GIDEON:

INLEIDING:

Sy naam beteken: Neerveller, of krygsman, seun van Joas die Abieseriet, uit die stam van Menasse.

Woon in Orfa 6:11 Leef om en by 1200 v.C.

Hierdie is reeds die vierde siklus van wegbeweeg en terugkeer in die geskiedenis van die Rigters. Na 40 jaar van vryheid van die vyandige nasies, het Israel weer terug beweeg na hulle bose praktyke van afgodediens. Goddelike bestraffing het in die vorm van ‘n inval, hierdie keer van die ooste gekom nl. die Midianniete saam met die Amelikiete, met ‘n mag so groot soos ‘n swerm sprinkane. Die Israelliete het uit vrees vir die Midiannite slote en gate in die berge gegrawe as vestings. Rig.6:2.

Hulle het die Here aangeroep en die Here het ‘n profeet vir hulle opgewek, wat hulle oor hulle afvalligheid vermaan het.

Vir 7 jaar het hulle reeds Israel ingkom gedurende die oestyd. Hulle was by verre in die meerderheid en het vanaf Palistina die land oorge -kom. In.vs.2-3 vertel hoe hulle vir hulle gate en slote gemaak het en hoe hulle geen dier laat oorbly het of oeste as hulle die land binne gedring het nie. Rigters 6:2-6.

SY TOETS:

Die Here se sesde verlosser in Gideon, die seun van Joas is, wat van die stam Manassa is, wie se broers oorval was deur ‘n vorige Midianietiese aanval. (8:18-19).

Gideon het in die stilte koring gewan om dit vir die Midianniete weg te steek in sy pappie se skuur in Orpa, toe die Engel van die Here vir Gideon opdrag gegee het om te gehoorsaam, en die altaar wat sy pappie vir Baal opgerig het te vernietig. Uiteindelik sou hy Israel uit die mag van die Midianniete verlos.Rig.6:14

Hy rig ‘n altaar op en noem dit: Die Here is vrede. Rig.6;24, asook in dieselde nag die altaar van Baal te vernietig. En die asjera, die heiilge boomstamme wat langsaan gestaan het.  

Gideon het gehoorsaam, en ‘n altaar vir die Here opgerig en offers daar gebring soos die engel hom opdrag gegee het. Die manne van Orpa was woedend toe die altaar van Baal omgegooi was, maar Joas het sy seun verdedig deur te sê: “Laat Baal teen hom veg, omdat hy sy altaar omgegooi het.” .6:32.

A.g.v. hierdie insident het Gideon ‘n ander naam ontvang nl. Jeru-babel “Laat baal vir homself veg.”6:32

OMSTANDIGHEDE RONDOM MIDIAN:

Gideon het Menasse, Aser, Sebulon, en Naftali teen die Midianie-te die Amelikiete en die Oosterlinge opgeroep. Hulle het in die laagte van Jisrieël laer opgeslaan. Rig.6:33-35. 

Die massas Midianniete het by Jisreël bymekaar gekom, het Gideon 32 000 manne bymekaar gehad. Manne van Menassa, en Sebelon, en Naftali en Aser teen die hange van die Berg Gilboa, net suid van die Midianietiese kamp.

Nadat Gideon die wil van die Here te wete wou kom deur die wolvliessie uit te gooi (6:34-40) het die Here aan Gideon opdrag gegee om die manskappe te verminder wat by hom was. Almal wat bang en bevrees was mag terug gegaan het huis toe. 22 000 Manne het omgedraai en huis toe gegaan.

Toe daag die Here weer vir Gideon uit met ‘n volgende toets. By ‘n stroompie daar naby was daar net 300 manne wat kwalifiseer om saam met Gideon te gaan (Rig.7:4-7)

GIDEON SE WAPENS:

Terwyl hy die vyande se kamp in die stilte gaan besoek het, saam met sy wapen draer, was hy hoogs bemoedig gewees om te hoor dat die Midianniete van ‘n oorwinning van Israel oor die Midianniete gaan verwerf. Hy verdeel sy groepie in 3 dele van ‘n 100 elk met fakkels, kleipotte, en ‘n ramps horing. Die aanval was op die geberg-te van Efraim. 

Op bevel van Gideon sny die Efraimmiete die vlugtendes van die waters af tot by Bet-bara en die Jordaan, en neem twee vorste van Midian, Oreb en Seëb gevange, wat hulle daarna gedood het. Rig.7.

Gideon steek met 300 man die Jordaan self oor en sit hulle agterna. Die manne van Sakkut en Pnuel wyer om Gideon se bende van kos te voorsien Rig.8:4-9.

Gideon oorval die leers van die koning van Midian, Seba en Salmuna by Karkor, en jaag hulle op die vlug. Seba en Salmuna word deur Gideon self gevange geneem Rig.8:10-12. Toe straf hy vir Sukkot en Pneul Rig.8:13-17

Toe hy hoor dat Seba en Salmuna sy brooers gedood het maak Gideon hulle dood by Tabor. Rig.8:18-21.

Hulle wil Gideon koning maak en weier dit en vra van elkeen ‘n ring wat 1700 sikkels goud was byna 28 kg. Hy maak ‘n skouerkleed en stel dit in Ofra op wat die volk afvallig gemaak het. Rig.8:22-27.

Toe Gideon die horings geblaas het, het hulle hulle kleipotte wat bo-oor die fakkels was gebreek en dit begin beweeg en onderbreek die donkerte met ‘n geweldige geskreeu. “Die swaard van die Here en van Gideon”  Rig.7:20.

Paniek het die Midianietse kamp getref en begin hulle mekaar aan te val, in die donkerte en die paar wat ontvlug het na die skuiling by die rivier was ingehaal by Bet-Bara en die Jordaan, waar hulle leier (offisiere) Oreb en Seëb gedood was.

‘n Groep van 15 000 het ontvlug maar Gideon het hulle agtervolg en vanaf Sakkot opdrag gegee dat die kaptein en hoofde gedood moes word Seba en Salmuna was konings gewees.(8:18-19) 

Hy vertrek toe verder na Pneul, en hulle ook oorwin, maar hulle vlug van Karkor maar verslaan die leër uiteindelik by Nobog en Jogbeha terwyl hulle gerus het. Hulle het nog nie die twee konings Seba en Salmuna gekry nie. Hy het hulle later gevang nadat hy die Midianiet-se leer uitmekaar gedryf het.

Gideon ondervra die twee konings wat hulle gedoen het met sy koninklike broers, wat fisiese broers van hom was. Hy gee toe aan sy oudste seun opdrag om die twee konings dood te maak, en doen dit uiteindelik homself.

Nadat Gideon die Gileadiete verower het, wat geweier het om same-werking te gee om saam met hom te gaan en die Efraimiete gekla oor die klein deeltjie wat hy aan hulle gegee het, teenoor die die van Menassa het hy hulle stil gemaak deur ‘n stelling in vs. 2 “Is die na-oes van Efraim nie beter as die wynoes van Arabië nie…?”

Hy het hulle herhinder aan die meer belangrike aspek om die Jordaan op te pas. Vir toekomstige beskerming het die sentrale stamme gevra dat Gideon hulle koning moes wees, wat hy geweier het, dat hy bloot tevrede te wees om hulle rigter te wees.

Na 40 jaar het Gideon gesterf en het 70 seuns agter gelaat, en was by die grafte van sy pappie Joas in Ofra (8:32).

Sy oorwinnings is in die Psalms genoem 83:9-12. deur Jesaja in 10:26 en die Hebreers in Hfts.11:32.

Na die dood van Gideon het daar weer afval plaasgvevind het Abimeleg ‘n liefdesslaaf van Gideons se kind, een van Gideon se seuns besluit om sy vader se voetstappe na te volg, om ‘n eie koninryk vir homself te bou. Alhoewel Gideon die kroon geweier het, (8:23) het Abimeleg by sy mammie se mens die Sigamiete gevra om hom as koning te verklaar. Hy het gevra was dit nie beter om deur een man as deur 70 geheers te word nie. (9:4)      

Hulle het vir hom 70 sikkels silwer uit Baal-Berit gegee en lisinnige manne gegee om hom te volg. Waarmee hy na Orpa gemasseer het, waarmee hy 68 van sy eie broers doodgemaak het. Een broer het ontsnap Jotam wat na die berg Gerisem gevlug het en ‘n wonderlike toespraak gelewer het aan die Segamiete, deur die gelykenis van die bome te gebruik (9:7-20) om hulle te herhinder aan hulle getrouheid teenoor hulle vader Gideon.

Abimeleg wat ‘n seun van die liefdes dienskneg was het geen titel tot die troon kon maak nie. Hier was die Here die enigste koning. Jotam het ‘n vloek oor die Sigemiete en Abimeleg verklaar wat uiteindelik vervul was met die afbranding van die toring van Sigem en die hoof van Abimeleg vermorrsel was by Tibes.

Die onaanvaarde koning Abimeleg het drie jaar regeer en het soos die sewende rigter titel ontvang. Gedurende die tyd van sy onder-gang was daar ander rigters genoem, Tola, Isaskar wat die 8 ste rigter was (10:1-2) en die 9 de was Jair ‘n Gileadiet, wat vir 22 jaar gerig het (10:3-4). 

********************************

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00