HEILIG AAN DIE HERE: 1 PET.1:13-16

Gedate van aangord is om as soldaat myself weerbaar te maak teen die aanslae van die duiwel. Petrus gebruik hierdie beeld om te se dat ons ook ons gedagtes op so ‘n manier weerbaar moet maak. Wees gereed om te dink, wees nugter en wees op die waak, en hoop op die einde van die openbaarmaing van die Here Jesus Christus.

Gehoorsame kinders laat hulle nie meer wegvoer in eie begeertes nie, maar soos Hy wat julle geroep is heilig is, moet ons ook in ons hele lewenswandel heilig word. Dit verwys na gesindhede en handelinge en in my hele lewenswandel.  

KOM ONS KYK NA DIE BETEKENIS VAN HEILIGHEID:

Wat verstaan u onder heiligheid?

A) HY GEE ONS ‘N BEVEL:

Kyk na die konteks waar dit in die O.T. voorkom.

Dan gaan ons die karaktereienskappe van heiligheid bekyk.

Die (Konstrains) wat oor ons lewens kom.

WAAROM MOET ONS HEILIG WEES?

Daar is ten minste drie redes waarom heilig moet wees. Dit was die bevel en plan van die Here in Efe.1:4 Die Here beplan het beplan dat die mens heilig moet wees.

Dit is deel van God se plan, 11Tim.1:9. Here het ons met ‘n heilige roeping geroep. Hy het ons gered en geroep met ‘n heilige roeping voordat die wêreld begin het.

Ons moet heilig wees, want Hy roep ons daartoe. Dit is ‘n bevel. Wees heilig. Hierdie verwys na ‘n teenswoordige voordurende tyd geskryf.

Dit is in die meervoud geskryf wat bevestig dat die Here van ons verag om heilig te wees en dat ons daarin moet groei. Deur Sy magtige hand stel Hy ons instaat om dit te verkry en te behou.

Dit is in die imperatiewe tyd geskrywe wat daarop aan dui dat dit nie ‘n voorstel of opsie is nie, maar ‘n moet. En dit is vir nou. Die moet ons help om dit te wees.

Geen Bybelse Christen sal die balangrikheid van heiligheid miskyk nie. Hebr.12:14 bevestig ook:  “Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie”

Heiligheid is nie opsioneel nie, dit is beplan vir die mens.

Alhoewel daar baie antwoorde mag wees oor wat heiligheid is: moet daar duidelike antwoorde hieraan gegee word.  

Die basis van heiligeheid is om die lewe van die Here Jesus te bestudeer. Die finale openbaring van dit wat die Here aan ons wil sê is in die Here Jesuis Christus. Die vraag kan maklik gevra word hoe moet ek dit word, aangesien ek nog nooit die Here gesien of aangeraak het nie, ek sal dit graag in vlees en bloed sien funksio-neer.

Hier werk dit in my wandel en in my praat. Daarom dat die Here Sy Seun Jesus na die aarde gestuur om vir ons presies te wys hoe heiligmaking is en lyk. Daarom dat Johannes die Here Jesus as die Woord aanspreek. ‘In die begin was die Woord en die Woord was by God, en die Woord was God, Hy was in die begin by God”. Joh.1:1+2. Vs.14 sê: “En die Woord het vlees geword en onder ons gewoon- en ons het Sy heerlikheid, genade en waarheid aanskou… soos die van die Vader”

In Joh.1:18 sê Hy dat die Here Jesus die Vader aan ons geopenbaar het. Hy het aan ons kom openbaar hoe God die Vader lyk.  Joh.14:8 Vra Fillippus; “Toon ons die Vader” Vs.9 “Jesus sê vir hom; Ek is so lankal by julle” Die Here Jesus wil vir hom sê as jy My gesien het, het jy die Vader gesien.  Wat Hy sê is nie dat Hy die Vader is nie, maar dat Hy niks doen tensy die Vader dit aan Hom bekend maak nie. Oor en oor sê Hy dat Hy nie sy eie woorde spreek nie, maar die woorde wat die Vader aan Hom gee.

Hy doen nie Sy eie werke nie, maar dit wat die vader aan Hom openbaar. Hy het nie eens op Sy eie innisiatief gekom nie.  As jy wil weet hoe die Vader is, kyk na die Here Jesus, en Hy is dieselfde as die Vader. Jy kan nie meer heilig as die Here Jesus wees nie.

HEILIGHEID IS DUS CHRISTUS GELYKVORMIGHEID:

Baie mense sal heiligheid interpeteer as spreek in tale, en letterlik enige iets. Dit kan goed selfs in skere kringe vrot beteken.   Dit beteken om Christus gelykvormig te leef, dat ons Christus gelykvormigheid in die huis, in die familie en in elke aspek van die samelewing uitleef, waar dinge verkeerd loop by die werk, onder druk, ons verwys na heiligheid is Christus gelykvormig.

Ons kan deur verkeerde defenisies foute maak in die verklaring van heiligheid. Ons kry woorde soos heilige, heiligheid, reinheid toewyding en oorgawe, reinging heiligmaking ens. Veel meer woorde word in die Engels gebruik. Al hierdie woorde het sy oorsprong in een Hebreeuse word wat van die Kodesh familie afgelei word. In die Grieks is die familie word Hag Hagias Hagiasmos ens.

Die verskeidenheid van Engelse en Afrikaanse woorde laat soms verwarring ver-oorsaak, en mense maak tegniese stellinge soos daar is ‘n verskil tussen heilig-making en heiliging ens.

Die vertalers van die Bybel het die word Kodesh en Hag annoniem gebruik in hulle vertalings, sonder sterk teologiese onderskeide. Daar is mense wat reken dat heilig-heid van hartsreiniging geskei kan word. Heiligheid sê hulle is ‘n staat of ‘n kondi-sie, en heiligmaking is die proses, waardeur iemand hartsreiniging ondervind.  Ons bevestig dat heiligheid is ‘n staat of ‘n kondisie, en neem dan die word Heilig-making, en se dat dit na askie verwys, en dan word daar verwar in die heilige lewenswandel dat daar ‘n groei in heiligheid moet wees nie.

Heiligmaking is ‘n staat, en is nie in Engels geskrywe nie, maar in Grieks en Hebreeus. Dit bly altyd belangrik dat ons na die konteks van die Woord sal kyk, soos bv. Reis en rys kan twee uiteenlopende betekenisse hê en alleen binne die konteks sal ons die regte betekenis van rys kry. Die konteks bevestig die betekenis.

Kom ons kyk na bv.11 Kor.7:1 “Terwyl ons dan hierdie beloftes het, geliefdes, laat ons, ons van, alle besoedeling van die vlees en die gees reinig, en laat ons die heiligmaking in die vrees van God volbring”

Die word volbring is die word volmaak: wat die teenswoordige voordurende tyd aandui. Heigheid is iets wat jy in jou lewe ontwikkel en die vrees van die Here ondervind en met die Here wandel, word meer en meer heilig en word soos die Here Jesus.

KOM ONS KYK NA DIE KONTEKS:

PETRUS HET UIT Lev.11:44 is die konteks baie interresant.

Vs.44; 45 “Want Ek is die Here julle God; toon dan dat julle heilig is en wees heilig want Ek is heilig; daarom, verontreinig julle self nie deur enige ongedierte wat op die aarde kruip nie. Want Ek is die Here wat julle uit Egipteland laat optrek het om julle God te wees. So moet julle heilig wees, omdat Ek heilig is”.

Petrus haal nou ‘n O.T. bevel aan uit Lev.11 en sê nou in die N.T. dat ons heilig moet wees, soos Hy heilig is. Hierdie gedeelte handel met rein en onrein voedsel.  Wat het kos met heiligheid te doen. Hy verwys na die diere wat herkou en hoewe het, visse wat nie vinne het nie mag nie geeet word nie.

Wat was die doel daarvan. Kom ons kyk na Israel en die probleem wat die Here gehad het om die Israelliete te leer wat heiligheid werklik is. Toe die sondeval plaasvind het die woordeskat van die mens ook in gedrang gekom.

Heelwat eeue het verby gegaan voordat die Here vir Abraham geroep het en wat daarna gebeur het. 70 Het na Egeipte afgegaan en het daar vermeerder, en het omtrent 2 en half miljoen mense volgens Num.1:26 was daar 600 000 man van 21 jaar oud en ouer wat militêr was, en het ouers vir hulle en kom by om en by 2 en half miljoen Israelliete, in Egipte.

Wat het in Egipte met die Israellite gebeur sien ons in Eseg.20. Isrealliete het valse gode aanbid, die gode van Egipte aanbid. Hfst.20:5-9 Die Here wou hulle in Egipte uitroei, maar Hy het gelofte gemaak dat Hy hulle sou uitlei en nou om hulle uit te bring sal die Here die volk eers moet opvoed, om hulle uit Egipte uit te lei.

Waarom het die Here ‘n reeks van 10 plae gestuur: Dit was objektiewe lesse wat die Israelliete moes leer dat die gode van Egipte krag het, maar dat die Here veel groter as hulle is. Hulle het ook die gode aanbid en saam met dit opgegroei.

Hoe moes die Here hulle leer dat daar net een God is. Hy het stelselmatig elke god en godin van die Egiptenare verwoes, en elke mag in die Egiptiese bestuur uitge-wis, sodat daar geen twyfel was in die Israellite se hart was, wie die god van die hemel en aarde is nie. Jambres en Jambries het ook hulle stawwe neergegooi, maar Moses se slang het hulle opgevreet.

Toe hulle uit Egipte gekom het was, daar geen God soos die Here nie. Die Here open die Rooi see en ses honderd soldate plus hulle lyfwagte was in die waters verwoes. Die Here moes die gedagtes van die volk laat verander deur al die won-derwerke dat hulle moes besef dat die Here God is.

Berg Sinai Ex.19 en Ese.16; Jer:3; Hos.2 Israel was soos ‘n jongvrou wat net begin ontwikkel het, en sy was heilig aan die Here. OT berg Sinai het die Here met Israel in ‘n huweliks verhouding ingetree. Israel word die vrou van die Here en kla die Here hulle aan van hoerery.

Geestelik gebeur dieselfde as fisies as ek van die Here wegbeweeg, ek leef in hoe-rery. In hfst.20 gee die Here Sy wette en volk hoor die trompette en Ex.21-23 ver-duidelik die Here wat Hy van hulle verwag. Hfst.24:3 kom alles tot ‘n klimaks toe die volk gesê het dat hulle al die woorde sal doen. Hulle het dit bedoel. Hfst.24:6-7 word bloed op hulle besprinkel en Moses gaan weer op die berg van die Here, en Moses se Aaron en Hur is daar om na julle behoeftes om te sien.  Volk moes leer dat daar net een God is en dat Hy hulle God is.

Moses is oor ‘n maand weg, en hulle bly die rook op die berg sien, en volk wil nou weer ‘n diens hou. Hoe moet hulle God aanbid. Ons begin met ‘n lied, dan afkon-diges en offergawe, en wat nie alles nie, ons het ‘n sekere prosedure. As in diens kom waar nie gewoond is aan wat doen nie, voel soms vreemd ens.

Ons ondervind in kultuur skok as ons nie gewoond is aan manier van aanbidding nie. Nou wil die Here hulle leer hoe om Hom te aanbid, en te verstaan wat heilig-heid is. Hulle wil die Here aanbid.

Al wat hulle geken het was sigbare beelde van gode en godinne en dit was al wat hulle weet, en kom nou na Aaron en Hur en vra, gee ons ‘n beeld sodat ons ons god kan aanbid. Aaron wou ‘n ware beeld van die Here gee, en was nie van plan om ‘n Baal of iets anders te skep nie. Hy sê hier is ‘n verteenwoordiging van die ware en lewende god. Hulle kom uit ‘n immorele vorm van godsdiens aanbidding en hulle wou geestelik aanbid.

Hulle het oorgegaan in aanbidding van vrugbaarheid aanbid, en wat gebeur. Hulle het hierdie goue kalf gemaak omdat hulle nie beter geweet het nie, dit was waar-mee hulle opgegroei het.

Was dit reg, nee, was dit aanvaarbaar: nee, het hulle willens en wetens gerebeleer? Nee. Die Bybel sê nie vir ons so nie. Die Here het ‘n probleem gehad om Sy mense leer wat heiligheid is. 

Al die nasies van Kanaan spreek Hebreeus, en al hierdie lande het reeds die bete-kenis van die word Kodesh geken sien Gen.37. Jy mag nie ‘n hoer gebruik om offer te bring by geestelike rituele nie. Jy mag nie ‘n man prostetuut gebruik om geld in te bring vir geestelike doeleindes nie. Die woord hoer in ons taal is die word Kodesha wat letterlik ‘n heilige vrou beteken. Die woord vir die manlike prostetuut is die word Kadesh: ‘n heilig man.

Hoe moes die Here aan hulle dit deurgee dat heilig moet wees want Hy is heilig, terwyl die word heilig met die verkeerde betekenis gevul is. Hoe gaan jy die kinders van Israel opvoed om die regte betekenis van die word heilig te kry. 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00