GIDEON (SAREL)
INLEIDING
In die boek Rigters deel ons met ‘n tydperk waarin daar ‘n losse konfederasie tussen die stamme van Israel bestaan het. Daar was ses tydperke van afval, van onderhewigheid aan vreemde nasies, ses gebede van verlossing, en ses periodes van herstel tydens die tydperk van die rigters.
In elke geval het die Here ‘n rigter of ‘n verlosser opgewek, om uitkoms te bied. Daar was in totaal 15 genoem, alhoewel nie al die outoriteite al die rigters erken het nie. Die uitstaande rigters was: Otniël, Ehud, Debora, Barak, Gideon, Jafta, en Simson.
Hulle was nie gekies weens familie konnetasies range of posisie nie, of selfs op die beginsel van ‘n morele karakter nie. Hulle was militêre leiers wat deur die Here opgewek is om die nood, in die lewe van hulle mense te ontmoet.
In die vierde siklus nl. Rigters 6:1-8:33 nadat die volk veertig jaar van vryheid geken het, van vyande en vreemde invloede het die volk van Israel weer teruggekeer na bose praktyke, en afgode-diens. Goddelike besoeking het gekom van ‘n inval vanaf die ooste, en hierdie keer vanaf die Midianniete saam met die Amelekiete en kleiner groepe wat in getal soos sprinkane was.
Vir ‘n tydperk van sewe jaar het hulle en hulle vee Palistina binne gekom tydens die oestye. Hulle het die Hebreeus uitoorlê in getal-le en het veroorsaak dat die Jode tot die Here geroep het (6:6). In Vs.8 lees ons dat die Here uitkoms voorsien het en lees ons dat die Here weer ‘n profeet opgewek het, ‘n magtige in geloof om die volk te red.
Die Here se sesde verlosser was Gideon, seun van Joas, van die stam van Manassa, wie se broer verslaan was in die vorrige aan-val van die Midianniete (8:18-19).
I) GIDEON SE ROEPING: Rigetrs.6:11:24
In Rigters 6:12 lees ons dat die Engel van die Here aan Gideon verskyn het met die woorde: Toe Gideon in die stilte koring by sy pappie se huis gewan het (vs.11), ‘n Prentjie van ‘n persoon wat onder die vrees van mense leef, kom die roepstem van die Here tot hom.
“Die Here is met jou dapper held”. Dit is die doel en plan van die Here om ons te wil seën en daarom moet ons opstaan en Sy sterkte aantrek.
“Thou art as much His care as if beside
Nor man nor angel lived in Heaven or earth;
Thus sunbeams pour alike their glorious tide
To light up worlds, or wake an insect’s mirth;
They shine, and shine with exhausted store-
Thou art thy Saviour’s darling, seek no more”
-Keble
‘N BENOUDE VRAAG:
In Gideon se gemoed was daar baie vrae Vs.13 “Ag my Heer, as die Here met ons is, waarom hat al hierdie dinge ons dan oorgekom? Dit was toe Gideon die sterkte van die Here kon aantrek dat hy die krag en sterkte ontvang het om die Baal offers te vernietig. Al hierdie probleme het a.g.v. sonde gekom.
DIE BEMOEDIGENDE BOODSKAP:
In Orpa, het die Engel van die Here Gideon beveel om die altaar van Baal te vernietig, wat sy pappie gebou het. Hy het dit gedoen en verder ‘n altaar gebou waarby hy die offers gebring het soos die engele hom beveel het.
Die inwoners van Orpa was woedend toe hulle verneem dat Gideon die Baal altaar verwoes het, maar Joas het hom beskerm deur te sê: “Laat Baal teen hom veg” (6:32). Weens hierdie insident het Gideon ‘n ander naam ontvang nl. Jerrubabel. “Laat Baal pleit”
DIE GROOT OPDRAG:
“Toe draai die Here na hom toe en sê: Gaan in hierdie krag van jou en verlos Israel uit die hand van die Midianniete” Vs.14.
Sy krag het in die verskering van die hand van die Here gelê.
DIE ALGEMENE VERSKONING:
Vs.15 “Maar hy vra Hom: Ag Here waarmee sou ek Israel ver-los. Kyk my geslag is die swakste in Manassa, en ek self is die geringste in my familie”
Hoor u die refrein in Moses en Saul.
DIE VERSEKERDE BELOFTE:
“Toe sê die Here vir hom: Ek sal met jou wees” Vs.16
Die Here vul sy behoefte of nood met Sy teenwoordigheid. Die teenwoordigheid van die Here is alles wat ons nodig het as Sy diensknegte. Groter is Hy wat met ons is as hy wat in die wêreld is.
DIE BELOFTE GENEEM:
Dan reageer Gideon deur te vra dat as hy guns in die oë van die Here ontvang het moet Hy hom ‘n teken gee. Vs.17-22. Die Here vra Gideon om ongesuurde koeke en vleis op ‘n rots te plaas en daar het vuur uitgegaan en dit verteer. Die Here het met vuur ge-antwoord. Dink aan 1 Kon.18:24 en Hand.2:1-4.
Vuur het gekom toe die offer gebring was, so kom die Heilige Gees en brand alles wat onrein is uit. Dit is wat die doping met die Heilige Gees sal kom doen.
DIE AANBIDDINGS REAKSIE: VS.24
“Toe bou Gideon ‘n altaar vir die Here en noem dit: Die Here is vrede” Johova Shalom. Dit was in reaksie op die feit dat Gideon die Engel van die Here gesien het en gevrees het dat hy sou sterwe. Die altaar verwys na die kruis waaruit Sy vrede vir ons gevloei het.
II) NA DIE ONTMOETING
A) WAAR HET GIDEON BEGIN:
By sy huis. Vs.25 Sien ons dat hy sy pa se bul geneem het en die altaar van baal afgebreek het en die heilige boomstam afgekap het wat daar langsaan gestaan het. Gideon het sy vader geëer maar sy afgode verag.
Hy het tien diensknegte saam met hom geneem vs.27. Sy roeping was duidelik.
B) WAT HET GIDEON GEDOEN?
1) Hy het eers afgebreek: Hy het die altaar neer gegooi van Baal. Dit wat teen die Here was het hy mee gehandel.
2) Toe het hy opgebou: Bou ‘n altaar vir die Here jou God. Vs.26
Dit is nie net genoeg om af te breek wat nie tot eer van die Here is nie, maar ook om die Here in ere te herstel. Dit is ons tyd om Christus as die gekruisigde Here te predik, sodat redding vir mense in hulle huise kan kom.
III) WAT VOLG TOE DAAROP
1)Daar het ‘n veranderde gesindheid gekom:
Vs.30 Die inwoners van die stad was woedend. Die ongereddes bedink nie die dinge van die Here nie.
2)Hy ontvang ‘n veranderde naam:Vs.32
Van toe af het Gideon ‘n varanderde naam ontvang. Jerubabel.
3) Hoe was hy bemoedig:
Deur die toerusting van die Heilige Gees. Vs.34 “En die Gees van die Here het Gideon vervul”
Gereedheid vir diens van die Here kan alleen gevind word in die volheid van die Gees van God. Toe Gideon die basuin geblaas het, het ‘n groot menigde hom gevolg. ‘n Groot menigde het gevolg vs.34 maar wie die Here nie gekies het nie. Toe begin daar ‘n siftings proses plaasvind.
1) DIE VREEMDE HINDERNISSE: Vs.2
VS.2 Die Here sê vir Gideon dat die mense wat saam met hom is te veel is. Menslik is ‘n weermag van 32 000 die inding teen die 120 00. Dan kom die skrif in Sag.4:6 “Nie deur krag of geweld nie, maar deur My Gees spreek die Here.”
Toe die menigdes van Midiaan in die vallei van Jisreël kamp op-slaan, het Gideon 32 000 manne saamgeroep om van Manassa, Sebelon Naftali, en Aser naby die berg Gilboa net suid van die Middianietise kamp laer op te slaan. Gideon het die vir leiding gevra in Rigters 6:36-40 het die Here vir opdrag gegee dat die manskappe verminder moet word
2) ‘n VREEMDE VERSOEK: Vs.3
Vs.3. Almal wat bang en bevrees was het toestemming ontvang om huis toe te gaan, 22 000 het huis toe gegaan. Net 10 000 bly oor.
Toe was daar die toets van die wat water drink waarna daar net 300 soldate gekwalifiseer het om saam met Gideon te gaan. 7:4-7
3) DIE TWEEDE TOETS: VS.4
Nou moes hulle afkom na die spruit en water drink. Hoe groter die vuurproef waardeur ons moet gaan, hoe groter is die werk waarin die Here dikwels Sy kind mee toevetrou. Dink aan Abraham, Moses, Josef, Daniël, Petrus, Paulus, ens.
Die wat die Here in die geskiedenis gebruik het was die wat deur die uiterste vuurproewe moes gaan.
4) ‘n TOEGEWYDE BENDE:VS.5-7
Die wat op hulle knieë neergebuig het was nie persoonlik fiks vir die werk van die Here nie. Hulle was almal dorstig ewe kosbaar maar beide het die goeie en nodige van die Here nodig. Die wat eie gemaksug op die voorgrond stel en nie die belange van die Here eerste nie, sal nie beproefd wees vir die geveg nie.
Die wat totaal aan die Here weg gegee is het net een begeerte en dit is om die wil van die Here te doen.
Vir diesulkes, wat bereid is om tot die einde toe te gehoorsaam en Sy wil te soek is hierdie waarheid ‘n realiteit:
Geestelike krag is beskikbaar. Sekerlik kan die God wat hierdie wêreld tot bestaan geroep het en hulle in hulle orde geroep het die kerk instaat stel om klein oorwinnings soos niks te kan behaal nie.
Die krag is daar, die nood dienooreenkomstig. Wat die kerk nodig het is manne en vroue van geloof soos ‘n Abraham, manne en vroue van gebed soos Elia, manne van moed soos ‘n Gideon. Kombineer hierdie karakter eienskappe met die sagmoedigheid van ‘n Moses en jy sal die vyande op die vlug laat slaan.
Groot en magtig is onse Here maar die krag sal nie beskikbaar gestel word totdat ons as ‘n kerk dit gaan besef nie. Waar daar mense is, is daar nood, en harte honger. Ons bereidwilligheid om onsself beskikbaar te stel gaan baie afhang van ons dorp se toekoms, ons provinsie en land en kontinent ens.
‘n Kerk hoe klein ookal is veronderstel om die skerpte van Sy koninkryk te openbaar. Dit is in ons klein kerkie waar geloof geimplimenteer moet word. Ons kan al die groot leerstellinge waarhede in watter arsenale hê, maar dit moet vrygestel word deur u en my lewens. Wat ‘n geweldige verantwoordelikheid rus op u en my. As ons wil voortbestaan is dit omdat ons ‘n visie het.
Gideon het ‘n groot geloof en het 300 man saam met hom gehad wat bereid was om die Here onvoorwaardelik te vertrou, en dui-sende moes swik voor die God van hierdie bende.
Daar was ‘n paar manskappe wat nie fiks was vir die weermag nie:
1) Generaal ontmoediging: Wat sien dat die meeste mense
maar verlaat en voel dat hy ook elders ander verpligtinge het.
2)Kolonel ontevredenheid: Wat nie die posisie verkry wat
hy verdien nie.
3) Majoor twyfel: Wat gedink het dat die Midianniete wel
verslaan kon word maar nie op hierdie metode nie.
4)Kaptein brompot: wat sy eie manier wil hê.
5) Luitenat luiaard: Wat se dat dit eenvoudig te veel
inspanning kos.
6)Sersant sinies: Wat nog nooit so ‘n soort organisasie in
enige weermag gesien het nie.
7)Korporaal kritiek: Wat nie van hierdie vlieserige genaraal
hou nie.
8)Private knorrigheid: Met al sy neefs.
Gideon het net drie gunsteling soldate oorgehad:
1)Kaptein geloof.
2)Kaptein hoop.
3)Kaptein liefde.
Dit was die enigste resep wat die Here voorgeskryf het vir Sy weermag.
In watter weermag bevind ek my.
***********************
GIDEON SE BEMOEDIGING:
Terwyl Gideon in die stilte die kamp van die Midianniete bespied het hoor hy die bemoedigende woorde van die Midianiete wat die oorwinning van Israel oor die Midianniete verseker. Hy het sy bende in drie groepe verdeel, van 100 elk. Elkeen het ‘n lantern, ‘n staf en ‘n trompet as hulle wapens. Op Gideon se opdrag moes hulle die basuine blaas, en die kruike gebreek waarin die fakkels was. Dan die woorde die swaard van die Here en van Gideon. (7:20)
Paniek tref die vyande en die Midianiete begin die een die ander te dood, ‘n paar vlug na Bed-Haran waar hulle hoofde Oreb en Seeb verslaan was. ‘n Gevolg van 15 000 ontsnap maar Gideon het hulle agtervolg en hulle konings van Midian, Seba en Salmuna verslaan wat geen genade getoon het toe hulle Gideon se broers doodgemaak het nie.
Na die oorwinnig het Gideon die Galdiete wat geweier het om hom ondersteuning te gee met die geveg. Na al die oorwinning wou die sentrale gedeelte van die stamme Gideon koning maak, wat hy geweier het, maar wou net as ‘n rigter dien. Na veertig jaar het Gideon gesterf en het 70 seuns nagelaat. Gideon was in sy vader se graf Joas in Ofra begrawe. Sy oorwinning word in Ps.83:9-12 genoem asook in Jes.10:26 en in Hebr.11:32
Na die dood van Gideon het een van sy seun Abimeleg probeer om sy vader se reputasie te behou, om ‘n eie konikryk te wil bou. (8:23) Abimeleg het by sy moeder se mense die Segemiete probeer om hom as koning te verklaar. Hulle het hom met geld van Baal-Berit voorsien (9:4). Hy het 698 van sy broers verslaan. Sy een broer Jotam vlug na die berg Gerisum, en het ‘n toespraak vir die Sigamiete gehou, waarin hy die gelykenis van bome ge-bruik het (9:7-20) en herhinder hulle aan hulle skuld teenoor hulle pappa.
Abimeleg wat ‘n seun van ‘n vryslaaf is het geen reg op die titel nie, die Here was die enigste koning. Jotam verklaar ‘n vloek wat op Abimeleg sal wees sowel as op die Sigemiete, wat vervul was in die verbranding van die toring van Sigem.
Abimeleg het vir drie jaar regeer en het soms die titel van die sewende rigter ontvang. Na sy ondergang het ander rigters gelei soos Tola van Isasakar wat die agtste rigter was. (10:1-2).
GIDEON:
INLEIDING:
Sy naam beteken: Neerveller, of krygsman, seun van Joas die Abieseriet, uit die stam van Menasse.
Woon in Orfa 6:11 Leef om en by 1200 v.C.
Hierdie is reeds die vierde siklus van wegbeweeg en terugkeer in die geskiedenis van die Rigters. Na 40 jaar van vryheid van die vyandige nasies, het Israel weer terug beweeg na hulle bose praktyke van afgodediens. Goddelike bestraffing het in die vorm van ‘n inval, hierdie keer van die ooste gekom nl. die Midianniete saam met die Amelikiete, met ‘n mag so groot soos ‘n swerm sprinkane. Die Israelliete het uit vrees vir die Midiannite slote en gate in die berge gegrawe as vestings. Rig.6:2.
Hulle het die Here aangeroep en die Here het ‘n profeet vir hulle opgewek, wat hulle oor hulle afvalligheid vermaan het.
Vir 7 jaar het hulle reeds Israel ingkom gedurende die oestyd. Hulle was by verre in die meerderheid en het vanaf Palistina die land oorge -kom. In.vs.2-3 vertel hoe hulle vir hulle gate en slote gemaak het en hoe hulle geen dier laat oorbly het of oeste as hulle die land binne gedring het nie. Rigters 6:2-6.
SY TOETS:
Die Here se sesde verlosser in Gideon, die seun van Joas is, wat van die stam Manassa is, wie se broers oorval was deur ‘n vorige Midianietiese aanval. (8:18-19).
Gideon het in die stilte koring gewan om dit vir die Midianniete weg te steek in sy pappie se skuur in Orpa, toe die Engel van die Here vir Gideon opdrag gegee het om te gehoorsaam, en die altaar wat sy pappie vir Baal opgerig het te vernietig. Uiteindelik sou hy Israel uit die mag van die Midianniete verlos.Rig.6:14
Hy rig ‘n altaar op en noem dit: Die Here is vrede. Rig.6;24, asook in dieselde nag die altaar van Baal te vernietig. En die asjera, die heiilge boomstamme wat langsaan gestaan het.
Gideon het gehoorsaam, en ‘n altaar vir die Here opgerig en offers daar gebring soos die engel hom opdrag gegee het. Die manne van Orpa was woedend toe die altaar van Baal omgegooi was, maar Joas het sy seun verdedig deur te sê: “Laat Baal teen hom veg, omdat hy sy altaar omgegooi het.” .6:32.
A.g.v. hierdie insident het Gideon ‘n ander naam ontvang nl. Jeru-babel “Laat baal vir homself veg.”6:32
OMSTANDIGHEDE RONDOM MIDIAN:
Gideon het Menasse, Aser, Sebulon, en Naftali teen die Midianie-te die Amelikiete en die Oosterlinge opgeroep. Hulle het in die laagte van Jisrieël laer opgeslaan. Rig.6:33-35.
Die massas Midianniete het by Jisreël bymekaar gekom, het Gideon 32 000 manne bymekaar gehad. Manne van Menassa, en Sebelon, en Naftali en Aser teen die hange van die Berg Gilboa, net suid van die Midianietiese kamp.
Nadat Gideon die wil van die Here te wete wou kom deur die wolvliessie uit te gooi (6:34-40) het die Here aan Gideon opdrag gegee om die manskappe te verminder wat by hom was. Almal wat bang en bevrees was mag terug gegaan het huis toe. 22 000 Manne het omgedraai en huis toe gegaan.
Toe daag die Here weer vir Gideon uit met ‘n volgende toets. By ‘n stroompie daar naby was daar net 300 manne wat kwalifiseer om saam met Gideon te gaan (Rig.7:4-7)
GIDEON SE WAPENS:
Terwyl hy die vyande se kamp in die stilte gaan besoek het, saam met sy wapen draer, was hy hoogs bemoedig gewees om te hoor dat die Midianniete van ‘n oorwinning van Israel oor die Midianniete gaan verwerf. Hy verdeel sy groepie in 3 dele van ‘n 100 elk met fakkels, kleipotte, en ‘n ramps horing. Die aanval was op die geberg-te van Efraim.
Op bevel van Gideon sny die Efraimmiete die vlugtendes van die waters af tot by Bet-bara en die Jordaan, en neem twee vorste van Midian, Oreb en Seëb gevange, wat hulle daarna gedood het. Rig.7.
Gideon steek met 300 man die Jordaan self oor en sit hulle agterna. Die manne van Sakkut en Pnuel wyer om Gideon se bende van kos te voorsien Rig.8:4-9.
Gideon oorval die leers van die koning van Midian, Seba en Salmuna by Karkor, en jaag hulle op die vlug. Seba en Salmuna word deur Gideon self gevange geneem Rig.8:10-12. Toe straf hy vir Sukkot en Pneul Rig.8:13-17
Toe hy hoor dat Seba en Salmuna sy brooers gedood het maak Gideon hulle dood by Tabor. Rig.8:18-21.
Hulle wil Gideon koning maak en weier dit en vra van elkeen ‘n ring wat 1700 sikkels goud was byna 28 kg. Hy maak ‘n skouerkleed en stel dit in Ofra op wat die volk afvallig gemaak het. Rig.8:22-27.
Toe Gideon die horings geblaas het, het hulle hulle kleipotte wat bo-oor die fakkels was gebreek en dit begin beweeg en onderbreek die donkerte met ‘n geweldige geskreeu. “Die swaard van die Here en van Gideon” Rig.7:20.
Paniek het die Midianietse kamp getref en begin hulle mekaar aan te val, in die donkerte en die paar wat ontvlug het na die skuiling by die rivier was ingehaal by Bet-Bara en die Jordaan, waar hulle leier (offisiere) Oreb en Seëb gedood was.
‘n Groep van 15 000 het ontvlug maar Gideon het hulle agtervolg en vanaf Sakkot opdrag gegee dat die kaptein en hoofde gedood moes word Seba en Salmuna was konings gewees.(8:18-19)
Hy vertrek toe verder na Pneul, en hulle ook oorwin, maar hulle vlug van Karkor maar verslaan die leër uiteindelik by Nobog en Jogbeha terwyl hulle gerus het. Hulle het nog nie die twee konings Seba en Salmuna gekry nie. Hy het hulle later gevang nadat hy die Midianiet-se leer uitmekaar gedryf het.
Gideon ondervra die twee konings wat hulle gedoen het met sy koninklike broers, wat fisiese broers van hom was. Hy gee toe aan sy oudste seun opdrag om die twee konings dood te maak, en doen dit uiteindelik homself.
Nadat Gideon die Gileadiete verower het, wat geweier het om same-werking te gee om saam met hom te gaan en die Efraimiete gekla oor die klein deeltjie wat hy aan hulle gegee het, teenoor die die van Menassa het hy hulle stil gemaak deur ‘n stelling in vs. 2 “Is die na-oes van Efraim nie beter as die wynoes van Arabië nie…?”
Hy het hulle herhinder aan die meer belangrike aspek om die Jordaan op te pas. Vir toekomstige beskerming het die sentrale stamme gevra dat Gideon hulle koning moes wees, wat hy geweier het, dat hy bloot tevrede te wees om hulle rigter te wees.
Na 40 jaar het Gideon gesterf en het 70 seuns agter gelaat, en was by die grafte van sy pappie Joas in Ofra (8:32).
Sy oorwinnings is in die Psalms genoem 83:9-12. deur Jesaja in 10:26 en die Hebreers in Hfts.11:32.
Na die dood van Gideon het daar weer afval plaasgvevind het Abimeleg ‘n liefdesslaaf van Gideons se kind, een van Gideon se seuns besluit om sy vader se voetstappe na te volg, om ‘n eie koninryk vir homself te bou. Alhoewel Gideon die kroon geweier het, (8:23) het Abimeleg by sy mammie se mens die Sigamiete gevra om hom as koning te verklaar. Hy het gevra was dit nie beter om deur een man as deur 70 geheers te word nie. (9:4)
Hulle het vir hom 70 sikkels silwer uit Baal-Berit gegee en lisinnige manne gegee om hom te volg. Waarmee hy na Orpa gemasseer het, waarmee hy 68 van sy eie broers doodgemaak het. Een broer het ontsnap Jotam wat na die berg Gerisem gevlug het en ‘n wonderlike toespraak gelewer het aan die Segamiete, deur die gelykenis van die bome te gebruik (9:7-20) om hulle te herhinder aan hulle getrouheid teenoor hulle vader Gideon.
Abimeleg wat ‘n seun van die liefdes dienskneg was het geen titel tot die troon kon maak nie. Hier was die Here die enigste koning. Jotam het ‘n vloek oor die Sigemiete en Abimeleg verklaar wat uiteindelik vervul was met die afbranding van die toring van Sigem en die hoof van Abimeleg vermorrsel was by Tibes.
Die onaanvaarde koning Abimeleg het drie jaar regeer en het soos die sewende rigter titel ontvang. Gedurende die tyd van sy onder-gang was daar ander rigters genoem, Tola, Isaskar wat die 8 ste rigter was (10:1-2) en die 9 de was Jair ‘n Gileadiet, wat vir 22 jaar gerig het (10:3-4).
********************************
GIDEON SE GIDEON STUDIE:
INLEIDING
Augustinus het eens gesê dat die Here in elke persoon ‘n leemte geskep het wat Hy alleen in ons kom kan vervul. Die Woord van die Here verklaar aan ons in Efe.2:1 dat die mens dood is in sonde en misdade, en dat volgens Rom.3:11-12 niks goeds in die mens woon nie. Jes.53 bevestig aan ons dat almal afgedwaal het en dat almal sy eie pad gevolg het. Daarom dat dit die Here behaag het om Sy Seun na die aarde te stuur om t.w.v. ons sondes verbrysel te word.
Die dag wanneer ek die Here Jesus toe laat om in my lewe in te kom en my deur Sy genade te kom red of te wederbaar ontvang ek volgens 11 Pet.1:4 die kosbare skat wat die “Goddelike natuur” is, wat in ons harte ingeplant is. Kolesense 1 sê vir ons dat ons oorgebring is van die duisternis na die wonderbare Lig van die Eangelie en dat ons nou saam met die Here in Hemelse plekke sit. Ps.110:2.
Nou dat die Here in my hart kom intrek het, beloof die Here Jesus dat ek saam met Hom maaltyd hou en dat ons nou gemeenskap met Hom kan beoefen. Galasieërs verklaar aan ons dat die Woord vir ons ‘n tugmeester of ‘n spieël is waarin ons onsself sien en waarin ons dan
verander kan word na dieselfde beeld van heerlikheid as wat die Here is. 11 Kor.3:18.
Waarom Bybelstudie hou?
In Ps.5:4 roep Dawid uit “In die more Here sal U my stem hoor” As die Here Jesus dit nodig geag het om dikwels vroeg in die nag op te staan en die aangesig van die Here te gaan soek volgens Luk.1:75 hoeveel te meer het ons dit nie nodig nie. Tye allen met die Here het ‘n meerdoelige funksie.
1) Jer.33:3 Sê die Here: “Roep My aan in die dag van benoudheid” . Daar is tye soos in die Here Jesus se lewe in Getsemane, waar ons in die uiterste noutes kom. Efe.6 wys op “die dag van onheil” waar alles net verkeerd wil loop en ek die aangesig van die Here moet gaan opsoek om Sy wil vir my lewe te wete te kom. Tye van benoudheid is tye van wanhoop waarin ek dan na die Here kan vlug en weet dat die Naam van die Here ‘n sterk toring is, die regverdige hardloop daarin en word beskud.
2) In die Bergpredikasie sê die Here Jesus dat ons in ons binnekamer moet gaan. Die woord binnekamer kan ook as “skuur” vertaal word, waar ek kan gaan sit en die Here die lieflike verborgenhede van Sy Woord aan my hart kan verklaar en ek dan in my daaglikse wandel vir die mense in nood ook die “manna van die hemel” aan harte kan deel sodat hulle ook daardeur opgebou kan word. Mens lees nie meer die Bybel nie, en Paulus sê in 1 Kor.3 dat ons ‘n brief is wat deur mense gelees word en dat hulle Christenskap aan my lewe meet. 1 Kor.8:12 Gaan verder en verklaar dat ek wat myself beskikbaar stel om diensbaar vir die Here te wil wees, in ‘n sin ander se gewete is en dat hulle die Here Jesus navolg in die evangeliese “Lig” van dit wat ek weet, en sou ek onverskillig wees, se die vers dat ons teen die Here Jesus sondig.
3) Dat ons toegerus kan wees vir ons persoonlike omstandighede waarin ons, ons bevind om volgens Efe.6:10 “kragtig in die Here te wees, en in die krag van Sy sterkte.” Ons moet onsself staal teen die aanslae wat ons elke dag mee te doene het so toegerus kan wees teen elke vorm van aanslag en strategie wat teen my lewe geloots word, om dag na dag die oorwinning in onse Here Jesus te ondervind.
4) Dawid sê in Psalm 119:11 “Ek het U Woord in my hart gebêre, dat ek teen u nie sal sondig nie”. Hoe heerlik is dit nie dat in tye van voorspoed en tye van seën die algenoeg-saamheid van die Hereondervind kan word, indien ek my hart in vrede met die Here bewaar en indien ek myself verdiep in die onfeilbaarheid van die Woord van die Here.
5) Omdat Hy my eerste liefgehad het, en Hom vir my oorgegee het, het daar nou ‘n liefdesband tussen my en die Here Jesus ontstaan en omdat ek Hom so innig liefhet, wil ek graag meer en meer Sy gebooie onderhou en Sy wil, doen en ek kan dit nie te wete kom indien ek nie tyd met die Here spandeer om Sy hartklop vir my lewe te wete te kom nie.
Ons as Gideons het die verantwoordelikheid om so met die Here te wandel, en Hom so lief te hê dat ek saam met Paulus kan getuig dat ek as ‘n dankoffer uitgegiet wil wees, om maar net vir Hom bruikbaar te wees. Ons ou lewetjie is so kort hier op aarde, ons het net een kans om Hom te behaag en dit is nou. More is dalk te laat en spyt kom ook altyd te laat. Laat ons dan des te meer, ons die dag van die Here sien nader kom, ons daarin beywer om ons lewens aan die Here weg te gee, en dat ons onsself in die Here Jesus verloor sodat ander ook kan gewaar dat Christenskap ‘n avontuur is en ek my verlustiging nie in die wêreld vind nie, maar in die Here wat my wese versadig deur die moeitevolle arbeid van Sy lyde. Jes.53:10-11.
Die Here het aan elke weergeborene die verantwoordelikheid gegee om volgens Efe.4:1 “Waardig die roeping waartoe ons geroep is te wandel.” Ons sal nooit die toerusting tot so ‘n lewe kan ervaar indien ek nie tyd met die Here spandeer nie. Hy gee aan ons Sy beskutting rondom ons “Rondom Jerusalem is berge, so is die Here rondom ons. Hy gee Sy standvastigheid onder ons Petrus verwys ‘n paar keer daarna dat ons die Here Jesus as rots ontvang het. Hy gee Sy toerusting binne in ons Rom.8:16 Dat ons die Heilige Gees in ons ontvang as ons Hom in ons harte ingenooi het. Hy gee engele as boodskapdraers bokant ons se Hebr.1 en dan gee Hy aan ons die wapenrusting aan ons waarmee ons toegerus kan wees om elke aanslag wat na ons toe kom af te weer, deur die wapens wat kragtig in die Here is om vestings neer te werp. 1 Kor.4.
Die kragtigste wapen wat die Here aan ons as Gideons gegee het, is ‘n heilige lewenswandel, vervuol met die volheid van die liefde van die heilige Gees in ons. Ons sal dit nooit deelagtig kan raak indien ons nie tyd maak om heilig te lewe nie.
Wat word met hierdie tyd met die Here bedoel?.
Ons kan ‘n stilte tyd beoefen waarin daar geen lewe is nie, waarin ek werklik “stilte tyd” hou, of een waarin ek aggressief en doelgerigt my toerus met die toerusting van die Here deur:
1) Niks toe te laat wat tussen my en die Here as
sonde staan nie.
2) Genoegsame tyd, minimum ‘n tiende van die
dag aan die Here te spandeer.
3) Nie toe te laat dat my sal besoedel of sal
verhinder mag word in my verhouding met
die Here nie.
4) Sistematies deur die Bybel te werk, omdat ons
manne van die Bybel moet wees.
5) Konstruktief en doelgerigte Bybelstudie te
hou en nie rond te tas in onderwerpe nie.
Gebruik ‘n goeie hboek as riglyn of
hulpmiddel.
6) Genoegsame tyd in gebed te spandeer vir my
persoonlike behoeftes sowel as die
behoeftes van my mede- Gideons voor die
Here op te dra..
7) ‘n Lewenswandel wat onberispelik is sodat
daar niks teen my lewe ingebring kan word
nie.
8) ‘n Liefde vir elke mens omdat ek weet dat die Here in genade my kom uithaal het uit
sonde en ek nou ook hierdie genade aan andere kan bring wat vasgevang is in sonde en
in wanhoop.