DIE HEMELVAART: Luk.24:50-53 + Hand.1:4-11

DIE TEENSTYDIGHEDE VAN ELIA SE OPNEEM EN DIE HEMELVAART VAN DIE HERE JESUS:

1) Elia is nie opgeneem nie hy was deur wae van perde en van vuur opgeneem. Die Here Jesus is opgeneem.

2) Die Here Jesus is deur Sy eie krag opgeneem nie Elia nie.

3) Rlia het syu mantel agter gelaat die Here Jesus het Sy seenwense en die Heilige Gees agter gelaat.

4) Toe Elia opgeneem was was sy werk afgehandel nie die Here Jesus sin nie.

Hy het hulle sover as Betanië gely en het vandaar met Sy reis begin om die kruis van skande op te neem, en het verder gegaan om uiteindelik Sy kroon op te neem. Hier het die dissipels getuig dat Hy stadig van hull opgeneem was voor hulle oë. Terwyl Sy liggaam geleidelik opgeneem was na die hemel het Hy Sy hande opgehef en hulle geseen, terwyl Hy hulle seen het Hy in die wolke verdwyn.

Daarom dat hulle verwonderd gestaan en na die hemel gekyk het. Hulle was nog verwonder oor die gebeure dat Hy voor hulle oë in die hemel opgeneem is toe ‘n volgende wonder gebeur het wat gelyk is in momentum. Waarlik dit was die Seun van God.

As ons aardse hoop net by die kruisiging stilgestaan het is daar nuwer en heerliker hoop in Sy opstanding en dan nog meer in Sy hemelvaart na die hemel. Saam met Sy hemelvaart word daar dinge aangaande redding vir ons vereenselwig Hebr.6:9  Ons is van beter dinge betuig, dinge wat saamhang met die saligheid al spreek ons ook so. Kom ons kyk in erns hierna.

1) DIE DOPING MET DIE HEILIGE GEES:

Hand.1:5-8 Julle sal met die Heilige Gees gedoop word.

Die Here Jesus het viir ons sondes gesterf en opgestaan vir ons regverdigmaking en is vir ons toerusting opgeneem met die krag van die Heilige Gees wat ook op Sy dissipels sigbaar was. Die krag van die Heilge Gees op die dissipels was getuienies van die Here Jesus, die gekruisigde Een, wat nou in die teenwoordigheid van die Vader was Joh.16:7

Die vroeere en ware opsoekers het nie geglo nie, soos die grootste hoeveelheid Chrhistene vandag glo nie, dat die vrug van die dood van die Here Jesus was die somtotaal van redding. Hulle het gewag en die vrug van Sy hemelvaart verwag – nl. die doop van die Heilige Gees Hand.2:4 Het julle in die Heilige Gees geglo toe julle gered was Hand.19:2.

2) DIE GETUIENIS VAN CHRISTUS:

 Julle sal My getuies wees Hand.1:8. So getrou was die Heilige Gees dat in ‘n kort tydjie Jerusalem met die Nuwe bedeling gevul was Hand.5:28 Die krag van die Heilige Gees was met hulle gewees. Ons lees dat die apostels met groot krag getuie gegee het aangaande die opstyanding van die Here Jesus Hand.4:33.

Ons is nie wederegtelike getuies vir die Here Jesus nie tensy ons warlik met die Gees van God vervul is nie. Ons praat en ons lewens sal maar ‘n simbaal wees met geen klank as ons nie in lyn met die Bybel leef nie. Laat ons die belofte van die Vader ontvang wat Hy ons gegee het.

3) DIE HOOP VAN SY KOMS:

Net soos Hy opgevaar het sal julle Hom weer sien kom. Vs.11 Om te sê soos sommige doen dat die koms van die Heilige Gees die wederkoms van dieselfde Jesus is is teenrstrydig met die Woord. Die Heilige Gees is ‘n Persoon as del van die Drie enige Godheid van die Vader.

Die Here Jesus sal self van die hemel neerdaal met die geklank van die basuin 1 Thess.4:16 Dit is die hoop van die kerk wat die teenswoordige uitgeroeptes is deur Sy Naam. Dit is die bruid wat die Here jesus beloof het wat Hy sal kom haal. Joh.14.

Net toe die Here Jesus uit sig verdwyn het was die disspels vertel dat hulle moet glo en dat hulle vooruit moet kyk na Sy wderkoms.  Dit is die hoop wat jou en my aan die gnag hou.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00