ESODUS 12 DIE BESKERMENDE BLOED:

INLEIDING:

Die verhaal van die eerste pasga is net ‘n byvoeging van die Evan-gelie van Jesus Christus. Die orde van die hoofstuk is baie dieselfde as die eerste 10 verse van Rom.5.

Die gebeure in die Bybel laat ons voortdurend voorentoe en terug kyk. Pasga was die eerste ingestel by Ek.12 vir die volk van Israel. 11 Kor.11:26 Sê aan ons dat vandag terwyl ons terugkyk, ons so dikwels as wat ons die nagmaal gebruik dit doen tot herhindering vir ons. Waaraan laat dit ons herhinder:

Laat ons die Here dank vir die varsheid van die Woord. Die eerste gedagte is geweldig diep en raak die fondasies van die hart van die mens.

1) DIE VEROORDELING: Vs.12

“Ek sal al die eersgeborenes in Egipteland tref.”

Die doodsoordeel het op al die eersgeborenes gerus. Hulle was reeds veroordeel. Daar was geen verskil tussen Jood of Egiptenaar nie. Dit is hoe die mens lyk voor sy bekering, ons is onder die wet en onder die toorn van God, omdat almal gesondig het. (Rom.3:23).

Ons is ook van nature in sonde gebore en verdien die toorn van God, soos die eersgeborene in Egipte. Almal verdien die ooreel daarom dat die Here Jesus gekom het.

Pasga het begin met die soeke na suurdeeg. Die Boek 1 Kor. beskryf die Pasga die beste in die N.T. Paulus verwys na ‘n bietjie suurdeeg wat die hele brood suur maak. Suurdeeg is ‘n beeld van sonde spesifiek van trots. Dit was die eerste sonde wat gepleeg was deur die Duiwel in Jes.14

Satan wil die mens mislei deur vir hom te sê dat hy soos God sal wees. Trots het ook die eefke soos suurdeeg, dit blaas op, sonde baar sonde en dit vermeerder.

Onbeheerde sondes het ‘n oorsprong: dit kom van Adam se natuur wat elke mens infiltreer het.

Die Matzu brood wat gebruik word is ongesuurde brood, wat strepe en gate inhet om daardeur te verklaar dat die Here Jesus deur Sy wonde en die gate in Sy voete en hande vir u en my sonde gesterf het. Sien Ps.22.

Nou begin die Pasga met een matzu wat gebreek word, en Sy liggaam was eerste deur al die geseling bgebreek voordat Hy Sy bloed offisieël vir ons gestort het.

Een van die Matzu’s word in ‘n tafeldoek gebêre tot aan die einde van die maaltyd, Hy was geslaan, gegesel, en begrawe, en het aan die einde van Sy kruisdood opgestaan.

Suurdeeg: Die Here Jesus sou die enigste Een kon wees wat trots kon gewees het, Hy wa God, en het mens geword, ons het niks wat ons nie uit genade ontvang het nie.

Hy kon kies waar Hy gebore wou wees, en is in ‘n arm familie gebore. Hy was die die enigste wat trots kon gewees het, maar het Hom met die eenvoudiges en nederiges geidentifiseer.

Suurdeeg:

Die Here jesus op Sy aardse lewenswandel waarsku teen die suurdeeg van die fariseërs en die oudelinge. Suurdeef word ook in die Bybel gebruik in konteks van valse leerstellinge. Valseleringelei tot trots.

Die Sanhedrin het dioe lam ondersoek vir topt 74 foute. As daar niks fout was nie, het hulle die lam geneemom geoffer te word. Die dag wat die Sanhedrin die lam ondersoek het, was die dag wat die Here Jesus voor al die verhore gestaan het.

Dieselfde Sanhedrin wat Hom ondersoek en ondervaraag het, was dieselfdes wat Hom daardie dag geoffer het.

Die Lam van God moes volgens die gebruik van pasga kwalifiseer.

PALM SONDAG:

Tydens die geboorte van die Here Jesus het die engele aan die skaaherders aangekondig dat hulle vir hulle ‘n boodskap vangeoeie tyding bvbring dat vandag in die stad van Bethlehem die herder vir hulle gebore is.

Tydens Paasfees het hulle blot uitrgeroep: Geseend is Hy wat kom in die Naam van die Here.

Toe die Here Jesus op Palm Sondag gelei deur Petrus in die strate afkom roep hulle uit; Geseend is Hy uit die stam van Dawid, en kon hulle die skare wat sowat 10 km, na Jersuaslem beweeg nie keer nie, en die skare het die palm takke uitgeooie en Hom as hulle koning vereer. Vir hulle waazs die teleurstelling so groot omdat Hy hulle nie van die Romeinse juk kom verlos het nie, dat hulle na die ondersoke inSy verhore die Dinsdagaand vroeg die volgende more laat kruisig het.

Die skare het die Halel Babaal gesing Ps.113-118.

Die lam was in Bethlem vir die Pasga ondersoek, en was na die on-dersoek uit die stad geneem na Jerusalem terwyl daar duisende palm takke in die strate gereed gestaan het om dan uit te roep Hosanna vir die Seun van Dawid. Dit was die gebruik dat na die lam ondersoek was deur die Hoë Priester.

Die Hoë Priester regte lam inbring geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here. Klippe sal dit uitroep. Toe hulle die skare probeer bedwing, het die Here Jesus uitgeroep as hulle nie dit sou verkondig het nie, sou die klippe dit uitgeroep het. 

Hy reinig die tempel waarop Annas woedend was, want hy het verlies gelei a.g.v. Sy reiniging. Hulle wou op die simbool van die bloed van die Lam wins maak.

Hulle wou Hom as militêre verlosser sien Hy is besorgd oor hulle siele, en die sonde toestand waarin hulle nou leef. In die kerk van die Here Jesus het ons weer ‘n besoek van die Here nodig. ‘n Bug weens ons trots en hoogmoed.

Voor ons na die nagmaaltafel kom moet ons weer ‘n soeke na die suurdeeg van ons eie lewns beskou, of daar nie trots of selfregverdig-ing in ons lewens is nie. Ons mag nie nagmaal neem as ons ongered is nie, Ons moet die nagmaal in herhindering van Hom neem en as ons nie gered is nie, het ons nie iets om aan herhinder te word nie.

Jesus was die voete van die disspels om daardeur te sê dat hulle reds rein was, toe hulle gered geraak het, maar dat hullemet die daaglikse omegang van die lewe onrein word en daarom gereeld gewas moet word.

Dit vorm ook deel van die beeld van die bruilofsmaal van die lam. Lees Hooglied en Openbaring. Brood breek is sentraal in die aanbidding en gemenskap met die Here. Dit bewys verder dat ons oppad is, en nie ons tuiste hier het nie.

Vra mekaar hoe jou week was, wat het jy ondervind.

Hy wa die volmaakte Lam en ons moet in SY voetspore volg. Hy het eens en vir altyd die offer betaal.

2) DIE PLAASVERVANGER:

Vs.3 “Elkeen moet ‘n lam neem”

Elke veroordeelde moet ‘n lam neem om hom van die dood te verlos. Of die eersgeborene of die plaasvervanger moet sterf. Dit was die metode van die Here, daar was geen ontvlugting van dit nie. Die Here Jesus is die Goddelike gekose Lam  Joh.1:29. As jy nie glo nie, sal jy n jou sonde sterf. 1 Kor.5:7 “want ook paaslam is vir ons geslag.”

3) DIE GOEDGEKEURDE:

“Jy moet die bloed neem…”

Dit moet volgens die huise geneem word waarin julle is. Vs.7-12.

Die sterwe van die lam het vir hulle niks beteken totdat die bloed toegepas word nie. Die siel word nie deur die dood van die Here Jesus gered nie, maar deur die persoonlike aanvaarding van die dood as die enigste grond vir ons regverdigmaking voor die Here.

Alleenlik as die bloed op die deur toegepas word, was lewe aange-bied vir die wat binne was. Deur die geloof verhoog ons die offer van Christus tussen ons skuld, en ‘n sonde vergewende God.

4) BEVESTIGING:  Vs.13

“ As Ek die bloed sien, sal Ek by julle verbygaan”

Toe die donkerte oor Egipte neerdaal het Hy nie die onderskeid tussen die Israellite of Egiptnare gemaak nie, maar het gekyk na die bloed van die Lam. Die kosbare bloed van Christus is altyd voor Sy oë. Die bloed het hulle bewaar, en die belofte het hulle die versekerng gegee.

5) REINIGING: Vs.15

“Alreeds op die eerste dag moet julle die suurdeeg uit julle huise uit verwyder.”

Suurdeeg is ‘n beeld van geheieme en verborge sondes, wat mee gehandel moet word. 1 Kor.5:7-8. en moet reeds op die eerste dag weggebëre word. Die bloed wil ons nie net red nie maar ons heilig, van die onreinheid van sonde. 2 Kor.7:1.

“Hy het Homself vir ons gegee, pm ons te verlos van alle ongeregtig-heid en vir Homself ‘n volk as sy eiendom te reinig.” Titus.2:14

Julle is reeds rein deur die Woord wat Ek tot julle gespreek het.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00