GEESTELIKE INSIG KOL.1:9-10 + GAL.2:20

INLEIDING:

Ons het vanoggend met u die gedagte van die legkaart probeer verduidelik. Ons het gesien dat die Here toetse en beproewinge oor ons pad stuur en dat ons hierdeur die klein blokkie in ons hande het, wat moet inpas by die groot prent.

Die groot prent is die Here Jesus self, en die klein blokkie is ons ons omsatndighede wat ons met geestelike insig na Sy wil indeel.

Wat is die doel van die Here vir u en my lewe. Rom.8:28-29 se duidelik dat alles ten goede meewerk vir die wat na Sy voorneme geroep is. Vs.29 gaan egter aan deur te se: “Wat hy vantevore geken het, die het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van Sy Seun,…”

By wedergeboorte of te wel my bekering word ek reeds as ‘n heilige beskou. Dink aan 1 Kor.1 waar Paulus aan hierdie gemeente wat so vleeslik is die woorde heilige broers gebruik. U sien hoewel hulle gered was was hulle soos persone wat net ‘n kerslig sterkte lig in hulle binneste gehad het. Dink aan uself, voor u bekering het u so min van die Woord geweet, u het maar ‘n kerslig sterkte insig in die Woord gehad. Nou word u gered en as u bereid is om die Here te gehoorsaam sal u gaande weg meer lig ontvang.

Daar kom soms slegte dinge oor ons pad en tog se die Bybel alles werk ten goede mee. Hoe gaan ek dit ooit kan laat uitwerk dat hierdie situasie in my lewe ten goede sal wees. Dit is nie wat gedeelte se nie, maar dat ek na Sy voorneme geroep is, om na Sy beeld verande te word.

Die Here wil u en my lewe se gedagtes en gesindhede en ons handelinge bepaal. Hy wil ons meer soos die Here Jesus maak. Die groot prentjie is bv. Gaan ek trou, wat gaan my toekoms inhou, gaan ek daarvan hou. As ek in Sy wil gaan wandel gaan dit ie noodwendig iets wees waarvan ek gaan hou nie. Dink aan Daniel in die leeukuil.

Ons mag nooit die groot prentjie uit die oog verloor nie, dat Hy ons na die beeld van die Here wil maak nie. As ek nie gaan buig onder Sy hand nie sal ek altyd ‘n geestelike vlugteling word, wat maar net dieselfde bly, jaar in en jaar uit.

Ek gaan reageer deur te se dat ek nie hierdie probleme nodig het nie, en gaan vir groener weivelde soek, aan die anderkant van die heining. Ek klim uit die afrondings bytel van die Here, en voel asof my hele wereld in duid stort.

In tye van beproewinge vergeet ons dikwels die groot prentjie, wat Christus gelykvormigheid is. Daar is veranderde omstandig-hede en onveranderde omstandighede. Oor die veranderde om-standighede kan ek wel iets doen, bv. My kar wat stukkend is of  een of ander gewoonte wat afstootlik is in my. Ofiemand wat my binne ‘n enkele omstandigheid irriteer.

Onveranderde omstandighede is mense se persoonlikhede en familie en vriende. Onthou die groot prentjie is om soos die Here Jesus te wees, wat sou die Here Jesus gedoen het as Hy in my omstandighede gewees het. Sou Hy afgegaan het en ‘n verkeerde gesindheid geopenbaar het. Sou hy sy omstandighede geblameer het. As daar iets verkeerds uit ons monde sou kom sou ons verseker weet dat ons ons visie van die groot prentjie verloor het.

Dit is juis hieraan wat die Here in ons lewens met ons wil werk. As daar dinge is wat ons kan verander, doen dit, die onverander-like dinge in my lewe is die klein dele van die legkaart wat wysheid benodig, om my meer soos die Here jesus te maak.

Statistieke toon dat u en ek om en by 10 000 persone op een of ander manier gemiddeld beinvloed. Ps.34:2 gee vir u en my ’n kostelike wenk: “Ek wil die Here altyd loof, Sy lof sal altyddeur  in my mond wees”

As die doel is dat ek in alles die Here Jesus moet vereer? Stel Hy dan belang om te weet na watter musiek ek luister, gee Hy om watter tipe klere ek dra, en waar ek gaan? As ek die Here Jesus in alles moet behaag, is daar iets wat nie belangrik is nie. Skielik sal alles in u lewe nuwe waardes kry.

In Efe.4 wys Paulus vir ons daarop dat die Here ook in Sy liggaam sommige in sekere ampte geplaas het, met sekere verant-woordelikhede. Sommige is evangeliste, sommige as leraars, nie almal beklee alles nie, sodat die liggaam mekaar kan aanvul. As almal leraars gewees het sou daar nie ‘n behoefte aan kerke gewees het nie.

In u en my wandel gaan daar een of ander stadium, want onthou u bly toeneem in kennis en in genade, gaan u ontdek dat daar iets skort. U gaan nie meer in die vreugde van u eersteliefde wandel nie, maar ontdek dat u ‘n behoefte na ‘n dieper werk in u lewe smaak. Dan gebeur waarna Paulus in Gal.2:20 verwys.

Hy sê: “Ek is met Christus gekruisig, en ek leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.”

Daar kom ‘n punt in u en my lewe waar hierdie rebellie wat ons vanoggend gesien het uitgelewer word. Want rebellie is baie prominent in die kind van die Here wanneer hy vleeslik is.

Hoe vind hierdie uitlewering plaas?

Daar moet ‘n plek in u en my lewe kom waar ek my vleeslikheid moet erken. Dit raaksien dat dit nie bely en vergewe word nie, maar dat dit gereinig moet word.

Die ernstige nood van u hart moet wees dat u begeer om verlos daarvan te wees.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00