HOOFSTUK 1 DIE DOEL VAN GEBED DIE KRAG WAT DIE WêRELD SAL VORM.

Die tyd om deur gebed die wêreld terug na die Here te bid is nie te laat nie.

Die gebede van die geheiligde kinders van die Here is die hoof voorraad in die hemel waardeur die Here Jesus Sy groot werk op aarde vervul. Groot gebeure in ingrype in die wêrld het gekom weens kragtige gebede van die kinders van die Here. Die aarde is verander en herskep en engele het vinniger hulle pligte kon uitvoer, en meer direkter die doelstellings van die Here beter neergelê wanneer die gebede van Sy kinders meer effektief is.

Die mees belangrike les wat ons moet leer is hoe om te bid. Ons moet so bid dat ons gebede deur die Here opgevang moet word. Die persoon wat die meeste en die beste gebid het is die mees onverganklikste omdat ge-bede nie sterf nie.  Dit kan wees dat die gebede wat die-sulke gebid het reeds dood is, of dat die harte wat die gebede gevoel het,  nog steeds van Sy ywer brand, maar die gebede leef voor die Here, en die hart van die Here is op hulle gerig.

Gebede leef steeds voort van die wat reeds gesterf het, en kan selfs ‘n generasie of ‘n tydperk en selfs die wêreld oortref.

Gebede is nie ‘n kortstondige insident nie. Dit is nie ‘n stem wat nie gehoor word nie, en in stilte verlore raak nie.

Dit is ‘n stem wat in die ore van die Here opgaan en leef so lank as wat die ore van die Here geopen is, vir heilige pleidooie, solank as wat die Here se hart leef vir heilige dinge.

Die grootste sukses wat na die Here se kant toe kom is geskep en gedra deur gebed in die dag van die Here se krag. Wanneer God se kerk in Sy magtige erfgenis van die grootste geloof en gebed kom, sal die aktiwiteite van die engele selfs na vore kom. God se grootste oorwin-nings was toe die geheiligdes hullself vir gebed gegee het.

Die lewe van die kerk is die hoogste lewe, en sy roeping is om te bid. Sy gebeds lewe is die hoogste lewe, en die mees kosbaarste en die mees ingrypenste. Wanneer die huis van die Here ‘n huis van gebed is, is die huis van die Here in die hemel besig en kragtig in sy planne en bewe-gings te raak. Jes.56:7 “Want My huis sal ‘n huis van gebed genoem word.” Wanneer die aardse weermagte geklee is met die oorwinnings en bederf is met oorwin-nings, is die vyande op elke plek oorwin.

Die Here vorm die wêreld deur gebed. Hoe meer gebed daar is in die wêreld is, hoe beter sal die wêreld wees, en hoe kragtiger die magte teen die bose wees. Gebed is aan die een kant ‘n teenmiddel teen sonde, en dit suiwer die lug, en vernietig die bose werkinge van die duiwel.

Die lewe en die bestaan van die werk van die Here is ge-basser op gebed.

Dit bestaan uit een waarheid dat ons Hom sal vra.  Ons vind in Ps.2:7-9 een onweerstaanbare en ongetwyfelde gevolg van gebed nl.:

“Ek wil vertel van die besluit: Die Here het aan My gesê: U is My Seun, vandag het Ek self U gegenereer. Eis van My, en Ek wil nasies gee as u erfdeel en die eindes van die aarde as u besitting. U sal hulle verpletter met ‘n ysterstaf, U sal hulle stukkend slaan soos ‘n erdepot”.

Vra van My: Dit is die voorwaarde – Die Here verlang ‘n bidende volk, gewillig om te gehoorsaam. Onder hierdie universele en eenvoudige belofte, het manne en vroue hulle voor die Here laat staan en uitgestrek. Hulle het gebid en die Here het hulle gebede verhoor.

Daarom was die saak van gebed lewend gehou deur sulke vlammende gebede van manne en vroue. Hierdie Psalm lê die Goddelike grondslag waarop die Here ge-bed sal beantwoord. In die volgende gedeelte word die heerskappy van die Here omskrywe: Ps.2:6-7.       “Ek tog het My Koning geslaf oor Sion, My heilige berg”.

Al die volke haat die Here met ‘n passie maar in Ps.2:1-4 sê die Here wat Hy van diesulkes dink.

Gebed plaas die Here in volle vors in die wêreld. Aan die biddende persoon is die Here teenwoordig as ‘n realiteit en krag. Die man wat sy lewe in gebed weggee doen aan die mens en aan die Here die grootste guns. Aan ‘n ware biddende kerk is die Here in galns en heerlikheid teen-woordig.  Die gebede van die heiliges van die Here ver-sterk die on-weergebore tot die daat van wedergeboorte.

Wee die nasie wat so besig geraak het dat die geheim van gebed nie meer ‘n lewende realiteit is nie, wie so besig geraak het, dat daar nie meer gelowige gebede geopper kan word nie. Die ouers wat aan hulle kinders ‘n ryk erfenis van gebede gelaat het sal die vrug daarvan in hulle kinders belê in die seëninge van die Here.

Gebed is die enigste en enkele rede om voorentoe te be-weeg in Sy koninkryk. Die persoon wat die meeste in gebed is is die wat vooruit gaan. Die mens moet bid, sodat die werk van die Here vooruit moet gaan. Die man wat in gebed kan volhard is die man wat die meeste vir die Here kan beteken. Hy sal as een van die helde en diensknegte van die Here beskou kan word.  Matt.7:7 “Vra en vir julle sal gegee word, soek en julle sal vind, klop en vir julle sal oopgemaak word”  Die sterkte een in die koninkryk van die Here is die een wat die beste kan klop, en die sukses van die koninkryk van Jesus is die vermoë om te kan bid.

HOOFSTUK 2

DIE VUUR WAT VERTEER:

“Gebede van heilige manne van God kalmeer die torn van die Here, dryf versoekinge weg, weerstaan en oorwin die duiwel, verskaf die bedizening en die werking van engele, herroep die bevele van die Here. Gebed heel siekte, en verkry vergifnis, dit arresteer die son in sy wentelbaan, en weerhou die wiele van die vyande van die maan; dit heers oor alle gode, en open en sluit die stoorkamers van die reën, dit ontsluit die kabinet van skoot, en keer die opstand van vuur, dit stop die bekke van van die leeus, en herstel ons lyding en swak area’s met die vuur van teenkanting en vervolging, dit stel die Here tevrede en voorsien in al ons behoeftes”. 

Jeremy Taylor  

Gebed het die ongelooflike vermoeë om die omstandighede te arresteer en die doel van die Here te bereik. Die krag van Sy vermoeë word vrygestel deur die gebede van die regverdiges. Ons kan van beide die moontlikhede en die noodsaaklikhede van gebed getuig, deur voorbeelde uit die Woord na te volg. Die gebede van die heilige kinders van die Here bring ‘n vernadering in die raadsplanne van die Here. Ons eerste voorbeeld hiervan vind ons reeds in Genesis, toe Abimeleg deur die Here getref is.

“Toe het Abraham tot God gebid, en God het Abimeleg gesond gemaak; ook sy vrou en sy slavinne, sodat hulle kon baar.Want die Here het elke moederskoot van die huis van Abimeleg geheel en al toegesluit ter wille van Sara, die vrou van Abraham”.   (Gen.20:17-18).

By ‘n ander geleentheid, Job se vreeslike en verkeerde vertroosters het hulle so gedra in hulle teenstrydigheid met Job dat die torn van die Here teen hulle ontvlam het:

“Neem dan nou vir julle sewe bulle en sewe ramme, en gaan na my kneg Job en bring ‘n brandoffer vir julle, en laat my kneg Job vir julle bid; want hom alleen sal Ek in guns aanneem, sodat Ek aan julle nie die dwaasheid laat vergelde nie; want julle het nie reg van My gespreek soos My kneg Job nie. En die Here het die lot van Job verander toe hy vir sy vriende gebid het; en die Here het Job se besittings vermeerder tot dubbel soveel as voorheen”  (Job.42:8+10).

Toe Jona probeer het om van die Here weg te hardloop, was hy in ‘n vreeslike toestand. “Maar die Here het ‘n sterk wind op die see gewerp, en toe daar ‘n groot storm op die see ontstaan het, het die skip gevaar geloop om skipbreuk te ly”. (Jona.1:4) Hy was oorboord gegooi in die see maar… “…En die Here het ‘n groot vis beskik om Jona in te sluk; en Jona was drie dae en drie nagte in die ingewande van die vis. En Jona het tot die Here sy God gebid uiit die ingewande van die vis en gesê: Uit my benoudheid het ek die Here aangeroep, en Hy het my verhoor; uit die binneste van die doderyk het ek geroep om hulp – U het my stem gehoor. Daarop het die Here die vis bevel om Jona op droeë grond uit te spuug”. (Jona.1;17-2:2 + 10).

Jona het gebid terwyl hy in die buik van die vis was, en toe die ontmoedigde profeet sy stem tot die Here opgehef het in gebed, het die Here hom gehoor en uitkoms gestuur. So het Jona op droeë grond gekom veilig van die strom van die see, en die monsters van die dipete, deur die kragtige energie van gebed.

Dit was die doel van die Here om die groot en bose stad te verwoes nl. Nineve. “Nog veertig dae dan word Nineve verwoes” (Jona.3:4) was die bevel van die Here teen die stad. Toe het Nineve begin om te bid. Bedek met sak en in as voor die Here te sit het hulle uitgeroep tot die Here Vs.8 en “En God het hulle werke gesien dat hulle hule bekeer het van hulle verkeerde weg; toe het God berou gehad oor die onheil wat Hy gesê het dat Hy hulle sou aandoen, en Hy het dit nie gedoen nie”  (Vs.10)

Farao was ‘n sterk gelowige in die moontlikhede van gebed en sy moontlikhede om vry te maak. Terwyl hy onder die vreeslike hand van die Here geteister was het hy tot Moses gepleit om te bid vir hom “Vra tog die Here nog hierdie keer” (Ex.8:8, 28; 9:28; 10:17) wanner die plae Egipte sal verlaat. Vier keer was hierdie ernstige pleidooie tot Moses gerig, en vier keer het gebid hierdie plae verlig, van die harde leiere en veroordeelde land.

Die lastering van Israel en die aanbidding van die goue kalf en hulle verklaring van toewyding aan hom, het vreesvolle oortredinge vir die volk meegebring. Die torn van die Here het ontvlam, en het Hy verklaar dat Hy die vernietig wat teen Hom gerebeleer het. Die Here was uietrmate toornig teenoor Aaron. Hy het aan Moses gesê:

“Laat My staan dat Ek hulle verdelg” (Deut.9:14) Moses het vir veertig dae en veertig nagte tot die Here gebid, en word die stryd van gebed in die negende hoofstuk weergegee.

“Daarop het ek voor die aangesig van die Here neergeval, soos die eerste keer, veertige dae en veertig nagte lank – brood het ek nie geet en water nie gedrink nie – vanwee al julle sonde wat julle begaan het deur te doen wat verkeerd is in die oë van die Here om Hom te terg. Want ek was bang vir die torn en die grimmigheid waarmee die Here op julle so toornig was, dat Hy julle wou verdelg;  maar die Here het my dié kee verhoor.  Ook was die Here baie toornig op Aäron, sodat Hy hom wou verdelg;  maar ek het ook vir Aäron in dié tyd gebid.”Deut. 9:18-20

Die boodskap van die Here aan Hiskia was ‘n waarskuwing van dood, soos ons dit vind in Jes. 38:1-5.

“In die dae het Hiskia dodelik siek geword;  en die profeet Jesaja, die seun van Amos, het by hom gekom en vir ho gesê:  So spreek die Here:  Gee bevel aan jou huis, want jy sal sterwe en nie lee nie.  Toe draai Hiskia sy gesig na die muur, en hy het tot die Here gebid en gesê:  Ag, Here, dink tog daaraan dat ek voor U aangesig in trou en met ‘n volkome hart gewandel het en gedoen het wat goed is in U oë.  En Hiskia het bitterlik geween.  Toe het die word van die Here tot Jesaja gekom en gesê:  Gaan sê vir Hiskia:  So spreek die Here, die Godvan jou vader Dawid:  Ek het jou gebed gehoor, jou trane gesien;  kyk, Ek sal vyftien jaar by jou dae byvoeg…”

Hiskia se gebed het God van plan laat verander en vyftien jaar is by sy lewe gevoeg.

In die volgende verhale kan mens sien watter wonderlike gevolge volhardende gebed het.  Hoe getriomfeer is in uitdagende omstandighede en hoe neerlaag in oorwinning verander is en vertroosting gekom het in tye van wanhoop:

Die Siro-Feniciese vrou – Mark. 7:24-30

Die opdringerige vrou – Luk. 18:1-7

Die onbeskaamde vriend – Luk. 11:5-10

Al hierdie persone weet hoe om te bid en hoe om te volhard in gebed.  Hulle onwrikbare geloof het nie gekwyn toe die wind daaroor gegaan het nie of toe hulle eie gevoelens en omstandighede nie so positief was nie.  Hulle was vas oortuig dat God altyd hoor en altyd antwoord.  Dat Sy oor altyd oop was vir die geroep van Sy kinders en dat Hy die krag het om te doen ver bo wat ons vra en dat Hy dit wil doen.  Sterk in geloof en in gebed, sê Heb. 11:33-34, dat hulle “deur die geloof koninkryke oorweldig het, geregtigheid uitgeoefen, beloftes verkry, bekke van leeus toegestop, skerpte van die swaard ontvlug, krag uit swakheid ontvang het, dapper gewees het in die oorlog, leërs van vreemdes op die vlug gedryf het.” 

Alles was en is steeds moontlik vir die persoon wat weet hoe om te bid.  Gebed open ‘n onbeperkte skathuis, en God se hand hou niks terug nie.  Gebed lei, die wat dit beoefen in ‘n wêrleld van voorregte en bring die sterkte en die rykdom van die hemel tot beskikking van verganklike mense.  Watter rykdom en wonderlike krag het hulle wat die geheim geleer het om in oorwinnend die troon van God te nader.  Dit het ‘n nasie, deur Moses gered en deur Esra is ‘n kerk gered.  Esra 1:1-4 en

Esra 7-9.

Tog, terwyl ons die wonders van God in Sy Woord aanskou, word ons laks in gebed.  Die onwrikbare greep op God, wat vrees gebring het in die harte van ons vyande, het verlore gegaan.  Die Fariseërs se koue lewelose gebede is vervang deur enige opregte toetrede tot God.  Dit is uitgeleef deur Moses, Esra, Daniël, Elia, Hanna en Samuel.  Dié wat waarlik gebid het is min en ver uit mekaar.  Daar het weinig oorgebly wat Beeld van God weerspieël deur hulle toewyding aan God. Min of geen wat die rol van die uitverkorenes van God in stand kan hou nie.  Die Israeliete het verval in afgode-diens en hulle doel in die lewe gemis, omdat hulle hulle Ewige band met God verbreek het.  Hulle het lankal nie meer geweet hoe om te bid nie.

Wat ‘n kontras as gekyk word na ander Skrifgedeeltes wat die bladsye van die Woord ophelder.  Die krag wat deur Elia en Elisa gewerk het, in antwoord op gebed, ryk tot in die graf.  Deur albei van hulle is ‘n kind uit die dood gewek.  I Kon. 17:17-24;  II Kon. 4:18-37 en die krag van die droogte is verbreek.  I Kon. 18:1-2, 41-45;  II Kon. 4:38-44.  Let op wat Jakobus van Elia skryf:

“Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word.  Die vurige gebed van die regverdige het groot krag.  Elia was ‘n mens net soos ons, en hy het ernsitg gebid dat dit nie moes reën nie;  en hy het weer gebid, en die hemel het reën gegee en die aarde het sy vrug laat uitspruit.”Jak.5:16-18

Hoe wyd was die voorsiening van genade deur die gebede in daardie tyd.  Die heilige van ouds het waarlik gebid.  Waarom kon hulle gebede nie die era red van verval en die dood nie?  Was dit nie moontlik omdat hulle die vuur verloor het en hulle gebede ook net ‘n vorm geword het, sonder lewe, nie.  Gebed is nie ‘n trae werk nie.  Wierook word met sorg voorberei.  Wanneer dit gemeng en beproef word deur diens en slae, word die vuur gebruik omdie wierook los te maak en die lieflike reuk daarvan reik tot by die troon van God.  Die gees en lewe van die wierook is geskep deur die verterende vuur.  Sonder die vuur het gebed geen gees nie.  Soos dooie is dit bedoel vir die verderf en die wurms.

Die slap afgebroke/onderbreekte gebede is nooit geweek in die Goddelike vuur nie.  Dit ontbreek aan die erns waarin die Here vasgegryp word en nie gelaat word, totdat Hy Sy seen gebied nie.  Gen. 32:36.  “Bid sonder ophou.”  I Thes. 5:17.  Dit is hierdie gebede wat die ‘gebou’ aanmekaar hou.  Dr. A.J. Gordon het gesê dat ‘n mens meer kan doen nadat ‘n mens gebid het, maar ‘n mens kan niks meer as bid doen, totdat jy waarlik gebid het nie.  Die verhaal van al die suksesse in die Christelike lewe, het ‘n geskiedenis van antwoord op gebed.

Alexander Whyte het geskryf dat die beste talent wat die Here ooit vir ‘n man of vrou kan gee, die talent van gebed is en die beste rente wat ‘n man of vrou na God kan bring wanneer hy rekenskap gaan gee van hulle lewens, is ‘n lewe van gebed.  Hulle het hulle Meester se geld die beste gestee.  Matt. 25:27.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00