HEILIGMAKING: DIE BEGRIP VLEESLIKE NATUUR:
INLEIDING:
Daar is redelike konsensus rondom die gedagte van wedergeboorte binne die evangeliese bewegings. Die beginsel van jou verlorenheid, dat jy moet weet dat niks of niemand anders hierdie leemte kan vul nie, dat jy as ‘n sondaar na die Here Jesue moet kom en Hy jou siel uit genade moet red, dat jy daarna die getuienis van die Heilige Gees ontvang dat Hy vir jou die werk kom doen is redelik eenvormig.
Waar die probleem egter is, is die wyd uiteenlopende sieninge wat daar is in die proses en selfs in die gedagte van die Gees Vervulde lewe.
AAN DIE MEER PASSIEWE KANT:
Daar is aan die eenkant die wat glo dat ons alles met wedergeboorte ontvang, en dat daar niks anders nodig is in jou lewe nie. Dat jy maar elke dag net bloot sal groei totdat jy eendag jou kop neerlê. Die vervulling en wedergeboorte het alles in een daat gebeur. Dit is nie Skriftuurlik nie aangesien soveel beelde en tipilogië die teenbeeld in die Bybel bewys.
Daar is die wat beweer dat ons maar sondaars bly, en maar met al die begasie tot in die graf moet voortleef en eers by die opstanding sal alles vir ons verander. M.a.w. die fisiese dood bring vir ons die oplossing vir al ons probleme.
AAN DIE AKTIEWE KANT:
Is daar die wat sê dat daar beslis iets met my moet gebeur na my redding. Daar s die wat sê dat die water doop die oplossing is, dat as jy deur die water gaan, jou sondes afgewas word, of dat jy saam met die Here Jesus sterf, en as jy uit die water opstaan is jy nuut. Dit is nie skriftuurlik nie want die water kan my nie red nie.
Dan is daar die wat beweer dat ek een of ander fisiese ervaring deelagtig moet word, een of ander ondervinding wat vir jou omskrwe word, bv. die spreek in tale, as jy dit gekry het, het jy die vervulling ontvang.
Dan is daar die wat sê dat ek bloot net in die Gees Vervulde lewe ingroei en eendag by wyse van spreke as ek wakker word, ontdek dat ek Vervul is.
Dan is daar die wat duidelik en spesifiek die vervulling omskrywe sonder dat daar iets anders nl. die reiniging moet plaasvind, ook dit is nie Skriftuurlik nie.
WAT IS DAN DIE BYBELSE BEGINSEL
VAN DIE GEES VERVULDE LEWE:
Wel die Bybel is duidelik. In al die tipes en voorbeelde wat gegee word is daar aspekte van hierdie een Bybelse beginsel wat voort-durend herhaal word nl. die mens word van sy daad sondes, dit wat ek gedoen het by bekering vergewe.
Na sy bekering begin ‘n geestelike lewe en groei plaasvind waarin ek ontdek dat daar iets anders in my lewe begin posvat nl die vlees.
Jessop omskrywe die vlees soos volg: “Die mens het ‘n sondige natuur, waarmee hy gebore is wat neig na sonde of die bose. Sy hart is verkeerd, en verkies sy eie weë bo die weg of die wil van die Here. Hierdie vervallenheid of misplasing tot sonde affekteer elke aspek van die mens se wese, en diskwalifiseer hom vir sy eie pogings om homself daarvan te kan verlos.
Dit so tipies die uitrope wat Paulus in Rom.7 verklaar: Die geoeie wat ek wil dit doen ek nie, maar die kwaad wat ek nie wil nie, dit doen ek.
Orton Wiley Sê weer aangaande die sondige natuur:
Hierdie toestand van die weergeborene, voor sy reiniging van inwonende sonde is niks anders as ‘n gemengde staat. Daar is binne die hart van die ware Christen beide genade en inwonende sonde.
WAT IS DIE SONDIGE NATUUR?
Dit is belangrik dat ons in ons gemoedere uitsluitsel sal kry oor begrippe anders gaan ons nooit weet waarmee moet gehandel word nie. Die sondige natuur of vleeslikheid is iets wat ons moet verstaan.
Dit is ‘n neiging na sonde, dit is die sondige natuur, die infeksie van ons God gegewe natuur, die geneigdheid na dit wat boos is, ‘n aangetrokkenheid na die bose. In al hierdie termes is die fondasie daarvan dieselfde.
In kort is sy aard of natuur teen dit wat geestelik is en daarom word die terme vleeslik meer gebruik as sondige natuur.
Ons het nou by die plek gekom waar ons ‘n defenisie van vleeslik-heid gaan beskrywe:
‘n Algemene defenisie onder die terme vleeslik is: Nie geestelik, of meer beklemtonened anti geestelik. Om van ‘n vleeslike natuur te praat as iets wat in wese anti-geestelik is, is ‘n paar of vele aspekte is meer akkuraat.
Die woord watas vleeslik vertaal word is Sarx wat in sy velkaring as vlees vertaal kan word.
Daarom kan ons sê dat die terme vleeslik toepaslik is vir die persoon wat ongered is. Ons weet dat hierdie geneigdheid by die ongeredde deel van sy lewenswandel is, en bly vrug sal voortbring na redding, todat daar spesifiek met hierdie natuur gehandel word.
Ons weet dat daar nie met hierdie natuur by wedergeboorte gehandel word nie, want Paulus spreek die Christene aan as vleeslik in 1 Kor.3:1-8.
Die natuur is die basis van iemand se wese of karakter. As ons dit na die praktyk wil deurtrek sal on sê dat hierdie persoon se karakter of natuur is van so ‘n aard soos ons hom of haar sien.
As ons hierdie begrippe bymekaar bring sal ons opmerk dat ons in ‘n defenisie die volgende kan sê: Die vleeslike natuur kan gesien word in die karakter van ‘n mens wat nie aan die Here totaal oorgegee is nie, en merk ons op dat die persoon nie geestelik is nie.
Uit die definisie kyk ons op ‘n horisontae vlak en sien ons dit in menslike optredes, en sien ons dit in Christene wat in kort die werk van die Heilige Gees bedroef.
Ons is in die kol as ons sê dat menslike optredes on geestelik is. As jy onbewus is van die leringe van die Bybel soos die van Ro.7:14; 8:7 15;27 1 Kor.3:1-4 sal ons saamstem dat so’n defenisie aan Christene gekoppel kan word.
Om hierdie begrip beter te wil verstaan is dit nodig dat ons na die elemenete wat in ‘n mens se optrede voorkom wat geestelik georienteerd is te identifiseer.
Dink aan die wyse waarop ons reageer of nie reageer nie. Ons weet dat menslike optredes ‘n konstate patroon volg. Iets wat stimuleer plus die reaksie is gelyk aan die teenreaksie, of dit wat die reaskie veroorsaak.
Ons ontvang almal stimulasie of voorstelle wat iets gaan voortbring. Dit kan selfs meer as een stimulasie op een slag wees wat ons ontvang wat botsens teen ons natuur mag wees, waarin ons moet kies of ons gehoorsaam of ongehoorsaam gaan wees.
Die sterkte van hierdie stimulis sal van die begeerlikheid daarvan afhang. Dit sal ons na die volgende aspek lei.
Wat die reaksie wat gaan volg bepaal is die persepsie van die stimulis, wat die waarde daarvan gaan bepaal. Ons kry dikwels reaksies van persone of situasies wat ons nie verwag nie.
Wanneer ons die toepassing op ons geestelike lewens maak Die vleeslike natuur het met ‘n lewensoptrede te doen t.o.v. geestelike dinge Die vleeslike natuur is die doolhof van ons menslike optrede.
Ons sien dit begin by begeertes wat aan die self gekoppel is, wat deur die wil gedryf word. Om dit in praktyk te omskrywe kan jy by begeertes, wil en self elkekeer die vleeslike natuur plaas.
VLEESLIKE BEGEERTES:
Alle optredes is aan begeertes gekoppel. Jy kry begeertes van fisiese aard soos eet drink en rus en ons daaglikse roetine leefwysens (gewoontes.) Dan is daar die morele en geestelike aspekte, wat deur die Heilige Gees geblaas of geinspireer word.
Dit is logies dat na redding daar ‘n begeerte na die Here en Sy Woord is, maar dit word dikwels gedemper omdat die fisiese behoeftes meer aan aandag geskenk word as die geestelike.
In die Woord van die Here, Sy huis en Sy mense is die plek waar die geestelike behoeftes gevoed en gevul kan word. Dit is ook waar dat die weergeborene nie spontaan sal reageer tot diensbaarheid nie, wat ons dikwels in die praktyk kry.
Ons sal eerder ‘n geklag en kla hoor. Dit wys dat die begeertes verkeerd georinteerd is, en hoor jy die vleeslike hart wat kla i.p.v. dankbaar te wees dat ek iets vir my Heiland te doen. ‘n Tipiese lou hart wat met komprmie gevul is omdat die hart verdeeld is.
Dan kry jy ook hierdie gesindheid wat onwillig is om om die Cheristen se standaard te lewe. Suiwer liefde sou nie kla as daar enige aanspraak op my toewyding gemaak word nie.
Daar kan nie regte keuses of gesindhede geopenbaar word solank hierdie vleeslike natuur in my hart lewe nie. Kortliks het ons nie lief soos ons behoort lief te hê nie.
DIE VLEESLIKE SELF:
Met die geboorte van ‘n baba is hy basies in ‘n vakuum waarin hy homself nou moet begin vind. Een van die belangrikste dinge wat hy begin leer is die self.
Dit is ‘n opvallende dag wanneer hy sy tone ontdek, wat aan hom behoort, en nie aan die wêreld rondom hom in die algemeen nie. Dan is hy verder verward as hy binne die eerste jaar ontdek dat sy skoene afgetrek word wanneer hy gaan slaap, en nie sy voete ook nie.
Later begin die ontwikkeling van die self hierdie vlak te bereik dat alles wat gevra word aan my vereistes moet voldoen, soos ek daaroor voel. Dit is nie iets wat veroordeel kan word nie, omdat hy besig is om homself te vind in die komplkse samestelling van alles wat hy moet leer en verwerk.
By ‘n baba sal hy huil vir ‘n bottel of ‘n doek wat geruil moet word. By tieners sien ons soms die aaklikge wyses waarop hulle sou optree om hulle sin te kry, en aanvaar dit soms as normale groei patrone van ontwikkeling. By volwassenes kry ons ook hierdie optredes wat net self gesentreerd is.
Keuses word gemaak om myself te bevorder of te bevredig. Nou word hierdie aspekookna my geestelike lewe deurgetrek waar die self onvermydelik is en bring baie onstabiliteit in die geestelike lewe. Die ongeheiligde Christen het nou ‘n waardesisteem in sy sisteem wat keuses teen geestelike belange neem.
Ons ervaar hierdie optredes dikwels met pyn in ‘n mens se hart. Kom ons kyk na ‘n paar van hulle:
1) Self regverdiging: – wil nie die wil van die Here aanvaar of Sy teregwysing nie.
2) Self evaluering: – soek na krag of erkenning, trots, of aansien.
3) Self toewyding: – luiheid, sesnasie gebonde,en alle vorme van gemaksug.
4) Self verheerliking: – vreemde optredes waar die wil van die Here ter sprake is, en die persoon nie vereer word vir sy of haar optrede nie.
5) Self vryspraak: – Ek is reg, niemand durf my teenstaan nie.
As ons na die werke van die vlees lees sal u baie van hierdie sondes binne hierdie katogorieë gewaar. Al hulle eienskappe kan sover as Adam en Eva na die sondeval terug getrek word.
DIE VLEESLIKE VERSTAND:
Kom ons kyk hoe dit nou werk: Daar word ‘n besluit geneem t.o.v. watter stimulasie ons gaan gehoorsaam as ‘n resultaat van gekombineerde invloede op die self en die drange, moet daar nou ‘n besluit geimplimenteer word. Hier kom nou die wil ter sprake, wat deur ‘n stimulis gekonfronteer word wat deur ‘n eie waardesisteem gemeet word word daar nou ‘n spesifieke soewereine besluit geneem.
Die bron van hierdie outoriteit kan ons nie verstaan nie, en mense omskrywe dit net bloot as een of ander vorm van motivering, maar raak die totale spektrum van menslike optredes. Dit is in die wil waar die Here Jesus verklaar het sonder My kan julle niks doen nie.
Paulus wys daarop dat die vleeslike hom nie aan die wil van die Here kan onderwerp nie, want die keuese word in die gedagtes gemaak. Die vleeslike gedagte gaan hom nie onderwerp aan die wil van die Here nie, so ook nie aan die begeertes van die mens nie. Daar is dus ‘n militêre konflik wat binne die hart van die mens aangaan, wat die geestelike doel van die Here in ons kortwiek.
Die mees basiese vereiste vir Sy kinders is dat ons Sy wil sal doen. Daar is die drang in ons lewens om Sy wil te doen, maar dan is daar die stryd wat die vlees bring om teen Sy wil in te gaan. Sal u saamstem dat hierdie stryd teen die vlees seker een van die mees moeilikste areas is in die kind van die Here se lewe. Ons stem volkome daarmee saam dat ons die wil van die Here moet doen, maar daar is nie die vryheid om dit te doen nie.
Dit is die weking van die vlleslike natuur, dit is die opsigtelike optrede van weergebore kinders van die Here waar daar die menslike begeertes wat in stryd is met die wil van die Here. Dit is die ontkenning van die voorsienigheid van Sy oorvloed op Golgota.
Hierdie neiging sal lei tot ‘n verlies in geestelike dinge, ‘n onwillig-heid om my in elke opsig met die Here Jesus te identifiseer, en Sy lewenswandel.Die self georienteerde optrede gee ‘n liefdelose optrede mee wat Paulus in Gal.5 as bewyse van vleeslike optredes deurgee, wat deur die soewereine wil van die vlees bestuur word.
Laat ons dit vir mekaar reguit sê: weergebore persone is nie verlos vandie vleeslike natuur by wedergeboorte nie, en is daar ‘n duister wolk oor so ‘n persoon se lewe. Ons word uitgedaag om ‘n lewe van oorvloed te lewe, wat beteken die vernietiging van die sondige natuur. Nou dat ons hierdie feiete weet, wat kan met die vleeslike natuur gedoen word.
WAT KAN MET DIE VLEESLIKE
NATUUR GEDOEN WORD?
Enige iets wat met gemak probleme veroorsaak en nie met ‘n oplos-sing kom nie, moet as betekenloos beskou word. Ons moet die probleem in die gesig staar en weet dat daar ‘n oplossing daarvoor is.
Daar is net een oplossing van die vleeslike natuur en dit is my toestemming dat die Here met hierdie natuur kan handel. Daar is die handeling van toewyding van die wil, wat nie beteken dat my wil vernietig of gebreek word nie, maar ‘n wil wat maklik onderdanig sal wees aan die wil van die Here.
Die toewyding van die wil is nie die enigste antword nie. Ons beste begeertes en hoë waarde sisteem kan nie sonder die toegewyde wil, wat gebruik word waarin die hart van die mens geheel heilig. Dit beteken Hy stel ons instaat om alle onskriftuurlike begeertes en sy waarde sisteme mee te handel.
Die wil word nie by hartsreiniging vernietig nie, want sonder die self sal ons nie kan bestaan nie. Die Here reinig die self van verkeerde optredes en bring bemoedigende standaarde na ons harte. Dan is die stimulasie om die verkeerd lief te hê van my verwyder. Die waardes wat tot on Skriftuurlike oordeel lei sal dan nie meer bestaan nie.
WATTER AREAS VAN GEESTELIKE UITDAGING
BLY OOR NADAT DIE HERE MET DIE
VLEESLIKE NATUUR GEHANDEL HET:
Om hierdie aspek reg te verstaan moet ons weet dat dar sekere aspekte is waarmee die Here nie kom handel binne die vleeslike natuur van die mens nie.
Die vleeslike natuur moet nie met morele verantwoordelikhede en keuses verwar word nie. Baie verwarring het al bestaan omdat mense nie hierdie onderskeid maak nie. Daar is die wat dink dat ek van immorele verantwoordelikhede verlos word, m.a.w. dat ekgeen keuse mee het om reg of verkerd te kies nie.
Daar is die tipiese vraag: As iemand gereing is, hoe kan hy ooit weer sondig? Hy hoef nie solank sy wil aandie Here oorgegee is nie. Wanneer ons traag raak om die Here te gehoorsaam sal daar weer gevolge wees, waarin hy weer terug beweeg na dieselfde standaarde en beginsles van vleeslikheid as waarin hy geleef het.
Kom ons kyk na Adam en Eva: Hulle was na die beeld van die Here geskape en was rein gewees, op ‘n standaard wat aan ons totlla vreemd is. As hulle vry van sonde bly leef het sou hulle voortgegaan het in heerlikheid, tog het ons die vreeslike verhaal van sonde in hulle lewnes van gelees. Hoe kon hulle dit gedoen het. Dit was die vlees wat ingetree het Dit was ‘n keuse van die wil omdat hulle mislei was deur die duiwel was hulle hele optrede wat gehandel het oor die wil van die Here te doen of nie. Ons weet wat die keuse was wat hulle gemaak het.
Ons is ook familiêr met die gevolge van hulle besluuit. Van daardie oomblik tot vandag het u en ek die netuur ontvang wat ons vleeslikheid noem, wat deel van ons lewens van geboorte af is. Dit word deur vleeslike begeertes gedomineer, wat veroorsaak dat ons soos skape is wat weggedwaal het. Hulle het dit gedoen deur verkeerde keuses. Deur die wil gekies.
Gen.8:21 “Want die versindsels van die mens se hart is slegvan sy jeug af.”
Daar is die wonderlike oorwinning wat ons deel mag wees die oomblik wat ons ons wil toewy, en die Here toelaat om ons te reinig. Die geheiligde lewe is ‘n lewe wat ooreenstem met die wil van die Here, en wat ons skoon hou, en voortdurend in hierdie reinheid bly lewe, deur toegewyd te bly lewe.
Ons sal steeds tekortkominge ondervind en steeds ondervind dat ons versoek sal word en verliese ondervinden daar is steeds die moontlikheid van die vleeslike natuur wt wil inkruip teen die wil van die Here is. Terwyl daar geen verlossing is nie, is daar nie genade om oorwinnend te bly lewe nie, maar bly ek aan die Heilige gees oorgegee lewe sal ek ‘n toenemende ondervinding van vrede en oorwinning ervaar.
Dit beteken ook nie dat daar interpersoonlike verskille mag wees nie. Die geheiligde het ook die verantwoordelikheid om te weet hoe om in spanning met ander mense saam te leef. Omdat mense is wat hulle is en wie hulle is sal daar ‘n veskil in metode maniere en motiewe wees. Daar sal nog spanning en verskille wees en selfs verskille.
Die sleutel word vir ons in Hand.15:8-9 beskrywe waar ons liefde getoon word en waar ons vermoeëns ontwikkel word en ons kuns om met ander oor die weg te kom. Ons moet die vleeslike natuur nie met die fisiese natuur verwar nie. Terwyl daar verlossing is van die mag van vleeslikheid is die teenwoordigheid van os fisiese lewe nog ‘n realiteit. Paulus gee die sleutel vir ons in 1 Kor.9:27
Hierin lees ons dat die begeertes en behoeftes van die fisiese mens onder die geestelike dissipline van gehoorsaamheid gebring word.
Noudat ons die vleeslike natuur verstaan en die voorsiening wat die Here vir ons bewerk om deur Sy genade hierdie mag in ons te vernietig en om te onderskei tussen die fisiese behoeftes en die vlees-like natuur en die oorblywende uitdaging om om heilig te leef, het ons ‘n boodskap om aan andere te vertel.