Geskryf deur THEUNIS
Geskryf deur THEUNIS, JOHANNES CLOETE tjcloete@absamail.co.za 10 Mees Belangrikste Dinge. -LIEFDE Daardie spesiale gevoel wat jou warm en wonderlik laat voel. Wat jou laat borrel van vreugde. -RESPEK Om ander so goed te behandel soos wat jy graag behandel wil word. -WAARDERING Om dankbaar te wees vir al die goeie wat jy in die lewe ontvang. -BLYDSKAP Die volle genieting van elke oomblik wat aan jou geskenk word met ‘n glimlag wat daarvan getuig. -VERGIFFENIS Die vermoë om uitlokking die rug te keer sonder enige woede. -MEDEDEELSAAMHEID Die vreugde om te gee sonder enige gedagte om iets in ruil te ontvang. -EERLIKHEID Die kwaliteit om altyd die waarheid te vertel. -INTEGRITEIT Die suiwerheid om altyd te doen wat reg is, ongeag die gevolge. -DEERNIS Die essensie om iemand ander se lyding te deel terwyl jy die pyn help verlig. -VREDE Die beloning om die 10 mees belangrike dinge uit te leef.