GEBROEKENHEID:
INLEIDING:
Hoogmoed staan teenoor gebrokenheid of nederigheid. Dit was hoogmoed wat die duiwel uit sy posisie gegooi het, dit was hoog-moed wat Adam en Eva uit die tuin van Eden geban het. Dit is die enigste sonde waarvan die Here sê dat Hy dit weerstaan.
Hoogmoed is in ‘n mens se lewe te sien in sy optrede en houding. Hierdie persoon lat jou duidelik verstaan dat hy op jou neersien en vergeet dat hy maar deur die Here alleen begenadig is. Hy sien op ander neer en doen geen moeite om die wat in sy oë minderwaardig is te verag nie. Hy is die persoon wat onafhanklik fuksioneer en in hom of haarself dink dat hulle altyd reg is.
Hy is so verhewe dat gebrokenheid of afhanklikhied van die Here nie meer ‘n faktor is nie. Paulus waarsku ons dat hierdie gees in die laaste dae alhoe meer na vore sal kom. 11 Tim.3:1-5 “Maar weet dit dat in die lasste dae swaar tye sal kom. Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgiereges, grootpraters, trotsaards lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie, verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God; mense wat ‘n ge-daante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Keer jou van hierdi emense af.”
Dit was ook hierdie gees wat Efe. in Open.2:4 teen waarsku, mense wat hulle eerste liefde verlaat het, en dan die waarskuwing, bekeer jou daarvan anders sal Ek die kandelaar uit jou mmidde verwyder.