HEBREERS HOOFSTUK 3
RAAMWERK VAN DIE HOOFSTUK:
1) SY KOMS NA DIE AARDE:
A) AS GETROUE DIENSKNEG VAN DIE HERE VS.1-2
B) VOLMAAK IN SY PERSOONLIKHIED: VS.3
C) OM DIE HUIS VAN DIE HERE TE BOU: VS.4
2) DIE DRIE VERSKILLENDE HARTE IN HEBR.3
A) DIE VERBITTERDE HART (VERHARDE HART):VS.8
B) DWALENDE HART: VS.10
C) BOSE EN ONGELOWIGE HART: VS.12
3) DIE VERMANING VS.13-19
A) OM TE VOLHARD TOT DIE EINDE TOE (DEELGENOOTSKAP): VS.14
B) WAAK TEEN VERHARDHEID VAN HART: VS.15
C) ONGELOWIGE HART NIE KANAAN BETREE NIE: VS.18-19
INLEIDING:
In hierdie gedeelte gaan ons na die Here Jesus kyk en wat Hy vir ons beteken en vir ons doen het. Hy is nie net ons Middelaar wat ons wil kom vryspreek nie, maar is die totale oplossing vir elke aspek van ons lewens.
Jare gelede toe Hillbrow nog Hillbrow was, het ons by geleentheid as studente daar geestlike werk gaan doen, by geleentheid het een van die studendte wat in daardie wêreld geleef het en jonk gered was, sy getuienis gegee. Dit was duidelik dat hy aan baie van die omstanders bekend was, en terwyl hy sy getuienis gee as ‘n jong geredde kom ‘n man van sowat 30-40 jaar na vore en bulder dit uit: Bewys aan my dat jou God lewend is.
‘n Geestelike leier van daardie omgewing het die jongman uitgehelp en agter die mikrofoon ingeskuif en uit Joh.1 begin kwoteer, hy was naderhand stom en nie geweet wat om verder te sê nie. Daarom dat ek ook vanoggend uit Joh.1 gaan aanhaal om in te pas by Hebr.3
Ons leer die mense dat sodra hulle gered word hulle die Boek Johannes moet begin bestudeer, lees drie hoofstukke ten minste per dag bidden deur, en laat die Woord van die Here jou deel word.
Wat leer ons uit Hebr.3
A) DIE HERE JESUS DIE GESTUURDE VAN GOD WAS: VS.1-2 (GETROU GEWEES):
Uit Joh.1 kom dit duidelik na vore dat die Here Jesus van die begin af was en dat Hy en God een was.
A) HY WAS GETROU IN SY ROEPING : VS.2
In Sy Hoë Priesterlike gebed noem die Here Jesus van Homself, dat Hy vs.4 “Die werk wat U My gegee het om te doen, het Ek vol-bring”
Hy het in Joh.4 vir Sy dissipels gesê: Ek het gekom om die wil van My Vader te doen. Hy het dit volkome tot op die Kruis volbring. Elke deel van Sy lewe het Hy in gehoorsaamheid aan die Vader geleef.
B) HY IS EN WAS VOLMAAK: VS.3
(MET HEELIKHEID VERVUL)
Hy is die bron van lewe, en dit was die lig van die mense VS.4. Hy het ook meer heerlikheid as Moses gehad, hoewel Moses se gesig so geskyn het dat die volk hom nie kon aanskou nie.
Die mag van Sy heerlikheid was in die skepping geopenbaar, Hy is ook die Lig wat die duisternis oorweldig Joh.1:5 Hebr.7:26 sê dat die Here Jesus onberispelik, rein en onbesmet was in Sy roeping. Joh.1:14 bevestig dat Hy in Sy volmaaktheid heerlikheid gedra het. Hoekom was dit, sodat ons ons eie harte kan raaksien.
In alles wat Hy gedoen het was daar net een begeerte en dit was om die Vader te verheerlik, om Sy wil te doen en Hom in alles te behaag. Hy is die afdruksel van die wese van die Vader en veskeie plekke het Hy verklaar dat die wat Hom gesien het, het die Vader gesien. Ons weet aan die anderkant wanneer ons gered word is die afdruksel van die Here Jesus.
Hy het ons geroep sodat ons in Hom kan bly en Hy in ons, Hy wil Sy beeld voortdurend in ons openbaar, en sê 2 Kor.3:18 terwyl ons in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou word ons verander na dieselfde beeld van heerlikheid as wat die Vader is.
c) DIE DOEL IS DAT HY ‘N HUIS
HIER OP AARDE KAN BOU:
Paulus se vir ons dat ons ‘n tempel van die Heilige Gees is en dat ons na die beeld van die Here Jesus aanvanklik geskape was en nou dat ons gered word word iets van Sy heerlikheid in ons lewens openbaar. As individue vorm ons deel van die geheel liggaam van die Here Jesus, en is ons doel om mekaar te moet opbou tot die aller heiligste geloof. Ons kan dit alleen doen as ons ons oë totaal op die Here Jesus gevestig het en Hom navolg met alles wat ons het.
Hoe bou ons mekaar op:
Die woorde mekaar word dikwels in die Skrifte gebruik: In die N.T het ons dieselfde verantwoordelikheid as die priesters van ouds om die belange van my mede broer en suster op die hart en skouers te dra:
1) Bemoedig mekaar
2) Vegewe mekaar as die een ‘n klad teen die ander het.
3) Dra mekaar se laste Gal.6:2
4) Vermaan mekaar des te meer julle die dag sien nader kom.
5) Bid vir mekaar
6) Julle moet mekaar liefhe hieraan sal die wereld weet dat julle my dissipels is.
7) As die een swak is moet die ander die een wat swak is in die geloof opbou.
8) Spoor mekaar tot reinheid aan.
9) Moedig mekaar tot heiligmaking
10) Soos die diakens het hulle na die praktiese welstand van die ander omgesien, mekaar sse belange op die harte te dra.
2) KOM ONS KYK NA DIE DRIE HARTE VAN HEBR.3
Jer.17:9 sê “Bedrieglik is die hart bo alle dinge ja wie kan dit ken.” Spreuke29:1 se weer vir ons: “‘n Man wat baie bestraf is en sy nek verhard sal onvoorsiens verbreek word sonder dat daar genesing sal wees.”
Die hart van die mens is so bedrieglik, ons wil nie graag toelaat dat daar deur hierdie kors gebreek kan word nie, en daarom dat ons dik-wels so eensaam hierbinne is omdat ons nog nooit die vrymakende krag van die Here Jesus in ons lewens ondervind het nie.
Waar lê die probleem: Julle ken die verhaal van ou Filemon wat by die aanklaer vir die soveelste keer verskyn en hy vra wat moet ek met jou doen: Sy antwoord was nie hande afkap nie, maar hart verander. In die week lees voorblad berig van Soweto waar jong man se straf my ek verdien dit, het ‘n moord gepleeg.
A) DIE EERSTE WAT ONS KRY
IS DIE VERBITTERDE HART: vs.8
Hebr.10 Waarsku jou en my dat geen wortel van bitterheid in ons harte mag opskiet nie. 2 Pet.3 Waarsku die man dat hy in vrede met sy vrou met saamlewe sodat sy gebede verhoor kan word.
Die Here Jesus verklaar dat ek en jy moet vergewe omdat ons moet vergewe dit is ‘n besluit van die wil. In Lukas sê hy dat ons mekaar moet vryspreek, m.a.w dat ons die saak teenoor iemand sal regstel en so mekaar volkome sal vergewe.
Bitterheid begin deur ‘n gesindheid in die hart, dit is daardie eerste deurtjie wat ek oop gestel het waar ek gevoel het dat iemand my tena gekom het en ek dit in my hart teen daardie persoon sal hou. Bitterheid as daar nie mee gehandel sal word nie sal my in die hel laat beland waar ek nooit weer ‘n kans sal kan hê om uit te kom nie, wil jy nie maar daardie wrok in jou hart vandag kom neerle nie, en die Here Jesus vertrou om deur Sy kosbare bloed jou skoon te kom was nie.
B) DWALENDE HART: Hebr.3:10
‘n Dwalende hart dui op iemand wat onstandvastig is wat maklik beinvloed word en nie self op hul voete kan staan nie. Jak.1
Dit is ‘n ongedissplineede persoon. Verwys na iemand wat soos
skip op die oseaan heen en weer rond geslinger word en deur aller-hande winde van leringe beinvloed word. Mense is vandag soos stof suiers hulle slurp sommer enige iets in solank dit geestelik klink.
c) BOSE EN ONGELOWIGE HART Vs.12
Die hart van die mens kan belaai word met bedrog, dit begin by ‘n klein saadjie van sonde wat ek in my lewe toegelaat het en dit opge-spring het en verskoon het. Spreuke 28:13 Sê: “Hy wat sy oortre-dinge bedek sal nie voorspoedig wees nie, maar hy wat dit bely en laat staan sal barmhartigheid vind.”
Dit dui op ‘n hart wat so vuil geraak het van sonde, dat ek net wil maak en breek, alles moet net vir my reg loop, ek sal my lewe self uitsorteer en niemand sal in my pad kom staan nie. Biliaam het ook gedink dat hy sy eie pad kon bewandel en die Here het ‘n donkie gebruik om hom tot stilstand te dwing.
3) DIE VERMANING:
Die word vermaning dui daarop dat iemand nou ernstig met my wil praat en my wil warsku dat dinge nie reg is nie. Hier word ‘n paar aspekte van vermaining uitgelig:
A) DAT DIT NOG DAG IS: VS.12
Die word hier word nie na letterlike dag verwys nie maar na tyd, ons weet nie een hoe lank ons nog op hierdie aarde gaan lewe nie, hierna is daar nie geleentheid om my lewe reg te maak nie, nou kan ek nog my sondes bely en laat staan, en Hom vertrou om die beheer van my lewe oor te neem. Ons kan nie bekostig om met sonde te speel nie. Hy wil jou en my verlos en vry `maak, Hy staan by die deur van jou hart en klop en wil inkom. Jes.1:18 Sê die Here Jesus
Kom nou en laat ons die saak regmaak se die Here al was julle sonde soos skarlaken dit sal wit wor soo sneeu, as as dit rooi soos purper dit sal word soos wol.
B) ONS DEELGENOOTSKAP IS IN ONS VOLHARDING: VS.14
As ek gaan reageer deur na die roepstem van die Here te luister sal Hy my genadig wees, julle ken die gelykenis van die Here Jesus wat die saad gesaai het Matt.13 waar die saad op verskillende gronde geval het: ‘n Boer gaan nie sy saad op harde grond gooi nie, die grond moet eers gebreek word, Amos se vir ons braak vir julle ‘n braakland want dit is tyd om die Here te soek. Laat toe dat Hy jou hart kan omploeg en al maak dit seer dat Hy jou kan bereik.
Die Here wil hê dat jy vir Hom sal se: al maak dit seer, spreek eerder tot my hart, nie langs die pad nie dit is so naby aan die regte plek maar nog buite bereik, nie tussen die dorings en distels nie want dan gaan die kommer om die saad in die hande te kry my oorweldig, maar op vrugbare grond.
C) NIE DOELBEWUSTE SONDES TOELAAT NIE: VS.16-19
Ons lees van die volk van Isral wat uit Egipte getrek het deur ‘n Goddelike wonderwerk en ervaar het hoe die Here vir hulle voorsien het, hoe Hy die manna en kwartels gestuur het en telkemale wanneer hulle gekla het uitkoms gegee het. Hy wil jou ook kom uitred uit jou lewe van sonde en wanhoop, en jou vrymaak laat dan nie toe dat jy soos ‘n miskruier teruggaan na daardie ou sonde nie, As die Seun van God jou vrygemaak het sal jy waarlik vry wees. Laat Hom net toe.