I KRONIEKE

INLEIDING

 

Die naam kom van Chronicles wat rekords/argiewe/geskiedenis/annale beteken

 

9 Hoofstukke van stambome, wat `n mors van plek en tyd! Nee helaas nie, dit dui die tydperke aan voor die verstrooiing en daarna en Kronieke Koppel die twee tydperke aanmekaar. Dit dui ook die stamboom aan van die volk Israel en wys hoe God sy beloftes/verbond oor `n tydperk van 3500 jaar waargemaak het. Die laaste boek van Konings het ons met verslaendheid gelaat… `n verslane volk met `n stad wat afgebreek is en in puin lê.

 

Die boeke is geskryf deur skrywers en profete wie se taak dit was om rekords te hou van alle gebeure onder die Koning van die tyd. Dit was in Palestina in 1279 – 461 VC. Geskryf deur Jesaja en Esra in tydperk 743 – 683 VC en 546 – 461 VC.

 

Die boeke gee vir ons die stamboom vanaf Adam tot by Nehemia en gee die hoof stamboom van die volk Israel en die hooftrekke van Dawid se koninkryk tot by die tyd van die verstrooiing. I en II Kronieke word kortliks behandel, nie omdat dit nie belangrik is nie maar omdat die inhoud reeds deur die boeke Samuel en Konings gedek was. Die ooreenkomste is besonders as ons dit vergelyk met die boeke van Samuel en Konings en omdat daar byvoegings en weglatings in voorkom.

 

DIE BINDENDE IDEES

 

Die aspekte wat baie op die voorgrond is, is die Tempel en sake wat daaroor handel, die instandhouding en restourasie, die wyse van aanbidding, die ordelikheid van die dienste in die Tempel – wat afgodediens ongewensd maak, – en God verhoog na Sy ware troon/plek in die harte van Sy mense. Vanaf hoofstuk 11 tot 30 word op Dawid gefokus en is dit nie net `n herhaling van Dawid se geskiedenis nie. Dawid se avonture, sy heerskappy in Hebron, sy pyn oor Saul en Jonatan, sy sonde teen Batseba en Uria – en Absalom se opstand is van die hoofpunte wat uitgelaat word in Kronieke. Wat interessant is, is dat daar ruim uitgebrei word oor Dawid se deeglike voorbereiding van boumateriaal vir die Tempel, lank voordat dit gebou is (hfst 22) sy telling van die Leviete en priesters en hul opdargte (hfst 23 – 24) sy aanstelling van en reelings tov sangers en musiekspelers en draers (hfst 25 -26) alles in afwagting van die bou van die Tempel is alles byvoegings. Hierdie tendens duur voort in II Kronieke. Salomo se heerskappy is hier baie korter as in I Konings en 6 uit nege hoofstukke wat daaraan gewy word in II Kronieke handel oor die Tempel.

 

Kronieke handel oor Juda en Jerusalem – die Noordelike tien stamme- koninkryk word geïgnoreer. Dit is omdat díe ryk en stad die Tempel bevat het. Hfst 10 – 36 handel oor Juda ,Asa, Josafat, Joas, Hiskia en Josia wat beklemtoon word vir hul geestelike hervormings en die restourasie van die tempel. Oral in die boeke word die Tempel beklemtoon as die slagaar van die volk se ware lewe en waar die klem nie op die Tempel is nie, is dit duidelik dat die klem op die geloof is wat die Tempel verteenwoordig. Sommige heersers (bv Abia) word net verdra om Dawid se onthalwe. (Aangesien hulle nie met God gewandel het nie). Die oorlog tussen Israel en Juda word ook hier breedvoerig bespreek. In die boeke van Kronieke word die geskiedenis nie bloot net herhaal nie maar word die geskiedenis van die uitverkore volk op `n nuwe manier en vanuit `n nuwe oogpunt beskou.

 

DIE SENTRALE DOEL

 

Die boeke van Kronieke is na die ballingskap na Babilonië geskryf. Die boeke word spesifiek vir die mense wat teruggekeer het geskryf. Onthou nou, daar is geen Koning meer nie! En dit is die eerste sleutel na die doel van die rekords/annale. Die DAWIDS troon is weg! Dawid se heerskappy was uniek op die aarde en was deur God beskik . `n Moeilike tyd – die mense keer terug nie om `n koninkryk /troon te herbou nie maar die Tempel. In enige Nasionale opbou van `n volk moet ons by GOD begin. In die wêreld word die stad eers herbou voor die tempel/kerk – dit is verkeerd.

 

Wat bly oor? Drie dinge bly oor wat meer beteken as enigiets anders nl:

 

Die leringe van die verlede – `n hele proses wat voleindig was met die terugkeer uit ballingskap. Hulle het geleer en moes dit onthou wat met die volk gebeur as hul afwyk van God se weë

 

Die profetiese voorspellings vir die toekoms – Dawid was nie meer daar nie maar die stamboom (nageslag) was wel – die voorloper van die Messias. Jerusalem as die middelpunt. Hulle het hoop en beloftes en moet die oog daarop gerig hou.

 

Die teenwoordigheid van GOD by hulle – tasbaar. Koning Kores gee opdrag dat die Jode moes terugkeer na Jerusalem en die Tempel moes herbou vir GOD. (So voorspel deur die profeet Jesaja 200 jaar voor dit gebeur het. ) Nebukadneser aanvaar ook die God van die Jode (Daniël 4:1-3 en 34-37) Jeremia se voorspelling van die tydperk van ballingskap (Jer 29:10) 70 jaar – dit dui daarop dat God met hulle was na hul terugkeer van ballingskap.

 

Die doel was dat hulle kennis moes neem van hul verlede, kennis moes neem van die beloftes/professiëe tov die toekoms en die teenwoordigheid van GOD by hulle. Hulle moes die toekoms benader uit`n Goddellike oogpunt en dis nog `n rede waarom die Kronieke saamgestel is.

 

Hierin is drie dinge belangrik:

 

Behou die geskiedenis/rekords van die stambome

 

In die lig van katastrofes/foute in die verlede om die toekoms te herbeplan op geestelike beginsels ( die fondamente te giet op Goddellike beginsels)

 

In die lig van die Tempel wat die skakel was tussen die verlede en die toekoms was dit belangrik dat hul by die beproefde waarhede van God moes hou

 

Hier is die tempel:

 

Die simbool van die eenheid van die volk( meer so omdat die aardse troon gëeindig het )

 

Die herinnering van die volk se hoë roeping en funksie

 

Die teken dat GOD steeds met sy uitverkore volk was

 

Die fokus van die ware klem in die lewens van die volk (op GOD)

 

Israel het geen toekoms behalwe in diens van GOD nie. Hierdie boeke wys waar Israel se hart in behoort te lê ( by GOD) waarin hul eerste plig/verantwoordelikheid lê, waar hul veiligheid/toekoms lê en dit daag hul uit om opnuut aan GOD oor te gee en op Hom alleen te fokus.

 

Geskryf deur Mnr. Opperman tjcloete@absamail.co.za

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

0:00
0:00