GEVOELENS
Die heiligheid en onskuld van die karakter van Jesus het gemaak dat die valse aantygings en die hoon baie intens gevoel is, maar dat Sy hart gesmelt het in deernis vir hulle en Hy uitgeroep het: “Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.”
Dit is waar dat ‘n persoon wat heilig leef valse beskuldiginge en belediginge voel, maar dit is ook waar dat hy nie onder hierdie om-standighede sal toegee aan woede of ongeduld nie.
Rakende woede het Wesley gesê: ‘Daar is persone wat beweer dat woede gedring deur ‘n ywer vir die waarheid of vir die eer van God kan wees. Maar alle ywer wat enige iets anders is as ‘n vlam van liefde, is vleeslik en van die duiwel…. Daar is niks wat ‘n groter vyand van die teer, sagte liefde van God is, as woede en humeurig-heid nie. Hulle kan nooit en sal nooit uit dieselfde hart voortkom nie.”
Daar is wel so iets soos ‘n regverdige ‘protes’. Dit is dit wat in die hart van die nederige Jesus was. Voordat u nie die ondervinding van hartsreiniging ondervind het nie, sal u nie die verskil kan onderskei nie.
John Fletcher het geskryf: “Daar is ‘n tipe weersin, wat nie sonde is nie, maar ‘n deug. Dit is die tipe deug wat die Here Jesus gehad het toe Hy na die Fariseër gekyk het met weersin en voortgegaan het, sonder om te sondig.”
Die sensitiwiteit van ‘n heilige siel, onderskei die geringste dinge in die lewe van ander. Ons verwys nie hier na vleeslike liggeraaktheid nie, maar na geestelike onderskeid en die ervaring wat gepaard gaan met hierdie kennis.
Andrew Murray het gesê dat “nederigheid volkome kalmte van hart is. Dit is om geen stryd te hê nie. Dit is om nooit vererg of geirri-teerd te word nie; ook nie gekrenk of teleurgeteld te word nie. Dit is om niks te verwag nie, om nie na te dink oor wat teen my gedoen is nie…”
Wanneer ‘n vleeslike persoon tena gekom word, sal daar by die persoon, ‘n gevoel van aanstoot wees en so ‘n persoon sal wil ver-geld. Onder dieselfde omstandighede sal ‘n geheiligde persoon nie hierdie dinge ervaar nie.
Dit wat hierdie persoon sal beleef, sou ‘n mens eerder kon beskryf as berou, vernedering (en dit soms tot ‘n baie in-tense maat) en ‘n belaste siel. Dit klink alles so maklik maar in die praktyk is dit nie so maklik nie.
Vol van smarte, tog altyd blymoedig; as gekasty, tog nie tot die dood toe nie; as neergewerp, tog nie vernietig nie.
Baie sensitiewe persone is geneig om maklik depressief te word omdat hulle maklik die aantygings van die duiwel glo. Hulle ervaar teenstand van hulle wat in werklikheid hulle vriende is.
Hierdie tipe persone ly baie, nie omdat hulle liggeraak is of vleeslik is nie, maar omdat hulle vrees dat hulle aanstoot gegee het.
Mag die Here, in sy genade ons verlos van gevoelens wat Hom nie behaag nie en wat deur die duiwel oor ons pad gestuur is.
VREES
Tot watter mate is vrees verenigbaar met heiligheid? Vrees word gedefinieer as ‘’n emosie wat aangewakker word deur dreigende kwaad, voortdrywende pyn, met die begeerte om te ontsnap.’ Daar bestaan in elke persoon die ingebore wil om te oorleef. Hierdie instink vind ons in die eenvoudigste dier en selfs insekte en is ‘n veiligheids-meganisme teen seerkry. Hierdie vrees verdwyn nie, as ‘n persoon volmaak geword het in die liefde nie.
Daar is twee soorte vrees en daar is twee soorte liefde, die natuurlike en die geestelike. Adam Clark skryf “Natuurlike vrees is ‘n noodsaaklike bestanddeel van ons aardse bestaan en word nie uitgewerp deur volmaakte liefde nie.’
Dit sou onredelik wees om ‘n persoon se geestelikheid in twyfel te trek as hy versigtig is vir ‘n hond wat agteraf is, of ‘n perd wat skop ens.
Of ‘n persoon sidder as hy voor ‘n gehoor moet optree of kwyn weg by die gedagte dat hy met publiek moet werk.
Bramwell het gesê: ‘dat die verantwoordelikheid van sy werk as prediker hom dikwels laat sidder en hy gespanne die preekstoel nader. Hy het dikwels gewonder hoe dit gekom het dat hy hom in so ‘n beroep begewe het.’
Dit is die natuurlike mens wat gebuk gaan onder die las van die kruis. Fletcher het gesê dat ‘volmaakte liefde ge-neig is om ‘n persoon skugter te maak.’
Die vrees waarvan ons praat is bv. die vrees vir verwerping as ‘n per-soon waag om homself te wees; ‘n vrees vir mense; ‘n vrees dat dit wat ek doen nie goed genoeg sal wees nie; ‘n vrees wat ‘n persoon verhinder om alles te wees vir die Here wat ‘n persoon moet wees.
Dan is daar, wat ons noem ‘die vrees van die Here’, wat in elke geredde persoon se harte tot ‘n minder of meerder mate te vind is. Hierdie vrees word bepaal deur die volheid van die Gees van God, wat ‘n persoon ondervind.
Hierdie vrees hou ‘n persoon in ‘n intieme gemeenskap met die Vader. Dit is met teerheid wat so ‘n siel vir die Here kan sê dat hy Hom liefhet, omdat Hy hom eerste liefgehad het.
Natuurlike vrees word veroorsaak deur bv. gevaarlike omstan-dighede, ‘n brandende gebou, dun ys, donker paaie, gevaarlike gemeenskappe. Ook vrees vir openbare rede-voering, vir valse aantygings of skinderpraatjies. ‘n Persoon kan ook sidder as hy te staan kom voor sy senior of voor ‘n vloedgolf van kritiek. Hy mag gebuk gaan onder die druk van ‘n ongewone las en uitroep dat ‘as dit moontlik is, die beker verby kan gaan…”
Die volgende vrese word nie deur volmaakte liefde uit-gedryf nie:
1. Die vrees wat tydens beproewing en loutering, genade in ons inwerk.
2. Ook nie die vrees wat ‘n mens laat wegvlug van gevaar nie
3. Ook nie die vrees/waaksaamheid wat in ons gewerk word wanneer daar nood is nie.
Dit vernietig wel:
1. Die vrees om gebrek te ly
2. Die vrees vir die dood
3. Die vrees vir die oordeel
Al hierdie vrese bring lyding en smarte en is in teenstelling met volmaakte liefde. Hy doen dit wanneer Hy sonde en saam daarmee die dood wat dit voortbring, wegneem.
Wesley en Clark stem ooreen t.o.v. die volgende:
1. Losbandige en wêreldse mense, in die algemeen, weet niks van die vrees van God nie.
2. ‘n Ontwakende siel ervaar iets van die vrees van die Here, sonder noodwendig die liefde van God.
3. Jong gereddes ervaar dikwels angstigheid en liefde, in hulle wandel met die Here.
4. Volwasse christene het liefde sonder vrees, omdat vrees straf inhou.
Liefde is die gees van aanneming – vrees is die gees van gebonden-heid.
KOMMER
Die vraag wat gevra word, is of kommer verenigbaar is met heilig-making. Hier kom die menslike element sterk na vore. Daar is per-sone met temperamente wat geneig is tot kommer, terwyl ander glad nie in die minste oor dinge kommer nie. Daar is ‘n baie fyn streep van onderskeiding hier te tref.
Om voortdured in ‘n staat van kommer te wees, is vleeslik. ‘n Gees wat God se handelinge met my in twyfel trek is vleeslik. ‘n Hart wat valse aantygings en misverstande met weersin tegemoet gaan, is vleeslik.
‘n Gees wat prikkelbaar en liggeraak is onder fisiese on-vermoeëns is vleeslik. Ook die persoon wat ‘n versoeking van die bose tege-moet gaan met ‘n klag in die hart, teen die integriteit en waardigheid van die Almagtige God, is vleeslik.
Vleeslike kommer hou my integriteit in, as heilige mens. Dit skei my af van God deur my twyfel en klagtes.
Daar is ‘n kommer wat voortspruit uit my fisiese of innerlike toe-stand, wat net God alleen mee kan handel. Dan is daar kommer wat voortspruit uit my omgewing en my pligte, wat net ek self mee kan handel. Hierdie kommer skei my van God.
Wesley sê dat die swakhede wat spruit uit die verganklikheid van die liggaam nie in teenstelling is met liefde, in die Skriftuurlike sin nie. Kom ons let op die volgende woorde-boek-definisies.
1. Om op grond van besorgdheid onrustig te wees. Daar is nie ‘n persoon op hierdie aarde wat nie besorgd is oor een of ander iets nie. Hierdie kommer kan ‘n persoon tot trane dryf.
Petrus skryf dat ons ons bekommernisse op Hom moet werp. ‘n Persoon het dus kommer, wat op die Here gewerp moet word. Die Here Jesus vermaan ons dat die sorge van die lewe ons nie moet ontneem van ons verhouding met Hom nie.
BESORGDHEID wys na ‘n persoon se dringende begeerte dat dit met ander goed sal gaan in besonder, die wat aan ons sorg toever-trou is. Paulus toon op verskeie plekke sy besorgdheid oor die kerk en Jesus het geween oor Jerusalem. Dit is goed om self te oordeel of die tipe besorgdheid altyd ‘n persoon se gemoed sonder kommer laat.
2. Om onrustig en angstig te wees. Ps.9:10 “So is die HERE dan ‘n rotsvesting vir die verdrukte, ‘n rotsvesting in tye van benoudheid.”
Ps.27:5 “Want Hy steek my weg in sy hut in die dag van onheil; Hy verberg my in die skuilplek van sy tent; Hy verhef my op ‘n rots.”
Hy wil ook weet waarom God so ver is in tye van kommer? Ps.10:1. “O Here waarom staan U so ver weg en hou U verbor-ge in tye van benoudheid”
In tye van smarte vertroos die Here ons, sodat ons weer ander kan vertroos in hulle lyding. II Kor.1:3, 4 “…die Vader van ontferminge en die God van alle vertroos-ting, wat ons troos in al ons verdrukking, sodat ons die wat in allerhande verdrukking is, kan troos deur die vertroosting waarmee ons self deur God getroos word.”
Paulus was innig belas met die gemeentes en was dikwels in smekinge vir hulle, voor God.
3. Om geirriteerd en seergemaak in gees te voel. Krimmenele word geirriteerd onder die outoriteit van die wet; ongeheiligde kinders van die Here is geirriteerd a.g.v. die voortdurende stryd tussen die vlees en die gees in hulle. ‘n Godvresende mens sal seergemaak voel wanneer roem toegeswaai word aan hom i.p.v. aan God.
4. ‘n Staat van komplekse besorgdheid en angs. Sommige heilig-heidspredikers maak vryheid van hierdie angstige besorgdheid, ‘n bewys van heiligheid, maar ‘n mens wonder of Paulus dit doen.
Ons sal nooit in hierdie lewe op die plek kom waar ons nie die swaar las van die lewe meer voel nie of moedeloos word deur die teleurstellings nie. Paulus en sy mede-werkers wat buite vermoë verdruk en beproef.
Hulle het van buite aanslae beleef en van binne vrese. Maar die Here het hulle vertroos en op gelig.
5. Verdeelde of versteurde sorg of geleentheid van angs.
Ons lees baie van manne en vroue van God wat totaal en al in ge-loof wandel en wie se behoeftes ontmoet word, alhoewel dit nie altyd op die maniere is wat ons dit graag sou wou hê nie.
Daar is kinders van die Here wat onder haaglike omstandighede vir Hom moet werk; wat ween en bid; wat werk en sweet; wat deur te stry in veel pyn en swakheid en gebrek hulle vesier op Hom gevestig hou en vir Hom uitstaan.
As ‘n persoon in sulke omstandighede eerlik kan sê dat daar geen besorgdheid en kommer is nie, is hulle beter as die meeste ander. Dit was Job wat vir die Here gesê het dat die Here maar kan maak wat Hy wil, hy sal Hom bly dien. Van watter geestelike stoffasie is u gemaak?
6. Kwelling – om bedroef, besorgd en bekommerd te wees. Jesus was bedroef. Paulus was besorgd.
7. Prikkelbaarheid – dit dui op die rusteloosheid en ongemak wat daar by mense is a.g.v. spanning, opgewinding of geneigdheid tot onstabiliteit.
Sommige mense raak oor die geringste dinge kriewelrig en meest-al is daar geen rede voor nie.
Die Here vermaan ons as ons kommer, maar Sy teregwysinge is teer. Dit is soos olie wat uitgegiet is, wat die harte smelt. Mag die Here vir ons geloof gee in hierdie sonde-deurdronge wêreld.
‘Child of my love, lean hard,
And let me feel the pressure of thy care,
I know thy burden, child. I shaped it;
Poised it in mine own hand; made no proportion
in its weight to thine unaided strength.
For even as I laid it on, I said.
I shall be near, and while she leans on me,
This burden shall be mine, not hers;
So shall I keep my chihld within the circling arms
Of my own love. Here lay it down, nor fear
To impose it on a shoulder which upholds
The government of worlds. Yet closer come:
Thou art not near enough. I would embrace thy care;
So I might feel my child reposing on my breast.
Thou lovest me? I knew is. Doubt not then:
But, loving me, lean hard.”
BITTERHEID
Dit is ‘n groot gebeurtenis om gered te word en ‘n nog groter saak om my redding te behou. Baie verloor hulle gemeenskap met God omdat hulle kompromie sluit met sonde. Baie meer verloor hulle liefde en word hard en liefdeloos.
In dieselfde asem waarmee ons die opdrag ontvang om heiligheid na te jaag, waarsonder niemand God sal sien nie, kom ook die opdrag uit Heb.12:15 “…en pas op dat niemand in die genade van God veragter nie; dat geen wortel van bitterheid opskiet en onrus verwek en baie daardeur besoedel word nie.”
Daar is feitlik geen einde aan die skade wat bitterheid kan veroor-saak nie. Dit bring verwydering of skeiding, dit bring lyding, dit werk gejaagdheid op by mense; dit breek sosiale bande en dit ruïneer siele.
Dit is nodig vir ons om te onderskei wat dit is wat heiligheid in ons lewens teëwerk. Wat ‘n mens uit ‘n skrifgedeelte gaan kry, gaan afhang van wat daar in die hart van die mens is.
As daar liefde is sal die hardste woord ‘n tikkie teerheid hê. Dit kan maar skerper wees as ‘n twee-snydende swaard, maar vir die eerlike siel wat dit wond, kom die olie van vreugde vir die wat treur.
As daar nie liefde nie, maar bitterheid in die hart is, sal die Woord die persoon dryf en nie trek nie. Die pyl mag goed gemik wees maar sal ‘n vergiftende wond laat, wat weier om gesond te word.
Persone wat onder die invloed van die wortel van bitterheid kom, word onvriendelik en moeiliker om te bemin as wat hulle was toe hulle bely het dat hulle heilig lewe.
Die wat in liefde wandel, mag vyandskap veroorsaak, maar hulle vyande word na hulle toe aangetrek ten spyte daarvan
Dit is nie genoeg dat ons ‘n ywer het en dat ons ywer siele na die kruis toe bring nie. Watter karakter dra hierdie nuutgebore siele? Is hulle gevul met die liefde van God wat hulle dring om die gebooie van God te gehoorsaam?
I Joh.5:3 “Want dit is die liefde tot God, dat ons sy gebooie bewaar; en sy gebooie is nie swaar nie.”
Of is hulle wêreldgelykvormig? Of is hulle bitter van gees en veroor-delend in hulle uitkyk van sake?
Matt.23:15 “Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle trek rond oor see en land om een bekeerling te maak; en as hy dit geword het, maak julle hom ‘n kind van die hel, twee maal erger as julle self.”
Ons moet toesien dat ons nie so is nie en dat ons volgelinge nie so is nie. Ons doel moet nie wees om bekeerlinge te maak sodat daar mense in die kerk kan wees nie, maar om navolgers van die Waar-heid te maak, wat gewillig sal wees om die prys te betaal van ‘n dissipel.
Die werk en die wêreld het dringend behoefte aan persone wat in alle erns en eerlik, die werk van God kan volbring. Baie wat gewillig is om dit te doen, is nie geestelik toegerus om dit te doen nie of hulle sit self met baie onverwerkte dinge.
Wie is daar wat as ware geroepenes van God sal opstaan en getrou sal volhard in hulle werk vir God?
DIE VLEESLIKE GEMOED
Hoe vind die wedergeboorte plaas? Dit is ‘n stap van geloof. Joh.3:11 “Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, ons spreek wat ons weet en ons getuig van wat ons gesien het, en julle neem ons getuienis nie aan nie.”
Dit is dikwels so dat ‘n persoon wat weet watter opbouende rol voed-sel in liggaam speel, dikwels gesonde aptyte en gesonde bloed het. Die wat die werking van God se Gees in die siel van die mens absoluut in geloof aanvaar, ondervind die kragtigste werking van die Gees van God in hulle lewens.
Luk.18:17 “Voorwaar Ek sê vir julle, elkeen wat die koninkryk van God nie soos ‘n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.”
Daar is 7 verskillende Griekse woorde in die N.T. waarmee ‘gemoed’ vertaal kan word.
1. Doel, oordeel – Filemon:14 “Maar sonder jou goed-keuring wou ek niks doen nie, sodat jou goedheid nie uit dwang sou wees nie, maar uit vrye keuse.
Open.17:13 “Hulle het een gesindheid en sal hulle krag en mag oorgee aan die dier.”
Hand.20:3 “En daar het hy drie maande gebly; maar toe die Jode teen hom saamgespan het, terwyl hy juis na Sirië sou afvaar, het hy besluit om deur Macedonië terug te gaan.
I Kor.7:25 “In verband met die maagde het ek geen bevel van die Here nie, maar ek gee my mening as iemand wat deur die barmhartigheid van die Here betroubaar is.”
2. Innerlike doel – I Pet.4:1 “Omdat Christus dan vir ons na die vlees gely het, moet julle jul ook wapen met dieselfde gedagte, dat wie na die vlees gely het, opgehou het met die sonde.”
3. Gemoed, begrip – Rom.1:28 “En omdat hulle dit nie die moeite werd geag het om God in erkentenis te hou nie, het God hulle oorgegee aan ‘n slegte gesindheid, om te doen wat nie betaam nie.”
Rom.7:23 “…maar ek sien ‘n ander wet in my lede wat stryd voer teen die wet van my gemoed en my gevange neem onder die wet van die sonde wat in my lede is.”
Luk.24:45 “Toe open Hy hulle verstand om die Skrifte te ver-staan.”
I Kor.14:15 “Hoe staan die saak dan? Ek sal met die gees bid, maar ek sal ook met die verstand bid. Ek sal met die gees psalmsing, maar ek sal ook met die verstand psalmsing.
4. Siel, emosie – Hand.14:2 “Maar die ongehoorsame Jode het die gemoedere van die heidene teen die broeders opgehits en verbitter.”
Fil.1:27 “…ek van julle omstandighede kan hoor dat julle in een gees vasstaan en, een van siel, saam stry vir die geloof van die evangelie.”
Matt.6:25 “…Moenie julle kwel oor julle lewe – wat julle sal eet en wat julle sal drink nie; of oor julle liggaam – wat julle sal aantrek nie. Is die lewe nie meer as die voedsel en die liggaam as die klere nie?”
Matt.10:28 “En moenie vrees vir die wat die liggaam dood-maak, maar die siel nie kan doodmaak nie; maar vrees Hom liewer wat die siel sowel as die liggaam kan verderwe in die hel.”
5. Gedagtes, gemoed – II Kor.3:14 “Maar hulle sinne is verhard….”
Fil.4:7 “En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.”
II Kor.2:11 “…want ons is met sy planne nie onbekend nie.”
II Kor.10:5 “…en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus.”
6. Gemoed, intellek – Matt.22:37 “…Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.”
Heb.8:10 “…Ek sal my wette in hulle verstand gee en dit op hulle hart skrywe…”
Efe.4:18 “…mense wat verduister is in hulle verstand…”
I Joh.5:20 “En ons weet dat die Seun van God gekom het en ons verstand gegee het om die Waaragtige te ken…”
7. Gemoed, geneigdheid – Rom.8:7 “…omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is…”
Rom.8:27 “En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree.”
Rom.8:6 “Want wat die vlees bedink, vyandskap teen God is…”
Samevattend beteken dit: Wat ‘n persoon in gedagte het, wat hy dink, voel en wil.
‘n Persoon wat die Here nie ken nie, wie se gedagtes in beslag ge-neem word deur wêreldse dinge, planne en doelstellings het ‘n VLEESLIKE GEMOED – in hierdie geval is die persoon nog geestelik dood.
As hy werklik wedergebore is, sal sy gedagtes opgeneem word deur geestelike dinge.
Wanneer ‘n persoon waarlik geheilig is, is sy gemoed, sy wil tot so ‘n mate verander dat hy sy begeerte na wêreldse dinge weg-kwyn – en dat hy sy visier plaas op die dinge daarbo.
Ons moet ons gemoedere altyd oop hou die Son van Geregtigheid om in ons harte in te skyn. Die wet van die liefde, trek die verloste siel na God toe.
*************