GELOOF: WHITE LUK. 18:8

“Ek sê vir julle dat Hy gou aan hulle reg sal doen; maar as die Seun van die mens kom, sal Hy wel die geloof op aarde vind?”

INLEIDING:

Waarom is dit dat onse Here Jesus geintriseerd is in iets so eenvou-dig soos geloof?

Is dit nie so dat almal geloof het nie. Die Bybel noem tog dat daar mense is wat nie geloof het nie. As ons na die waarde van geloof gaan kyk sal ons uitvind dat die hele saligheidsplan deur geloof na ons toe kom.

Die Bybel sê dat ons deur geloof gered word, en dat ons deur die geloof gereinig word en dat ons daagliks deur die geloof wandel, as ek weergebore is. Verder sê die Woord van die Here vir ons dat ons die wêreld deur die geloof oorwin.

Geen wonder dat die Here Jesus geintriseerd was in ons geloof. Was daar ‘n tyd op aarde toe die mens nie gesoek het om deur die geloof gered te word nie, dat daar ‘n tyd sal aanbreek waarin die mens nie ‘n soeke sal hê om gereinig te word nie. Die mens is besig om enige vorm van kompromie aan te gaan met vriende, en dat in die laaste dae mense nie meer deur die geloof sal wandel nie.

Ook in ons omgewing is daar soveel mense wat in die strik van die duiwel verval het van die dag waarin ons leef. Die Bybel leer ons dat elke wonderwerk deur geloof plaasgevind het, soos Hy gesê het so het dit gebeur. Elke belofte is vervul deur die geloof, en elke gebed is deur die geloof beantwoord.

Geloof is van uiterste belang vir elkeen van ons se lewens. Mense sal selfs in die dag waarin ons leef vertel dat hulle net geloof kort. As jy glo dat jy nie geloof het nie, is jy erger as die duiwel want die duiwel glo en hy sidder, en u sê dat u nie glo nie, m.a.w. u betwyfel die Here.

Wat ‘n vreeslikheid is dit nie dat ons deur die lewe kan gaan sonder daardie kontak wat ons nodig het met die Here. Geloof is die skakel wat u en ek nodig het om met die Here gemeenskap te hê.

Sonder geloof sal daar geen moontlike skakels wees nie, as ek kan glo is enige iets wat die Here doen of voorsien nie, of enige iets wat die Here begeer om vir ons te doen.

Wanneer ons na Hebr. 11 gaan en ons gaan lees aangaande persone van geloof: is hier wonderlike dinge hierin geskrywe.

Eerstens was hierdie almal individue wat in die O.T. onder die wet geleef het. Hulle almal het voor die geboorte, die kruisiging opstand-ing of pinkster geleef, tog het hulle wonderlike dinge gedoen deur die geloof.

As ons na hierdie hoofstuk kyk word ons van iets bewus. Dat u en ek wat terug kan kyk die resultaat van geloof kan sien, ons weet hoe alles uitgedraai het in hulle lewens deur net die Bybel te lees. Hulle het nie geweet hoe dit sou uitdraai nie.

Hulle het ‘n absolute vertroue in die Here gehad. Toe die Here na hulle gekom het en gevra het om te doen wat Hy van hulle gevra het, het hulle eenvoudig geglo.

Kom ons kyk na hierdie hoofstuk en kyk wat ons hieruit kan leer en sien wat ware geloof kan verrig. Vra dan uself die vraag af of u ge-loof aan hierdie voorwaardes voldoen.

Vs.6 “Sonder geloof is dit onmootlik om die Here te behaag.”

Ek kan sing soos ek wil, bid soos ek wil, maar as ek nie geloof het nie, sal ek nooit die Here behaag nie. Die ding wat ek en u die meeste nodig het is dat ons die behae van die Here in ons lewens moet hê.

As ek dan na Hom kom, dat ek kan glo wie Hy is, en wat Hy doen, en wat Hy vir u wil doen. Verwag van Hom om om te sien na die behoefte van u hart in hierdie aand.

Elke versoek wat ek na Hom bring, kom deur die geloof. Ek sien nie die antwoord nie, en weet nie hoe Hy gaan verhoor nie, of hoe dit gaan gebeur nie, maar een ding weet ek dat Hy ‘n weg sal uitwerk, op ‘n manier waarin Hy die grootste nood van u hart gaan kom vervul.

Vra uself die vraag af: Is u geloof vir die Here ‘n behae, stel dit die Here tevrede.

As ek na die hemel opkyk en sê dat ek in die Here glo, is dit met twyfel en wanhoop en vrese en vraagtekens gevul. Hoeveel keer het u geloof u beperk, jou gebed was wonderlik, maar jou geloof het skipbreuk gely.

Die Here kon nie sê dat Hy sal seën nie, omdat ek nie die Here tevrede stel nie, deur my totale self in Sy hande te plaas nie, en dat na my probleme kan omsien.

Noag:

Vs.7 Ons sien hier dat geloof gehoorsaamheid vereis. Toe die Here na Noag gekom het en aan hom gesê het dat hy ‘n ark moes bou. Het hy nog nooit in sy lewe reën druppeltjies op die aarde sien val nie, of ‘n donderstorm gehoor nie, of weerligte gesien nie. ‘n Man wat na alle waarskynlikheid vêr van enige seë geleef het, was gevra om ‘n ark te bou.

Het hy regtig geweet waaroor ‘n ark gegaan het. Waarom moes hy ‘n ark gebou het.  Hy het dit gedoen wat die Here van hom gevra het, t.w.v. sy familie wat gered moes word.

Dit klink soos dwaasheid vir ons, maar wat sou ons gedoen het as ons ‘n ark in ons agtererf moes gebou het. Sonder dat ons die antwoord daarvoor het, en leef onder omstandighede waarin daar geen guns vir my is om te bevestig dat dit wat ek doen reg is nie, en doen eenvoudig wat die Here van u en my vra om te doen.

Tog sal ek Hom gehoorsaam. Wat van die eenvoudige dinge wat die Here van u en my vra om te doen, wat my gehoorsaamheid vereis. Sal jy dit net eenvoudig doen, om bv. iemand te skakel, net klein dingetjies wat die Here van u en my vra, waarin my gehoorsaamheid die verskil sal maak.

Geloof sonder gehoorsaamheid bestaan nie. Die Bybel is duidelik dat die seën van die Here nie op ongehoorsaamheid rus nie, maar eerder die toorn van God, rus op die kinders van ongehoorsaamheid. Daar-om sal daar geen beloning wees vir u geloof sonder gehoorsaamheid nie, maar net bestraffinge.

Noag het die ark gebou en die instruksies van die Here gevolg en die Here het van hom verwag om getrou die geregtigheid van die Here te predik, soos was hy besig was om die ark te voltooi.

Wat ‘n voorreg om deur die Here ingenooi te wees, en die uitnodig-ing te gehoorsaam, en die Here het hom beskerm. Aangaande jou geloof mag jy vandag vir die Here sê: Waarom verwag u van my sulke soort geloof. Watter dwaasheid sal dit vir my wees om so te reageer as ek dit sal doen.

Het Noag gedink dat dit dwaasheid was om die ark te bou. Om te predik dat daar ‘n oorstroming sou kom terwyl daar nooit voorheen so iets was nie. Hy moes net die Here glo, dat dit wat Hy sê sal ge-beur en dat die Here vir hom voorsien het, ‘n uitkoms van ontvlug-ting. Hy het die Here gehoorsaam totdat die Here hom beloon het.

Hy het deur sy geloof die hele wêreld veroordeel. Buite die ark sterf almal. Sy geloof het hulle veroordeel. Sy geloof het andere tot oordeel gebring. Terwyl sy geloof hom tot vryheid geroep het.

Vs.8 Praat daarvan om die Here te vertrou:

Abraham Vetroue in die Here: het opdrag ontvang om sy eie huis te verlaat, en na ‘n land te gaan wat hy nie weet waarheen hy gaan nie. Sal jy die Here gehoorsaam en Hom vertrou.

Toe hy die seun wat hy so liefgehad het gekry het, het die Here met hom gepraat en gevra om sy kind te offer en Abraham het die Here vertrou selfs tot die punt dat indien hy sy kind sal moet slag, die Here hom weer sal opwek, en hom aan Abraham, terug gee. Wat ‘n vertroue.

Ek wonder as die Here van u en my vra om iets vir Hom te gee, dinge wat waardevol is, of wat belangrik is, waaraan ons vashou, is ons gewillig om hierdie dinge in Sy hande te plaas. Laat ons dit aan Hom gee dat Hy dit kan bestuur.

Geloof sê dat dit is wat die Here van ons vra, en die Here het ‘n plan om dit van my te vra, en ek sal Hom eenvoudig glo, en vertrou. Wat ookal die uitkoms is weet ek sal die beste vir my wees.

Vs.11 Wat van Sara:

VERWAGTING IN DIE HERE:

Op haar ouderdom waarin sy nie kinders van verwek nie, word kinderskap aan haar vertrou. Sy moes na haarself gekyk het en besef dat daar nie veel kan wees om die onmoontlike waar te kon maak nie, en het op die boodskap gelag. Miskien het sy van Abaraham dieselfde gedink. Hoe kan dit moontlik wees.

Die geheiligde neem die oorwinning omdat Srara die wil van die Here geken het en het haar onmoontlike liggaam aan die Here geskenk en verklaar dat dit wat onmoontlik is deur my kan geskied. Sodat U belofte vervul kan word.

Hoe lank is dit al dat u nie by die plek kom om u geloof aan die Here oor te gee nie. Plaas jouself op die altaar as ‘n lewende offer sodat die Here deur u kan werk, net soos u is, ongeag die ouderdom of toestand dat die Here wat almagtig is kan teurgbring tot die tyd waarin dit met u kan plaasvind. Iets wat nooit tot nou toe ooit moontlik was nie.

Dit is ware geloof. Sara kon die Here blameer het dat in al die tyd wat hulle jonger was het hulle nie die voorreg van kindskap gehad nie, waarom wil U nou vir ons een gee. Die tyd kom wanneer geloof die realiteit word, toe Isak in die familie gekom het, het die Here Sy belofte gehou.

Dit is interresant dat die woorde gebruik word dat Noag die ark (by) deur geloof gebou het, en dat Sara (deur) geloof gebou het.

Kom ins kyk na vs.24

MOSES: LOJALITEITVAN GELOOF:

Hier word vir ons die lojaliteit van geloof teenoor die Here geopen-baar. Moses was op die punt om die koningskap van Egipte te moes oorneem, al die rykdomme van daardie koninkryk was syne, en hy sal die man wees, wat verheerlik sal word.

Op een of ander manier het hy aan ‘n paar dinge gedink: Miskien het sy ma vir hom gesorg, en het daar in sy hart ‘n ander soort belofte geleef, ‘n ander soort hoop, wat sê vs.25 +26:

Baie interresant: “Omdat hy verkies het om liewer sleg behandel te word saam met die volk van God as om ‘n tyd lank die genot van die sonde te hê en die smaad van Christus groter rykdom te geag het as die skatte van Egipte, want hy het uitgesien na die beloning.”

‘n O.T. man wat lank voor Christus geleef het, het die rykdomme van Christus groter geag as al die skatte van Egipte. Watter soort geloof is dit.

Kyk na sy lojaliteit, Hy was bereid om saam met die kinders van Israel te ly, en Egipte te verlaat en aan Faroa totsien te sê: en sy familie waarmee hy saam geleef het. ‘n Lojaliteit wat verklaar dat die Here eerste is, Christus is eerste, en ek sal die pad van die Here navolg en te doen wat Hy van my vra. Het u ‘n geloof soos hierdie.

Miskien sal u familie nie hierdie pad volg nie, en u sal alleen hierdie pad moet stap. Dat daar selfs die is wat van die geloof afvallig geword het, nou wil Hy nuwe weë aan u bekend maak. Gaan u sê dat u lojaal teenoor die Here gaan bly, deur my te red en my te heilig.

U het my uit die modderige slyk van sonde uitgehaal, en U het my op die hoofweg van heiligheid geplaas. Ek weier om dit weg te gee wat U vir my gedoen het vir enige iemand of enige iets.

Dit sal die wêrelds gesindheid en die voortdryf van Christene tot ‘n einde bring, wat veroorsaak dat u en ek ons kragte sal verloor.

Vs.32-33. ‘n Oorwinnende geloof:

DAWID: OORWINNENDE GELOOF:

Hy maak van geloof wat rus in die vertroue van die Here. Dink aan Dawid, wat uitgelei word om die Goliat van ouds te moet gaan aan-durf, met ‘n ou slingervel.

Hy praat van Samuel wie se kinders nie die Here nagevolg het nie, hulle het almal oorwin en koninkryke oorweldig en oorwinning oor die vyand gehad, dit was ‘n oorwinnende geloof.

Wanneer was die laaste keer wat u op u voete kon staan en die oorwinnings wat die Here bied geneem het. Wanneer laas kon u aan die wêreld vertel dat u oorwinning het. Die Here het my oorwinning gegee deur my geloof. Ek kan dit nie sien nie, ek het niks daarmee te doen nie, maar Hy het dit vir my gegee omdat ek Hom geglo het.

Watter verskil wanneer geloof begin te werk, dit is nie net ‘n woord nie, dit is iets wat substansie in u hart het, wat vir jou hoop bring,  en kan smaak wat die Here vir u wil doen.

In die laaste gedeelte van Hebr.11 word daar ‘n ander terme gebruik: Noag het die ark deur geloof gebou, en Sara het ‘n kind deur geloof verwek. Hulle het almal in die geloof gesterwe. Hulle het gewag en gewag en dikwels nie gesien nie en moes opdie berge ronddwaal, en het deur die geloof getuienis ontvang hoewel hulle nie die beloftes verkry het nie, omdat God iets beters oor ons beskik het.

Hoe ver was hulle nie voordat Christus gekom het en Golgota vir hulle ‘n realiteit was. Voor die opstanding, en Pinkster. Tog het hulle geloof hulle ‘n sekuriteit gebied vir die toekoms, hulle moes wag totdat die Here Jesus gekom het, niemand kom na die Vader maar deur Hom nie.

Die Here Jesus moes neerdaal na die onderste dele van die aarde om hierdie juwele te gaan haal en hulle voor die Vader te bring wat vir hulle almal na die toekoms gewys het.

Hulle het ‘n geloof gehad wat vir hulle in die lewe na omgesien het, en ‘n geloof wat na hulle in die dood ook omgesien het.

Laat ons met onsself eerlik wees. Nog nie een van ons het die Here Jesus lewend gesien nie, nie een van ons was al in die hemel en kan vir ons vertel wat hulle gesien en ervaar het nie.

Ons geloof bring ons van aangesig tot aangesig met Christus, selfs al is die glas donker waarin ons voorentoe kyk na die tyd wanneer die sluier van ons gesigte weggeneem sal word. Ons kyk vorentoe na die tyd wanneer ons siel van ons liggaam afwesig sal wees. Wanneer ons by die Here sal wees, en ‘n wonderlike verwagting van hekke van pêrels, en strate van goud waarop ons sal loop, om vir altyd by die Here te wees.

Ons toekoms is in Hom verseker, waar daar geloof is. As ek terug-kyk in tye wat ek moes oorwin, wanneer ons nie geweet het of die Here ons gaan deurdra nie, maar een ding ons sal nie toegee aan die druk van die duiwel om ons knieë voor hom te buig nie.

Daar is baie dinge wat ons nie weet nie, maar ons het ‘n vertroue in die Here vir dit wat ons ook nie weet nie. Dat Hy daarvoor sal sorg.

Neem net die woord gered en u het alles wat ons nodig het en waarin ons moet bestaan en alles wat ons het en alles wat ons sal wees, alles is in die woord gered opgeneem. Jesus sê dat in die laaste dae sal daar baie dinge wees wat jou geloof van jou sal wegneem, baie dinge wat jou sal wil verhinder om te glo, mense sal van die geloof afvallig raak, dat daar dwaalleringe sal kom wat ons van die waarheid afkeurig sal wil maak.

As jy die geloof sal behou ongeag wat gebeur, ongeag hoe donker dit om ons sal word, of hoe sterk die vyand gaan word, sal die Here jou deurdra as jy van Hom afhanklik sal bly.

Ek kom weer, en sal jou na My Vader bring, dat waar Hy is ons ook sal wees. Ons wandel elke dag deur hierdie geloof, en eendag sal die hemel geopen word en die trompette sal blaas en alles is finaal verby. ‘n Tyd waarin ek vir alles sal totsiens sê, alle sorge pyne en smarte, en in Sy teenwoordigheid ingaan, vir ewig.

Geloof, in Handelinge waar die vroeëre kerk en het fisiese probleme gehad met die weduwees wat na omgesien moes word, hulle het na iemand gesoek wat na hierdie probleem kan omsien, hulle het Stefanus gekies, want hy was vol van die Heilige Gees maar daar word nog iets gesê: Dat hy vol was van die Heilieg Gees en geloof.

Ons het vandag manne van geloof nodig wat die probleme in die kerke sal kan hanteer, en mense van geloof wat die probleme in ons kerke sal hanteer. ‘n Ongelowige groep sal ons nooit uitlei nie. En sal nooit aan ons oorwinnings gee nie.

Die wie se geloof in die Here Jesus geanker is kan in die dag waarin ons leef nog die weg aandui, soos Josef van ouds wat gesê Mense het dit kwade bedoel, maar die Here het dit vir goed bedoel.

Wanneer ons kan leer om deur die toetse en beproewinge van my lewe te kom en sterker daaruit te kom, omdat ek geloof in Hom het, tog voel ek nie iets nie, toe ek nie emosioneel was nie, toe ek totaal alleen gevoel het het ek geloof in Hom, en almal rondom my kan die verskil agter kom. Sy geloof bewerk die oorwinning,

Ek wil u ten slotte vra: Het u die geloof wat aan hierdie kwalifikasies voldoen. Behaag u lewe die Here, gehoorsaam u die Here, vertrou u die Here, is jy oorwinnend in die Here, kom dit by die kwalifikasies van ware geloof.

As ons geloof soos ‘n  mosterd saad het sal ons berge kan versit.

Waar staan u vanaand?

DIE GELOOF 11

INLEIDING:

Dit is belangrik dat die geloof van die mens op iets of iemand gefokus is. Dit is nie iets abstraks nie, maar lewend en kragtig as dit in ‘n Persoon gefokus is. Elke geloof se vortbestaan word gekoppel aan ‘n persoon of ideologie wat bestaan. Hulle het hetsy die persoon ervaar of ondervind, hulle is geraak deur ‘n spesifieke omstandigheid en is daarom vatbaar vir een of ander ideologie.

Vir ons wat Christene is, is ons geloof gefokus op die Skepper en reiniger van die mens wat Hy geskape het.

Daar is genoegsame bewyse dat die Here, wat hemel en aarde gemaak het, en die Een wat met geen ander god vergelyk kan word nie, die Een is wat ons aanbid.

In die week staan ek by ‘n toegewyde Moslem dame en vra haar of ek haar net vier vrae kan vra:

Vraag een: Is dit so dat die Here Jesus mense gesond gemaak het volgens die Koraan. Haar antwoord Ja.

Vraag twee: Is dit so dat Hy uit die dode opgestaan het volgens die Koraan. Haar antwoord: Ja.

Vraag drie: Is dit so dat Hy mense hulle sondes vergewe het. Haar antwoord was: Ja.

Die laaste vraag: Wie is dan God volgens jou eie Koraan. Sy het die antwoord ontdyk. EK het haar geantwoord: As al hierdie vrae waar is, dan is Hy verseker nie net ‘n profeet nie, maar waarlik God.

U sien daar is selfs in die Koraan genoegsame bewyse dat die here God is. En ons wat die waarheid besef, leef nie in oorgegewenheid aan hierdie wonder God nie.

Wie is God?

Wat leer die Bybel ons: Hy is eerstens

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00