.

Die siel vandie mens in sy sondige staat is in ‘n slegte posisie. Hulle is ontwerp om tempels te wees veel kosbaarder as die van Salomo, waarin die Here self wil woon. Die mens het deur sonde die duiwel toegelaat, en het die vuur geblus, en die lig verdoof, en maak dit vir die mens wat die duisternis liefhet ‘n plek van duisternis en ver-vreemding.

‘n Goddelike wet vereis dat al sulke beskadigde strukture  vernietig moet word en dat liefde die plek daarvan sal inneem. Om die siel te herstel tot ‘n staat heerliker as wat dit ooit geken het.

Die Seun van God het dit vir ons moontlik gemaak en agente beskikbaar gestel om dit moontlik te maak. Hyself het dit moontlik gemaak toe Hy Goddelike energioe beskikbaar gestel het.

Hy het verklaar dat Hy vuur na die aarde sal stuur, SY Woord is soos vuur, en Sy passie is om hierdie vuur van heilige liefde in die harte uit te stort, wat alle dros van sonde sal uitblus, en maak elke siel se tempel om die die Goddelike plan van die Here in te skakel.

Om dit te doen het Hy nie agente gestuur wat groot en magtig is nie, in die oë van mense nie, maar die wat swak en eenvoudig is, en dikwles die wat dwaas is in die oë van mense.

Dikwels is ‘n eenvoudige woord, of ‘n traan of ‘n illustrasie het meer gedoen om die vuur in ‘n koue hart aan die brand  te steek dan tonne kole van logiese argumente.

Materiele ywer is van groot hulp om ‘n vuur aan die brand te steek   

Vuur sal nie brand wanneer die vuurhoutjie getrek sal word nie, sonder een of ander sprankie van ywer nie. Die oond mag vol petrol wees, maar dit sal dood wees voordat die ywer nie benat sal word met die petrol nie.

Elke verligte verstand dra waarheid in hom, genoeg om te kan red. Elke koue siel behou genoeg waarheid om ‘n kooltjie aan die brand te steek, en alleen hierdie waarheid sal die vuur gee.

Die groot opdrag vir herlewing sal hierdie waarheid aan die brand laat steek.  Ywer, hoe belangrik kan nie vir iets anders vervang word nie.

‘n Vuur wat aan die brand gesteek word, sal oplewer, en net so vinnig verwlelk. Herlewings vuur kan nie vervang word met iets buite die Bybel nie.

Vuur moet ontvang en berei word voordat dit gebruik kan word.

Daar mag oorvloed van materiaal wees om vuur aan die brand te steek, en tog sal alles waardeloos wees, omdat dit nie voorbereid of gevul is nie. Die wêreld is vol materiaal maar die meeste van dit is nie in vorm nie, en selfs die wat voorbereid is is nie in posisie om deur die geestelike werker gebruik te word nie, daarom is dit werkloos.

Vuur moet nie net voorberei en besit word nie, maar dit moet maklik toegamnklik wees.

Baie wil gou iets opwerk met die doel dat daar oonskynlik iets moet gebeur, maar daar sal niks tot stand kom as daar nie ‘n volgehoue ywer vir die Here sal wees nie. Dit is soos ‘n prediker wat in die lug slaan, en na die sterre skiet, in sy boodskappe en persoonlike getuienisse.

Hoe dikwels moes gehore sit onder die doodsheid van boodskappe wat geen inpak het nie, bloot net omdat die prediker nie ordentlik voorberei het nie, of waar gehore te beleefd was om die volheid van die Here te benut.

Ywer moet by die vuur gebring word en in kontak met die petrol.

Op dieselfde manier moet herlewings vuur na die harte van mense gebring word, van die wat hoop om aan die brand gesteek te word.

Die oond moet deeglik voorberei word.

Die as moet verwyder word, die skoorsteen skoongemaak en die dempers oopgemaak word.

Sommige mense is soos ‘n ou oond, wat verroes, die dempers vassit, en die skoorsteen vuil is. Trots vooroordeel, ongeloof en ‘n onvergewings gesindheid laat dempers toe wat die vuur verhinder.

Gewoonlik moet die eerste twee weke van ‘n besoek van die Here gewei word aan ‘n skoonmaak proses, en moet die leier van die herlewing sy geestelike besem neem, om elke poging aan te wend om herlewings vuur te stuur.

Blinde professors dring daarop aan dat sy lig aangesteek moet word, en maak ‘n kunsmatige herlewings vuur wat moet brand. Waar die kerk in duie stort, sonder om sy mense aan te spoor om skoon te maak.

As hy wys is sal hy sulke situasies teenstaan want hy sal besef dat sy arbeid in die here tevergeefs is.

Vuur wat die doel sal bereik moet aangesteek word.

Die oond, die skoorsteen en die dempers, en die ywer moet ooreen-stem met die Woord van die Here. 

Alles moet gereed wees en dan die vuur aan die brand gesteek word. Hulle kna nie van enige ander bron aan die brand gesteek word nie. Verstandelike, morele of enige iets anders kan nie die vuur van die Here aan die brand steek nie. Die bron van hierdie vuur moet Goddelik wees.

Die regte gebruik van vuur vereis wysheid:

Dit vereis wysheid wat alles sal skoonmaak en dempers verhinder om te brand, en alles oet in gereedheid gebring word, sodat die vuurhoutjie daarop toegedien kan word.

Sukses met geestelike ywer benodig meer wysheid, wysheid wat weet om soos ‘n Elia wanneer dit reg is om die vuurhoutjie aan die brand te steek, van voortdurende gebed, wat die vuur van die Heilige Gees van bo sal aansteek.

‘n Klein dogtertjie het haar eerste vuur probeer aan die brand steek deur ‘n vuurhoutjie op die bokant van die hout te plaas. Dit het so vinnig uitgegaan en sy was so teleurgesteld. Werkers wat met geestelike ywer werk en vuu rop verkerde tye toepas, is so onwys soos hierdie klein dogtertjie.

Die Christen werker wat die vuur nie aan die brand kan steek nie, is nie in plek vir herlewing nie, net soos ‘n baba wat vir die slagveld opgeroep sou word.

Ons het Pinkster bo vertrek ondervindinge nodig, en verwagting todat die vuur van die hemel ons sal besoek. Nie voordat die ander voorwaardes nagekom word nie kan die Here ons besoek nie.

HERLEWINGS VUUR:

HOOFSTUK 2

Vuur en ywer het hulle teenstalling in die werklike wêreld. Herle-wings vuur is Evangeliese waarhede wat met die teenwoordig-heid en vuur van die Here weer in harte aangeblaas word. Dit brand in die harte van almal wat dit verwelkom.

Daar is soveel ooreenkomste tussen die gewone vure en die vuur van die Heilige Gees.

VUUR BRAND NIE SONDER PETROL NIE:

‘n Vuur kan nie aan die brand gesteek word as dit nie ‘n bron het wat dit aan die brand steek nie. Die waarhede moet eers in die harte gebrand word voordat die vuur daarop toegepas kan word.

Dit mag in die huis in die Sondagskool of vanaf die kansel plaasvind, deur persoonlike lewens en deur die papier.

‘n Paar stokkies en stukkies kole is genoeg om die vuur aan die brand te steek. Baie heidene is totaal daarvan verwyder, en dikwels moet waarhede eers in hulle taal vertaal word.

Om te bid vir die redding van die wat geen kennis het nie en niks te doen om hulle vir die Here te bereik nie is dwaasheid en is om ‘n vuur te probeer bou sonder dat daar hout is.

VUUR SAL NIE BRAND TENSY DIT AAN DIE

BRAND GESTEEK WORD NIE:

Herlweings vuur sal nie begin voordat die mens nie eers sy deel doen nie, Waar daar ‘n Saul was wat die vuur aan die brand gesteek het was daar die Stefans wat die vuur brandend gehou het. Herlweings het nooit losstande van menslike pogings onstaan nie. Dit moet deur die Here aan die brand gsteek word, en is Goddelik in sy oorsprong.

Dit sal dwaas wees om die Here te vertrou om my familie van die koue te bewaar as hy weier om na die vuur te kom.

VUUR AS DIT AAN DIE BRAND GESTEEK WORD

HET ‘N TWEELEDIGE UITWERKING:

Vuur verhit binne een oomblik, en brand terselfder tyd in die volgende oomblik. In een opsig bring dit gemak, en aan die anderkant bring dit pyn voort. Die effek word bepaal deur die gesindheid waarin die persoon dit ontvang.

Met vuur wat op Annanias geval het het dit hom tot die dood gebrand, maar op Jesaja en Petrus en Paulus het dit ‘n ywer in die harte laat brand. Dit maak die sondaar bekommerd, maar vertroos die heilige. Geestelike vuur staan die hel teë, en ontvang die hemel.

VUUR IS VERNIETIGEND:

Dit vernietig die mag van sonde, en maak skoon, die duiwel alles sal probeer om die werk te vernietig. Dit sal die wysheid van bo kos om hierdie aanslag teë te staan.

VUUR IS AGGRESSIEF:

Dit versprei vinning. Net so is die vuur wat van die Here kom. Binne 50 jaar na Pinskter was Asie geskud. Binne die laaste eeu het dit met rasse skrede versprei, en laat die poorte vand ie hel skud, binne afsienbare toekoms sal elke hoek en deel van die wêreld met die vuur van die hemel geraak wees.

VUUR SKYN: GLOEI:

So werk dit in die geestelke wêreld. Dit skyn en gee wonderlike geestelike openbaringe van Goddelike waarhede.  Dit openbaar aspekte van die Here en sonde en self, wat die vreeslikheid daarvan openbaar.  Laat die vuur val moet gewysig word met die woorde: Help my om U openbaringe te kan dra.

VUUR SMELT:

Harde metaal word in die vuur van die Here gesmelt, en word sag en buigbaar. Hier sal die wil buig en die harte smelt, mense word sag vir die influistering van die Heilige Gees. Alle styfgyd verdwyn in Sy lig.

DIT REINIG:

In die vuuroond word die onegte van die egte verdeel en berei die ware goud om tot sy gestalte te kom.

En die onbruikbare maak hy bruikbaar. Dit brand die dros van sonde van die egte af, en laat die gereinigde siel bruikbaar maak, in die hande van die Here self. Dit word gesmelt om na Sy beeld gevorm te word.

DIT WORD GEKONSENTREERT:

Dit is nie ‘n digterlike gedagte nie, maar wonderlik prakties, en waar. Soos die sap van die vrug geskei moet word, moet daar by van die vrugte hitte toegepas word en moet hierdie hitte gekonsentreer word om die waarde van die vrug te kry

Trots, naywer, eie geregtigheid, moet uitgebrand word, todat een voel dat hy niks is nie, en vreeslik veragtelik voel. As ons klein word in ons eie oë word ons groot in die oë van die Here. Daar is so ‘n gevaar in te groot te raak.

Dit was die ondergang van Goliat, en was dit ook byna die ondergang van ‘n Gideon se manskappe. Vuur, as dit begin brand onder mense sal ou ondervindinge niks meer tel nie.

Eens het iemand wat gedink het dat ek so wonderlik is agter gekom dat daar maar niks in die mens is nie. Ek sal ontdek dat ek niks is nie, en Christus alles in ons is.

Ek voel totaal onwaardig om iets vir die Here te beteken.

VUUR BREI UIT:

Vuur sal waar sap uit ‘n produk gekry moet word, gekonsentreer moet word, maar waar meetaal verkry moet word, moet dit vermeerder. Dit konsentreer om die orbodige uit te kry, en verbreed om die mooi te kry. Onder die hitte van vuur, vrede, vreugde, goed-gunstigheid en al die kosbare metale van geestelike minrale is daar heerlike uitbreiding. Onder hierdie invloed het een man getuig:

Ek durf dit nie waag om nog ‘n diens by te woon nie, want ek is so vol dat ek dit nie meer kan staan nie. Dit was die uitbredende krag van vuur Goddelik wat hom vervul het.

VUUR MOEDIG GROEI AAN:

Warmte en lug is soos kinders, en onder hulle invloed word saad, en plante en blomme en vrugte tot stand gekom. Sonder dit sal alles vries.

Net so in die geestelike wêreld, sal al die plantjies wat in hitte geplant word deur die Heilige Gees ontkiem en blomme voortbring en bome wat hulle Skepper vereer, en sal gepas wees vir helderder sonskyn. Sonder dit sal alles tot ys wegkwyn, in wêrelds gesindheid, en tot dood wegsmelt en vernietig word in die koue van ‘n doodse hart.

Om na geestelike groei te soek sonder hitte van bo is net so abstrak om lemoene in die Poele te wil kweek.

VUUR IS DIE HOOFSTROOM VAN ‘N

MAGTIGE WERKING VAN DIE HERE

Sy hitte het die magtige dade tot stand gebring wat siklone tot stand bring, wat oor hierdie aarde gedryf was, met geweldige momentum.

Uit geestelike vure het die herlewings ciklone tot stand gekom, wat die aarde geskud het en die poorte van die hel laat skud het. Onthou die geskiedenis in die dae van die vroeëre kerk, onder manne soos Luther, Wesley, ens.

Hulle is die Here se reinigers wat ‘n morele atmosfeer geskep het wat die siele sieke melarias afgeweer het, en die swamme van sonde vernietig het. Mag hulle vermeerder todat hulle ‘n heilige atmosfeer van die hemel daar stel. Dit omskep alles wat goed en gemaklik was.

VUUR IS SO PLOFBAAR SOOS DENAMIET:

Onder elke invloee vandie bose is die boodskapper gestuur om denamiet te plaas om die bomskerms af te weer, deur ewige waarhede te verkondig. Soos hulle bid, word die Heilige Gees gestuur met vuur vlamme en daar sal ontploffings kom wat die doodselle van die harte tref, en demone hopeloss laat voorkom. Dit is die middelpunt van ‘n aardbewing.

VUUR IS DIE SENTER VAN AARDBEWINGS:

Dit spreek die wêreld, en vanuit sy teenwoordigheid legioene van opgestapelde gasse breek deur die aardkors, en laat berge buig en stede onder die aarde laat wegsak.

Herlewings vuur veroorsaak geestelike aardbewings van dien ooreen komstige mag. Dit verdeel wonderbaarlik.

 Herlewingsvuur skep geestelike aardbewings, aardbewings wat sal voortgaan wat die morele wêreld sal skud, todat elke false ambusie vernietig sal word.

VUUR IS DIE BRON VAN VERFRISDE REëN:

Die hitte wat dit vrystel affekteer die atmosfeer so dat dit skynende dou meebring in die more se mis. Dieselfde hitte wat die siekloon veroorsaak en die aardbewing teweeg bring, skep ook die dou in die vroeë oggend, en gee aan ons die more wolke van lofliedere wat vanuit die hart gebore word, wat die strome van seëninge gee. Dit benat die blomme en die bome, deur geregtigheid wat in die yuin van die Here bloei.

DIE RESULTATE VAN VUUR IS WONDERLIK:

Dit is die bron van weerlig en vandie reenboog. Net so is vuur van die Here mag die oorsprong van oordele wees, maar ook van vrede.

VUUR IS OOK DIE BRON VAN BEWEGING:

Dit genereer stoom, waarsonder die meeste van ons masjiene onbruik baar sal wees. Die eerste keer wat ‘n swater ‘n lokomotief gesien het het hy die vraag gevra, hoe werk hy: Hy het nie perde nie, en tog is dit tonne swaar. Dit kan nooit beweeg nie. Kort daarna het die teen volle spoed voortgesnel, toe verklaar hierdie selfde man: Dit sal nooit stop nie.

Toe hy weer ‘n trein sien het hy besluit dat hy gaan uitvind wat die beweging veroorsaak. Hy het toe uitgevind dat dit die kolekamer was, waar vuur binne gestoor word.

Die idiale engin, op die ideale spoor, wat met genoegsame kool en water voorsien word, en alles wat nodig is kan volmaak kragteloos wees en nie die einddoel bereik as daar nie vuur toegedien word nie.

Net so is liedere en gebede en getuienisse. Dit sal lagwekkend wees as die drywer die masjien sou moes stoot om aan die gang te kom. Tog doen ons soms dieselfde.

Elke Christen is toegerus met die regte engin waarin kole, en water is maar al wat kort is die vuur van die Heilige Gees om die harte weer aan die brand te steek. Laat toe dat die Here u hart weer aan die brand sal steek en u sal verbaas wees wat Hy kan doen.

VUUR VERWARM ONS HUISE:

Vuur smelt die harte van oouers en kinders, en die koudheid wat daar tussen die twee was word weggesmelt. ‘n His met al die skoonheid kan so koud wees as daar nie liefde en warmte is nie. Daarom die Here sê: Vra en aan jou sal gegee word.

BOODSKAP 3

HOOFSTUK 2

Herlewing is soos donderweer, wat soms tref en laat sterf.

Dit is soos sonlig, wat lig skyn en duisternis laat wyk.

Dit is soos ‘n hammer wat kettings verbreek en vyande verpletter. Dit is soos die weer wat almal oorweldig wat nie kon dink dat hulle iets van die Here kon ontvang nie.

Dit is soos die maan, dit maak nie saak hoeveel die honde van oposisie blaf nie, dit sal net bly voortgaan.

Dit is soos oorlog, dat daar altyd twee kante is, en dat die lyne duidelik getrek word.

Dit is soos die aarde, wat dit deur ‘n onsigbare arm omhoog gehou word.

Dit is soos die dag van oordeel, daarin dat beide oordeel en beloning daarin opgeneem sal word.

Dit is soos ‘n geveg in die orlog, daarin dat die ware en die brawe voort sal gaan, terwyl die onegte weg sal kwyn.

Dit is soos ‘n bosbrand, as dit in die wind beland sal dit geweldig vinnig begin te versprei, en sal alle dooie materiaal vernietig.

Soos alle ander seëninge is die dat alle goeie eer aan die Here alleen gebring moet word.

DIE GEES VAN HERLEWING:

Die kerk moet soos ‘n magneet wees wat die mense moet trek.

Soos ‘n oasis in die woestyn wees, is dit dat die dorstige voed, en skadu bring vir die verslane, en water gee om te drink.

Soos ‘n sterk skip, daarin dat die die storms en oseane trotseer.

Dit verlig, reinig, en skyn soos die son wanneer dit in Sy mag sal voortgaan, dit is soos hemel op aarde, daarin dat die instrumente bruikbaar vir die Here kan wees, omdat die Here in elkeen woon.

DIE KERK:

Met die doel om ‘n herlewingsvuur soos ‘n stormwind te ontketen, in tye van droogte, waar daar geen reën is nie.

Soos ‘n stoof wat nou hout moet probeer aan die brand steek.

Dit is soos ‘n leë tafel vir die een wat honger is.

Soos ‘n opgedroogde fontein vir ‘n persoon wat sterf van die dors.

Soos ‘n lighuis wat se lig uitgeblus is.

Hy wat Laserus uit die dode opgewek het is magtig om ‘n kerk soos hierdie op te wek.

DIE ABSOLUTE NOODSAAKLIKHEID VIR HERLEWING:

Sonder herlewing sal die wêreld nooit gered word nie. As daar ge-middeld 32 miljoen kinders per jaar gebore word, en daar kom net ‘n paar honderd by die Here uit sal Christenskap in ‘n kort tydjie uisterf

MOTIEWE VIR HERLEWING:

1) Die Here beveel dit.

2) Hy seën almal wat reg daaroor ingestel is.

3) Die grootste hoeveelheid mense wat in die geskiedenis gered was, 

    was in tye van herlewing.

4) Sondaars by die miljoene sak die ewigheid in sonder God en hoop

5) Sonde is ‘n gruwel vir die Here.

6) Herlewing bring vreugde in die hemel.

7) Formeles, vooroordeeldes, en die duiwel haat herlewing.

8) Geestelike mense van alle denominasies sal daarby baat.

9) Om te keer om daarin deel te hê is om koud te word, en dood, en

     selfs vir ewig verlore te gaan.

10) Om dit nie te kry is is soos ‘n bankroof om al die reserwes op te

      neem en niks vir die toekoms na te laat nie.

“Long and long the Master calleth,

Rich reward He offers thee.

Who will answer, gladly saying,

‘Here am I; send me, send me’”

DAAR MOET ‘N HERLEWING KOM:

Dit is moontlik om te leef en gelukkig te wees, sonder ‘n huis en in armoede en honger, maar as daar nie ‘n herlewing kom nie, is hy verdoem van die gees van herlewing en swak en siek en aaklig, en is reeds dood.

Dit is moontlik vir ‘n kerk om te leef sonder ‘n gebou, sonder ‘n koor, sonder ‘n prediker maar sonder ‘n herlewing is dit soos ‘n huis in die winter sonder vuur of hitte.

‘n Bergtop hoog bo alle ander behoeftes opleiding, politieke sieninge of finansieële is nodig vir almal wat herlewing soek.

Laat die stem van elke kerk en individu verenig met die stem van die Vader, Seun en Heilige Gees, in die uitroep vir ‘n sonde verterende, harts reinigenede, en siel vervulde herlewing.

HERLEWINGS INVLOED:

Wat is ‘n ware herlewing. Dit is ‘n hernude bewuswording van kin-ders van die Here wat lei daartoe dat die wat die Here nie ken nie gered word. Waarom staan sommige kerkleiers herlweing tee.

Daar magverskillende redes wees. Sommige omdat hulle nog nie by die Here uitgekom het nie, ander het net ‘n vooroordeel teenoor die werk van die Here, omdat hulle valse dinge ervaar en ondervind het.

Andere mag wees dat hulle aan een of ander sonde vashou, en voel dat hulle dinge sal moet opgee sou daar ‘n ware besoek van die Here kom. Andere sien ie kans om die voorwaardes vir herlewing te betaal nie.

Wat is die voorwaardes om ‘n herlewing te smaak. Geloof, gebed, en persoonlike werk aan die kant van die wat dit verwag. Waarom is daar so min gebed verhoor.

Omdat hulle nie met ware motiewe vevul is nie. As iemand onreinheid in sy hart koester sal die Here hom nie verhoor nie.  Iemand het eens gesê dat iemand ‘n soeke na ‘n doping met vuur verlang het en dit nie verkry het nie. Hy vra ‘n wyse persoon wat die rede sou wees, die persoon vra hom wat sy motief was vir die gebed en was sy antwoord: Dat hy gelukkig mag wees.

Die persoon se antwoord was dat die duiwel in die hel sou met so ‘n reine motief ook daarvoor gebid het. Hy het kwaad van die persoon weg gestap maar het nie lank daarna terug gekom met die boodskap dat toe hy die Here begin soek het nie om gelukkig te wees nie, maar om effektief siele vir die Here te win, die doping met die Heilige Gees gekom het. Selfsugtige gebede sal op die aarde gterugval soos lood op die grond.

HERLEWINGS OF ‘N OPVROMMELING:

In westerse lande word daar gereken dat daar in lande tot 300 000 egskeidings elke 20 jaar plaasvind per land. Dan sal ons antwoord dat daar nie ‘n behoefte aan herlewing is nie. As ons volkie met sonde sal voortwoeker soos dit tans aangaan dat dit dan onvermyde-lik is dat die koms van die Here naby is nie. As die remme nie aange-slaan gaan word nie, en daar nie ‘n genade besoek elders gaan begin kom nie, en daar ‘n veel groter werk van genade in die harte van kin-ders van die here gaan ontstaan nie, en nie terugkeer na die Here nie, sal daar net ‘n opvrommeling van alles wat behoudens is plaasvind.

HERLEWINGS TEENSTAND:

Die wat Skriftuurlike herlewings teenstaan, of enige ander Goddelike werk, dit is soos iemand wat sy kop teen die hoek van die kerk sou stamp en verwag dat daar iets moet terugkeer. Die kerk sal hierdie stamp kan verwerk, maar die arme man sal dit beswaarlik oorleef.

Die wat heiligmaking teenstaan en herlewing handel soos dwase. Die heilige tempel staan steeds is sy glorie en herlewings sal voortgaan soos die Victoria watervalle steeds sal bly val. Die koppe van die wat die werk van die Here teenstaan sal net in ‘n toestand wees. Daar is die wat die werk van die Here teengestaan het en nou met hart en siel teruggekeer het na die Here in berou, nadat hulle hul onkunde en ongeloof bely het.

HERLEWING IS DIE ANTWOORD VIR

  DIE VERDELINGE IN DIE KERK:

Gaan en Ek sal met jou wees en julle suksesvol maak was die onder-toon van die boodskap wat die Here gegee het. Satan het dinge wat homself goed pas. Aan die einde van die dienste het baie terug getrek en baie het nie meer die dienste bygewoon nie.

Daar was aanvanklik net ‘n paar wat na die dienste gekom het, maar die Here het gebed beantwoord, en ons pogings geseën, en kort daar-na het die werk begin herleef. Dit het vinnig daarna die onaange-raaktes begin bereik. Watter trane van berou en vergifnis het nie hierna gevloei nie.

As jy gewillig is om my weer in die kerk in te neem, sal ek op voor-waardes kom, en was dit die wyse waarop almal gereageer het, en hulle het na die kerk terug gekom.

Niks verenig mense so as wanneer die Heilige Gees ons een maak in die Here nie.

HERLEWING IS ‘N SEKERE GENESINGS MIDDEL:

Vir geestelik koudheid, het baie hulleself blootgestel in die vaagheid van niks, en op die toppe van ongeloof begin leef, en ‘n koudheid ge-bring wat verkeerde aspekte van Jesus aan die werk gebring het.

Soms het dit die harte geraak, sodat daar niks van valsheid teenoor andere kan wees nie. Hierdie staat is behoudend waarin die pasient so geestelik word dat daar niks oorbly nie, en mense mekaar nie meer vergewe nie, Die staat word veroorsaak deur ‘n hoë graad van onvergewings gsindheid, wat so erg word dat daar kwade gevoe-lens onder mekaar onstaan. Dit is soms so erg dat dit moelil is om te bid. Dit veroorsaak geestelike doodsheid, wat tot ander se ondergang sal lei. ‘n Ware herlewing sal hierdie toestand tot lewe bring. Ere aan die Here.

HERLEWINGS VERWAGTING:

Daar is twee maniere om ysbrekers te vernietig. Een is om dit in stukke stukkend te slaan, en die ander is om dit te smelt. Iemand het een dienste onder die ysbewoners in Antartika gaan hou, en dit het gelyk asof die somer nader kom, terwyl die son alhoe warmer en warmer begin skyn het, en daar was gevaar dat die hele ysberg sou begin smelt het dat die gevaar bestaan het dat die hele berg sou wegsmelt.

Hoewel die ysberg teen die hitte van die son staande gebly het, het daar ‘n stadium aangebreek dat die hitte van die son die berg se koue kom verbreek het. Gou het die stukke berg begin smelt en ysberg teen ysberg saam begin wegvloei.

Die eerste ysberg wat in ons lewens moet wegsmelt is eie oplossings. Toe die berg intenser en intenser begin smelt het het die grootste piek ook in die hitte begin smelt. Die son is die werking van die Heilige Gees, en die ysberg is ons koue harte.

IN DIE VUUR VAN DIE HERE WORD DIE SELF REGVERDIGENDE GESMELT IN DIE TEENWOORDIGHEID VAN DIE HERE.

Wanneer die Woord reg bedien was, was dit die mees aanvaarbare klas wat onder die krag van die Here begin smelt het. Dit bly won-derlik om te sien hoe die ongeredde siele smelt onder die oortuiging van die Heilige Gees.

WARE EN GOEDKOOP HERLEWINGS:

Ware herlewings word van die hart van die Here gebore. Oppervlak-kige herlewing word van die mens gebore. Ware herlewings verkon-dig die hele raadsplan van die Here, valse herlewings wys die vrees-likheid van die wet uit, en voortdurend besig om die mens te veroor-deel.  

Ware herlewings verklaar die waarhede van die Here vreesloos, maak nie saak wie dit tref nie. Ware herlewings vertel nie net die mens dat hulle hul moet bekeer nie maar vertel die mens waarvan hy hom moet bekeer. Valse herlewings swyg oor die waarheid van sonde, weens die vrees om mense seer te maak.

Ware herlewings dring by die mens aan om nie te rus totdat ek vrede met die Here gevind het nie. Ware herlewing is ernstig besorgd oor die kwaliteit van bekeerlinge. Ware herlewings verander die natuur, van die mens, en stel die persoon instaat om sy naam in die boek van die lewe geskrywe te kry.

Valse herlewings verander nie harte nie, terwyl ware herlewings reinegende dopinge bring, en ‘n soen van vergifnis op die voorkom van die verlosde.

Valse herlewings het ‘n doodse vrees vir ware heiligmaking. Ware herlewings is wawyd wakker aangaande die feit dat formaliteit en wêrelds gesindheid nie hoort by die kind van die Here nie. Hulle het een begeerte en dit is die soeke na verlore siele, wat in die kerk is, net soos die sondaars wat buite die kerk is.

Valse herlewings sluit die oë vir die feit dat daar ongeredde siele is, en aanvaar dat almal maar hemel toe gaan. Ware herlewings dra blywende vrug, valse herlewings laat die kerk en gemeenskap in ‘n erger situasie.

Ware herlewings is soos skoon waters wat oor die siel van die mens stort, en die dorstige siel voed. Valse bekeerlinge is soos woestynsand wat blaas en die hitte van die wind alles verskroei.

HERLEWINGS LEIDRADE:

Die leier moet die doping en die vervulling van die Heilige Gees besit. Die weg tot hierdie oorwinnings is deur die vallei van belyde-nis, slef opoffering, totale toewyding, en volkome vertroue.

Dit alleen trek soekende siele, na Pinkster, en sal die vuur van die hemel op vele plekke laat val. 

BOODSKAP 4

HERLEWINGS VOORBEREIDING:

Wag todat julle vervul sal wees met krag uit die hoogte.

BEGINNENDE BY DIE HUIS:

Uit ‘n ou blaadjie het hierdie aanhaling gekom: Laat ons herlewing in ons eie harte soek, dit is skoon beleefdheid wat gesels oor die lae staat van ons geestelike wêreld, todat ons by ons huise sal begin.

Wanneer ons ons voor die Here veroodmoedig voor die Here, en Hom soek om ons te herleef, dan kan ons na die kerk kyk en die wêreld rondom ons, en vir hulle begin te bid.

Bid vir die predikers, vir mede Christene, vir die wêreld, wat in sonde sterf. O, Here herleef U werk in die midde van die jare, in die midde van die tyd maak bekend dat in U toorn U genadig sal wees.

HERLEWINGS DENAMIET:

Julle sal krag ontvang. Die woord krag is dieselfde woord waaruit die woord denamiet ontstaan. Die koninkryk van die Here sal in krag kom. Die krag van die Here was teenwoordig. Soos denimiet in die fisies is, is dit ook in die geestelike.

Die waarheid mag gepreek word, en die Woord verklaar word, die Bybel gelees word, en persoonlike werk gedoen word, maar as die krag nie neergestuur word nie, of in die werk toegepas sal word nie, of die mense aanraak nie, sal die arm van redding eenvoudig te kort wees. Die krag van die Here word kort kort beloof in Sy Woord.

Dit is die een nodige gawe wat geestelike werk die nodigste het.

VOORWAARDES VIR HERLEWINGS SUKSES:

Herlewings metodes sal verskil van tyd tot tyd en plek tot plek, maar die voorwaardes is soos die wat groei, en vrugbaarheid is oorals dieselfde. Pinkster is die barometer van dit wat nodig is om hierdie voorwaardes na te kom

1) Mense begin die noodsaaklikheid van die volheid van die Heilige

Gees besef, wat hulle bekwaam sal maak vir hulle omstandighede.

2) Hulle kom bymekaar om daarvoor te bid.

3) Hulle begin die volheid van die Here vas te hou.

4) Hulle is gedetreminererd om aan te hou, en te wag totdat die tyd

    vol is, tien dae of langer.

5) Hulle kom die ooreenkomste na, van self verkoop, en vertrou vir

    dit wat die Here beloof.

6) Hulle was eendragtig as die objek vir hulle motief.

7) Soos altyd, as hierdie voorwaardes nagekom word, is die

    oorwinning daar.

As ons Sy voorwaardes nakom sal die here na ons toe kom, en hier-die kom sal ‘n herlewing wees, waarvan die mense hulle bekeer soos by Petrus se geval, of onder vervolging sal val soos ‘n Stefanus, oor-winning sal die gevolg wees.

HERLEWINGS NAVRAE:

Die vraag was of u die Heilige Gees ontvang het toe u gered geword het. In die vroeë tyd van hulle ondervinding het die Here Jesus was die dissipels nie van hierdie wêreld nie, en het alles verlaat, en Hom gevolg en was hulle nname in die boek van die lewe ingeskryf, tog het hulle nie die Heilige Gees ontvang nie.

Cornelias was ‘n toegewyde leberaal, beiidende en was alleen na ‘n diepe hartsondersoek en ernstige soeke en in opdrag van Pertus dat die heiligheids perdiker dat hy geweet het wat dit beteken om vervul te wees met die Heilige Gees.

Voorbeelde hiervan is:

1) Dat een gered kan wees, en nie die volheid van die Heilige

Gees deelagtig geword het nie.

2) Dat dit onmiddelik in antwoord op gebed ontvang kan word.

3) Dat dit ‘n gawe is wat ontvang kan word, en nie ‘n staat om in te

    groei nieof iets wat verkry kan word nie.

Is u nou in die wetende posisie om hierdie volheid deelagtig te word, daarsonder sal u nie bruikbaar vir die Here kan wees nie.

GEESETLIKE YSBERGE:

‘n Herlewing waarin jong bekeerlinge in die kerk ingebring word, sonder die kerk wat herleef, is soos warm water wat u op ‘n ysberg giet. Die water sal gou deel word van die ysberg.

Die Bybelse manier is om doe kerk weer skon te was, sodat daar weer einheid kan kom. Die strome van die Here sal onder hierdie helder Lig skyn en Sy volheid in ons kom openbaar.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00