HEBR.4:12

INLEIDING:

Iemand het eens gesê dat die boek Hebr. Seker die beste boek is om te gebruik om ‘n Jood na die Here te lei. Daar is soveel redes, maar dit is ook seker een van die beste boeke om imand op sy behoefte na die volheid te wys.

WAAROM SO EFFEKTIEF VIR DIE JODE:

Die metode van aanbieding is eerstens dat die skrywer aan hulle bevestig dat die Jesus van Nasaret wat hulle gekruisig het is niemand anders as hulle Christus hulle Messias nie, die Seun van God en die Tweede Persoon in die Gesënde Drie-Eenheid. Dit is ‘n uiters belangrike punt.

Kyk net met watter takt en versigtige benadering hy te werk gaan om hierdie feit aan hulle te bevestig:

A)    HY IS GROTER AS DIE PROFETE:

Die profete wat die Jode waardeer was geestelike reuse, maar die Here Jesus was groter as hulle almal. (1:1-3). Waarom?

1) HY IS DIE BESTAAN VAN ALLE DINGE: VS.2

“deur wie Hy ook die wêreld gemaak het.”

2)      HY IS DIE ONDERHOUDER VAN ALLE DINGE:VS.3

“…en alle dinge dra deur die woord van Sy kry…”

3)      HY IS DIE HEERLIKHEID VAN ALLE DINGE: VS.3

“Hy is die afskynsel (glans) van Sy heerlikheid”

4) UNIEK BO ALLE DINGE:

Hier word die absolute uniekheid van die Here uitgespel. Hoe groot ookal die porfete was, het niemand in Sy Godde-likheid gedeeel nie. Niemand het die beeld van die Here uitgebeeld nie.

11) GROTER AS ENGELE:

Engele is verhewe wesens, maar die Here Jesus is verhewe bo hulle almal saam. (1:4-14). Omdat :

1)      Goddelike Name aan Hom gegee is. (1,2,5,8,10)

2)      Goddelike aanbidding aan Hom gebied is (1,6)

3)      Goddelike Natuur of aard aan Hom toegestaan is (1,8)

4)      Goddelike Majestyd aan Hom verbind is (1,8)

5)      Goddelike salwing op Hom gerus het (1,9)

6)      Goddelike opdragte was aan Hom toevertrou (1,10)

7)      Goddelike eienskappe van onveranderlikheid is aan Hom toegestaan (1,11,12)

8)      Goodelike eenheid en medeleie is aan Hom toevertrou (1,13)

9)      Goddelike heerskappy aan Hom toevertrou: (2:5-8)

10)  Goddelike Verlossing deur Hom uitgewerk. (2:9-18).

III) GROTER AS MOSES:

Moses was geweldig groot, maar die Here Jesus was groter as hy. Dit moes die Jode verbyster het. Waarom:

1)      MOSES WAS MAAR ‘N DIENSKNEG: Waar die Here Jesus die Seun van God is. ‘n Seun is groter as enige dienskneg. (3,5,6)

2)      MOSES WAS IN DIE HUIS VAN DIE HERE: (3,5)

Die Here Jesus was oor die huis van die Here aangestel

3)      MOSES WAS NET IN DIE HUIS VAN DIE HERE:

Maar die Here Jesus was oor die huis aangestel.(3,5,6)

IV) GROTER AS JOSHUA:

Joshua was ‘n groot leier, maar die here Jesus was veel groter as dit. (4,13). Die Here Jesua se aanstelling was ver beter en hoër as die van Joshua.(8) wat die volk ingelei het.

V) GROTER AN AARON:

Aaron as eerste hoë priester was groot, maar die Here Jesus veel groter: (5,4-8 moet vergelyk word met 7:10-28) Hoe kan dit wees

1)      In Sy titel: Aaron was hoë priester, maar die Here Jesus was die Groot Hoë Priester.

2)      Sy Seunskap: Nooit was ‘n Hoë priester ooit die Seun van God genoem gewees nie, (4:14)

3)      Volmaakte simpatie: Hy het medeleie met ons gevoelens, op ‘n meer gepaste manier as enige ander priester.(4:15)

4)      Sy sondeloosheid: Alle priesters of hoë priesters was maar sondige wesens gewees, maar selfs die bitterste vyand het Sy sondeloosheid erken (7:36)

5)      Sy Koningskap: Die here jesus is beide Koning en Priester: ‘n Kombinasie wat nooit aan enige priester toegstaan was nie. (7:1) Hy was volgens die orde van Malgisedek:en Abraham het Malgisedek as iemand bo hom verhewe erken (7:4-10).

6)      Sy Sfeer; Die Here Jesus het in ‘n veel beter heiligdom gedien as Aaron, of as enige van sy opvolgers: (8:1-4,9:1-15).

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00